Watter voorreg vir my...14.06.2011
Vir Nico... van Ouma Hannie....hoekom moet daar altyd spytwees oomblikke in 'n mens se lewe wees, wens ek kon net nog 'n jaar saam met hom deurgebring het, daar so baie wat ek nie van hom geken en gesien het nie, dinge wat ek maar na sy dood eers gehoor het, dit gaan mos altyd so as iemand sterf kom al sy of haar goeie eienskappe in die lig, dis alles wat ek as Ouma nie beleef het nie. ons moes mekaar nog leer ken het, en dit was ons nie beskore nie, maar die tye wat ek bevoorreg was om saam hom te wees, was net mooi tye en herinneringe. ek sou nog saam met hom 'n vakansie wou deurbring, hom wou bederf met meer as net ;n lekker brekfis..."ses eiers en vier snye toast asseblief Ouma" wat is lekkerder en meer vleiend om hom dit te gesien geniet het. Dit was klein dingetjies wat my geraak het hier binne van hom, wat hom 'n spesiale plekkie in my hart gegee het...soos die kort smsies thankx oums lief ouma met xamen tye. daardie spesiale drukkie ....dis seer herinneringe.....mis jou baie ...lievjo Oums