ForeverMissed
Large image
Stories

Share a special moment from Elsie's life.

Write a story
October 3, 2012

Ek onthou hoe ek, my ma en ouma hierdie koffiewinkel in 2000 besoek het en alles van blomme tot biochemie bespreek het.

Ouma en Shakespeare

July 25, 2012

Ek het kleintyd so gehang aan haar lippe oor Antonio, Portia en die pond vleis naaste aan sy hart uitsny - dit was so allervreemd en ongelooflik. En die koopman van Venisië was so 'n avontuurlike titel - ek wou die storie oor en oor hoor! Min het ek geweet sy voer ons lepels vol Shakespeare terwyl ons nog kleuters is!

Stories vertel

July 24, 2012

Ons kleinkinders kon vir ure om Ouma sit en luister na haar interessante stories - ek onthou nou net grepe daarvan, maar ons monde het byna oopgehang ... sy het mens na 'n ander wereld laat reis ...!!!

Ouma op ons troudag - 9 April 2011

July 24, 2012

Tannie Hanlie was daardie dag in "beheer"  van Ouma se versorging....sy het pragtig gelyk

Koekbak

July 23, 2012

As 'n kind onthou ek Ouma as iemand wat die mees wonderlike verjaarsdagkoeke gebak het. 'n Mallemeule, 'n skatkis. Dit het verjaarsdae ekstra spesiaal gemaak as jy een van haar koeke gehad het.
En Turkstra in Potch, die gebak wat sy vir hulle gemaak het.
Nou nog as ek marsepein eet dink ek aan Ouma Ellie. 

Share a story

 
Add a document, picture, song, or video
Add an attachment Add a media attachment to your story
You can illustrate your story with a photo, video, song, or PDF document attachment.