Familie foto
January 22, 2014
Ek kan die saam kuier onthou soos gister! Ek en Jacco en die kids was nog besig om in n huis in te trek daai naweek, ons was nog lekker moeg gewees, maar niks kon ons keer om saam Ouma Tinkie en oom Corrie en Claudine en Johan en Justin en Zeldine te kuier daai dag nie. En het ons nie gekuier nie! Almal om n tafel het ons almal saam gelag en grappe gemaak en gesels laat die biesies bewe en die lekkerste kos geeet daai dag! Heeltyd langs my Liefie se sy het ons mekaar vas gehou en hande vas gehou! Ek sal enige iets doen om jou nog by ons te kon he my liefie! Jy word so baie gemis, wens jy kon dit weet dat ons jou so baie Lief het!