ForeverMissed
Large image
Stories

Share a special moment from Marne's life.

Write a story
August 22, 2010

23 Junie 2010:

Die lig van Sy liefde glim beter as dit skyn op droefheidswee, die las van sy arbied word ligter as ek buk om troos te gee.
Hemelse Vader, agter my lê 'n hele jaar uitgestrek...
Soms het jy nodig om tot stilstand te kom om jou siel te vind.

Soms het jy nodig om te huil
...oor wat jy verloor het & soms moet jy lag oor wat God vir jou wil gee.
Soms is die gisters vol hartseer maar die môres vol nuwe beloftes.
Soms moet jy leer dat God met liefde mense na jou stuur om jou lewe te verryk...
Marné dankie vir die manier waarop jy my lewe verryk het en aan my Hemelse Vader...
Dankie dit dit 'n jaar was wat ek heeltyd
U stem kon hoor, U hand kon voel
en geweet het in die stil van die nag...
U is daar.

Help my om liefde te leef,
vrede te beleef,
en 'n sukses te wees
omdat my eie brose hand stewig
in U deurboorde hand is
en my onseker oë
op U sekerheid gerig bly.
Dankie, grote God,
dat ek nie die res van my lewensreis
alleen hoef aan te pak nie,
maar dat U dit tree vir tree
saam met my sal loop.
Ek vertrou U vir elke dag...
heeljaar. AMEN
Mis jou ousus. Liefde Adell

August 22, 2010

Gerda Kruger: Afrikaans kan dit nie so mooi sê nie, daarom skryf ek dit in engels!

Flowers grow in Heaven, Lord, pick a bunch for us. Place them in our daughter's arms and tell her they're from us. Tell her that we love and miss her and when she turns to smile, place a kiss upon her cheek and hold her for a while. Because remembering you Marné is easy. We do it .....everyday. There's and ache within our hearts that will never go away.

Junie 22, 2010

August 22, 2010
Yolanda van Wyngaardt: Vandag is weer een van daai dae wat ek jou verskriklik mis. Mag die bliksem wat jou van ons af weggevat het so ontydig eendag brand in die hel for all eternity! Ek weet sonneblomme(dit was jou favourite) maak dinge nie beter nie, maar dit help die gemoed en ek weet jy waardeer dit daar waar jy uit die hemel op ons waa...k. 'n Mens besef nie wat iemand beteken totdat daar nie meer 'n kans is om die foon op te tel of om te kom hallo se nie. Dis so erg, ek was al so tempted om jou te bel, maar dan onthou ek weer, ek kan nie... Shit, dit maak seer en is soos 'n skok wat oor en oor kom en jou binneste deurmekaar gooi. Eendag sal ek jou weer sien, maar nou, nou mis ek jou so baie, as ek maarnet met jou kon praat. Al wat ek nou oorhet is memories... Ek sal jou altyd liefbly sussa.

April 22, 2010

Yolanda van Wyngaardt: Weet net, ek is verskiklik lief vir jou, jy was my maaitjie, raadgewer en sommer net sussie vriendin al die jare. So baie wou ek al in my kar spring en vir jou kom kuier, of wag ek dat jy hier moet stop na jou inkopie spree en dit ruk my elke keer. Die pyn sal nooit regtig weg gaan nie, maar mens leer om daarmee saam ...te leef. Ek sal altyd na jou verlang en jou mis. Baie geluk met jou 37ste verjaarsdag en ek weet sommer dat jy die lekkerste verjaarsdag daar in die hemel saam met Jesus sal vier want vir hom is jy een van sy blinkste sterretjies wat soveel mense se lewens aangeraak het hier op aarde. Nogsteeds en sal altyd lief wees vir jou. Jou ou kleinsus!

Desember 14, 2009

Sussie, more is jou verjaarsdag, ek daar gaan nogsteeds nie 'n dag verby wat ek nie aan jou dink nie. Ek gaan more vir my 'n moerse sny koek en 'n koffie in die mall bestel, want ek weet jy was lief daarvoor. My hart is so seer dat ek nie vir jou persoonlik geluk kan se nie, maar ek weet in my hart dat jy my pyn voel... en rustig en vreedsaam is waar jy nou is. Om 'n sussie, veral een soos wat jy was, te verloor is seker een van die ergste dinge wat met iemand kan gebeur en daai gemis en gehunker kan jy vir niemand beskryf nie.

Desember 13, 2009

Yolanda van Wyngaardt: Jissie sussie maar ek mis jou erg vandag. EK sien jou langs my sit en hoor hoe gesels jy met my asof dit soos in nou is. Dis so real, ek kan jou aanvoel. Mis jou... Adell du Plessis: Ek weet presies waarvan jy praat, ek het vandag dieselfde ervaring gehad! Asof sy vir my gesê het: Do not cry tears of sorrow for me any longer, instead cry tears of joy, be happy for me... want ek is by Jesus, wil nêrens anders wees nie.
En vandag kan ek ook vir die eerste keer sê: Dis nou ok, sad en mis jou nog, maar dis ok.

 November 26, 2009 at 8:36pm 

August 22, 2010

 

Adell du Plessis:  I look to the skies and see two birds take flight. Separate a new life begins, in the light of the sun, until His glory appears. If I rise on the wings of the dawn, if I settle on the far side of the sea, in my heart your memory will be. You gave me hope on sad days, held my hand on lonely days and stood next to me cry...ing Holy on Sundays. Yesterday I have placed yellow daisies in the stillness of the sea, remembering you, honoring what you overcame. Rejoicing your prayers answered, joyful in the simplicity. Be at peace, free my loving sister. In my joy and my pain, knowing there’s a greater day, there’s a hope that never fades, I too am peaceful. I cry tears of joy with one last touch, the softness of a flower and with the sweet sound of the waves, I faithfully move ahead. 28 November, 2009

Vandag : 23 November...It has been a long and lonely 5 months... today. I've been so afraid to close my eyes, so much can slip away before I say goodbye. So many questions without answers, ...only God's promises remain. Lord thank you for the seed that Marné has imparted into my life, may I grow in the understanding of that wonderful gift from You.
Mis jou steeds baie en die realiteit van jou afwesigheid is nog so onwerklik... gedagtes, woorde... bring nog soveel pyn en trane. 

‎"Do not stand at my grave and weep, I am not there I do not sleep. I am a thousand winds that blow. I am the diamond that glints on snow. I am the sunlight on ripened grain. I am the gentle autumn rain. When you awake in the mornings hush, I am the swift uplifting rush of quiet birds in circled flight. I am the soft stars that shine at night. Do not stand at my grave and cry. I am not there, I did not die" November 19, 2009Life is but a moment, only a moment... here now, gone the next... met dankbaarheid herinner 'n pragtige sonsondergang, die geselskap van 'n wonderlike vriendin... die uitbundige lag van 'n kind: God is hier! God is by my! God is in my!... en jy by God. November 15, 2009
 
Vandag: 23 September... 3 maande... dit voel soos 'n leeftyd en 'n mylpaal, maar die pyn raak net meer en nie minder. Om na jou foto te kyk is soos iemand wat my hart kom ruk en pluk. Mis jou.

 

August 22, 2010

Geseend is die wat treur, want hulle sal vertroos word ..Matt 5:4
Mense ken die vertroorsting van God se arms om hulle wanneer hulle hartseer is. Hulle weet ook dat God die stuk hartseer in hulle lewe tot hulle beswil kan gebruik. Dit word 'n leerskool waarin God ons leer om op ons beurt ander mense te troos wat hartsee...r is. Ons gee die stuk troos wat ons van God gekry het weer deur na ander. "In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig 2 Kor 1:4". Deel jou hartseer met God, Hy wil jou graag vertroos. En as Hy dit gedoen het, soek iemand anders wat hartseer is, en bied vir hom/haar jou troos aan.
Hemelse Vader, ek het nie altyd raad met my hartseer nie. Baie dankie vir die versekering dat U my self sal vertroos en my ook sal leer hoe om ander te troos. Amen 

Neeltje James: Vriendin, vandag mis ek jou... sou graag bietjie wou koffie drink en lekker chat. Sou graag vir jou my nuwe skildery wou wys. Aai hoekom..?September 1, 2009

Neeltje James: Ek is seker dit is wat Marne nou graag aan haar gesin en familie wou se .... Ek weet jul wonder soms hoekom dinge moet gebeur en ek weet jy het baie vrae en jou hart is baie seer. Ek weet my plek is leeg langs jou..ek sal altyd by jou wees. As jy na my verlang onthou ek is by jou in die gees. My tyd op aarde is verby m...y lewe was afgemeet. Ek weet jy moet agterbly maar ek sal jou nooit vergeet. Ek is nou in die hemel en ek wil nerens anders wees nie, want hier is ek gelukkig, hier kry ek nooit meer seer nie. Ek is nou in die hemel en my hart is daar by julle. Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou. Ek sien jul trane elke dag ek wens ek kon dit afdroog. Ek wil nie he jul moet huil nie, kyk ek is daar in die reenboog. Hier sal ek altyd wag vir jul hier in ons hemelhuis.

Share a story

 
Add a document, picture, song, or video
Add an attachment Add a media attachment to your story
You can illustrate your story with a photo, video, song, or PDF document attachment.