ForeverMissed
Large image

Vrou van Sias. Moeder van vier seuns, Bert, Gert, Johan en Sias en een dogter, Martie.Vyf skoonkinders. Ouma van 17 kleinkinders, en 11 agterkleinkinders. Ons onthou 'n merkwaardige vrou se lewe. 
Oorlede Maandag 23 Julie, 2012. 
 

May 29, 2022
May 29, 2022
Dink vandag op haar geboortedag aan ons liewe ousus wat so `n wonderlike invloed op ons almal gehad het en vir wie ons so lief was.
May 31, 2021
May 31, 2021
My wonderlike ousus vir wie ons almal so lief was! Ons sal jou nooit vergeet nie. Die fotos bring baie ou herinneringe terug.
April 11, 2018
April 11, 2018
Ek het Vida probeer google want ek wil graag na haar blog oor die ou skool wat die Jordaans gekoop het, gaan oplees, toe kom ek op hierdie af. Die fotos is baie mooi. Ons Tannie Sussie (Tannie Schwesh) was vir ons ook baie spesiaal. Marlene Henning
July 23, 2013
July 23, 2013
Dink aan haar vandag dan al 'n jaar weg van almal op aarde- na wat sy verlang het. Nou verlang ons nog - ook na haar! Liefde1
May 29, 2013
May 29, 2013
Dink aan haar vandag en altyd!  Sy rus en ons mis haar liefde en vriendelikheid en belangstelling in ons almal! Liefde
October 3, 2012
October 3, 2012
Iets wat my by bly van Ouma was die gereelde Bybellees, bid en psalmsing in die aande toe sy by ons in Durban was. Dan ook die lewendige bespreking daarna van die boodskap van die Skrifgedeelte. Dis wonderlike om te dink dat sy nou ten volle verstaan.
July 27, 2012
July 27, 2012
Van Esme Coetzer:
As ek aan Sus dink dink ek aan liefde. Haar laaste woorde aan my was "Ek is ook baie lief vir jou, Es." Na Mamsie se dood was sy vir my 'n ma (sy was 17 jaar ouer as ek, sy die oudste, ek die jongste) en het my lief en leed gedeel. Ek dank ons Hemelse Vader dat Hy haar spesiaal uitgekies het om ons suster te wees.
July 27, 2012
July 27, 2012
Ouma was altyd so reg om die beste te glo van die mense vir wie sy lief was, om 'n advokaat en kampvegter vir hulle te wees. Haar Ouma-liefde was onvoorwaardelik.

En haar stories, so breed in oorsprong en verskeidenheid - alles van The Merchant of Venice en Ivanhoe, tot Georgette Heyer en Reader's Digest Condesed Books.
July 27, 2012
July 27, 2012
Ek het gister by Ouma se begrafnis weer besef hoe begaafde mens sy was en daarmee saam die beste voorbeeld vir ons almal as gelowiges - Die vrug van die Gees was altyd in haar: "liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing." (Gal.5:22) - Lief vir Ouma, Rx
July 25, 2012
July 25, 2012
Dit was 'n voorreg om tannie sussie te ken en ons is dankbaar dat sy sonder pyn by Ons Vader is.
Ons sal haar baie mis - Van Louis

Ek gaan jou baie mis maar weet dat jy veilig in Sy hande is (Ps 23) -Van Esme Coetzer (suster)
July 25, 2012
July 25, 2012
Vandag haar blou geblomde rok met baadjie van kant daaraan vas vir Avbob geneem.  Sy het dit by Rialette en Sias- en dalk nog- se troues aangehad en ook die Kersfees 2011. Sy het so mooi gelyk.  More die laaste keer kyk dat ma mooi lyk!  xxxxx
July 24, 2012
July 24, 2012
Ma het altyd in detail vir my die stories vertel wat sy gelees het(met haar eie byvoegings en sienings natuurlik),en dit was verstommend hoe goed sy kon onthou.! Ek het dit baie gemis toe sy later nie meer kon sien om te lees nie en haar geheue ook swakker begin raak het.
July 24, 2012
July 24, 2012
Wat 'n ma om te gehad het! 'n Vriendin, 'n skuilplek en tog so afhanklik van almal se liefde en goedkeuring! Sy het my waardeer soos ek vir haar.  Skoonma?  Sy was vir my dierbaar en ek so lief vir haar!  Dit was swaar toe haar aardse tent so afgebreek word - maar het saam met tannie Rien, woord vir woord Ps. 23 nog gese - in die grootste pyn, Saterdag.  Hoe salig is sy nou!
July 24, 2012
July 24, 2012
Ongelooflike mens wat 'n goeie voorbeeld is van hoe mens moet lewe! Sal haar altyd onthou en weet sy is nou op 'n veilige plek. Ons gaan Ouma baie mis xxxxx
July 24, 2012
July 24, 2012
Ai - Ouma het so naa aan die Here geleef - selfs tot op die laaste het sy elke dag net na voorlesings uit die Bybel geluister - kon nie daarsonder nie
July 23, 2012
July 23, 2012
Wonderlike Ma, Skoonma en Ouma. Rus nou, maar lewend in ons herinneringe.

Leave a Tribute

Light a Candle
Lay a Flower
Leave a Note
 
Recent Tributes
May 29, 2022
May 29, 2022
Dink vandag op haar geboortedag aan ons liewe ousus wat so `n wonderlike invloed op ons almal gehad het en vir wie ons so lief was.
May 31, 2021
May 31, 2021
My wonderlike ousus vir wie ons almal so lief was! Ons sal jou nooit vergeet nie. Die fotos bring baie ou herinneringe terug.
April 11, 2018
April 11, 2018
Ek het Vida probeer google want ek wil graag na haar blog oor die ou skool wat die Jordaans gekoop het, gaan oplees, toe kom ek op hierdie af. Die fotos is baie mooi. Ons Tannie Sussie (Tannie Schwesh) was vir ons ook baie spesiaal. Marlene Henning
Recent stories
October 3, 2012

Ek onthou hoe ek, my ma en ouma hierdie koffiewinkel in 2000 besoek het en alles van blomme tot biochemie bespreek het.

Ouma en Shakespeare

July 25, 2012

Ek het kleintyd so gehang aan haar lippe oor Antonio, Portia en die pond vleis naaste aan sy hart uitsny - dit was so allervreemd en ongelooflik. En die koopman van Venisië was so 'n avontuurlike titel - ek wou die storie oor en oor hoor! Min het ek geweet sy voer ons lepels vol Shakespeare terwyl ons nog kleuters is!

Stories vertel

July 24, 2012

Ons kleinkinders kon vir ure om Ouma sit en luister na haar interessante stories - ek onthou nou net grepe daarvan, maar ons monde het byna oopgehang ... sy het mens na 'n ander wereld laat reis ...!!!

Invite others to Elsie's website:

Invite by email

Post to your timeline