ForeverMissed
Large image
Her Life

Van Neeltje

August 23, 2010

Die 2jaar wat ons in die Kaap was, is 2 jaar wat ek vir altyd sal koester...

Tydperk wat my kinders hul ouma beter kon leer ken, na baie jare wat ons ver van haar gebly het. Sy was so omgekrap toe ons vir haar vertel dat ons weer weg gaan trek. Haar woorde was: Julle het my nou net kom bederf met jul naby-wees...nou gaan julle alweer.

Ek is so oneindig dankbaar aan my man, Andries se verrassing van hulle wat kom kuier het. Dankie vir die week wat sy in Nylstroom met ons kon deel. Dankie dat jy dit vir my & ons kinders moontlik gemaak het om hier aan haar afskeid te kon neem. Baie baie dankie.

Dankie aan Izak en my susters wat so bitter mooi na haar gekyk het. Dankie dat ek elke aand kon gaan slaap, met die gerussteliing dat jy daar is vir haar. Veral dankie aan Istel, dankie ousus vir alles wat jy vir Moeks gedoen het. Jy het haar so oneindig baie gehelp...elke keer as ek met haar gesels het, het sy gese as dit nie vir jou was nie. Jy is regtig 'n engel.

En dan ook dankie aan Dr Veldman in Nylstroom, Dr Grobler in Warmbad en Dr Gray in Pretori wat haar versorg het en wat ons familie bygestaan het.

Ons dogter se dankie....

August 23, 2010

'n Vrou wie se hande nooit stil gesit het nie. Alles wat sy gedoen het was 'n sukses. As jy net kyk hoe haar kinders is, se ons dankie daarvoor, want alles wat ons weet en wat ons is, het ons by haar geleer. Sy was nie 'n vrou met fieterjasies nie, soos jy haar gesien het, so het jy haar gekry. Sy was 'n opregte en liefdevolle mens met baie talente, van lekker kos maak tot die mooiste handewerk. Sy was baie streng, het ons kinders groot gemaak deur baie moeilike tye..na pappa se afsterwe was sy ons steunpilaar.

Ma ons sal jou altyd onthou en jou nooit ooit vergeet nie. Jou plek sal leeg wees, maar ons harte gevul met net goeie herinneringe saam met jou. Jy is nou een van God se mooiste blomme sonder enige pyne en skete, waarmee Hy sy tuin aanvul. En die mooiste geure wat jou omring, wat jy nou weer sal geniet.

Izak..jy is die kern waarom haar lewe gedraai het. Jy is ons uitkoms wat God aan ons dogters en ma gestuur het. Dit is 'n gedeelte in ons lewens wat aan ons geleen is en wat ons nooit sal vergeet nie. Jy sal altyd deel van ons wees en ons het nie genoeg woorde om dankie te se vir alles wat jy vir haar gedoen het nie.

Baie dankie aan al die vriende en familie wat vandag saam met ons totsiens maar nie vaarwel se nie.... Mag sy nog lank in almal van ons se harte wees.....

Baie dankie aan Ds Ewald Schmidt vir al jou bystand en dat jy bereid was om in Pretoria die diens vir ons te kon hanteer.

God het die mooiste blom gepluk om sy tuin aan te vul.

August 21, 2010

Iemand baie spesiaals is van ons weggneem en rus nou veilig by Ons Hemelse Vader ... Eggenoot, Moeder, Ouma en Liewe Vriendin...

Isabella Elizabetha (gebore Olivier) Badenhorst

Psalm 23 ... ek sal in die huis van die Here bly tot in lengte van dae

Troosdiens te Hatfield Christian Centre op 17 Augustus 2010, om 14:00 gelei deur Ds Ewald Schmidt van NG Nylstroom Oos.

Lied tydens diens : Die Here is My Herder (agtergrond musiek deur Freda Francis)

Lied tydens familie lavender blomme by haar foto en kers neergesit het : In die Hemel (deur Juanita du Plessis)

Lied tydens tee & koffie na die diens : Because You Loved Me (deur Celine Dion)