ForeverMissed
Large image
Stories

Share a special moment from Nicolaas Wilhelm (Nico)'s life.

Write a story

Nico se 22 ste b day...Ouma Hannie

September 25, 2011

" Vandag...sou jy 22 jaar gewees het, wens ek kon jou 'n b..day sms gestuur het in die hemel, maar dit moes in pienk gewees het, onthou hoe mooi jy in jou pienk T-shirt gelyk het met die blou oë en blonde hare, jou matriekafskeidspak, dit het so indruk op almal gemaak jy het "stunning" gelyk soos die Ingilse sou sê, en jy het nie die woord van Ouma verwag nie, maar....ek ken van dit veral as dit by jou kom...weet jy sou jou verkreukel het oor dit van Ouma af kom. Jy is vandag al een jaar, een maand en agtien dae weg van ons skielik in die vroeë oggendure ...kort voor jou 21ste verjaardag...maar voel nog elke dag asof jy net besig is met jou opleiding in die Lugmag, en jy sal skielik jou opwagting hier maak en sê jy met pas.....as Ouma net die voorreg kon had om net eenkeer jou gunsteling ontbyt ...eiers en roosterbroodjie kon maak...en jou dit smaaklik kon sien sit en eet...asof dit 'n koninklike gereg is.....maar ek berus, verstaan, glimlag....JY'S DAN BY JESUS...DIE BESTE PLEK...EK WEET JESUS BEDERF JOU VANDAG...WANT JY IS MOS SY KIND, JY WAS VIR ONS GELEEN VIR AMPER 21 MOOI JARE....HAPPY B-DAY NICO Liefde Oums 

NIC

April 11, 2011

NICO SE UITPASSERING 23 JULIE 2009

DIT WAS SEKER DIE MOOISTE DAG IN MY LEWE SAAM MY KLEINKIND, SY PA, MA EN KOBUS. DIT WAS SPESIAAL ONS WAS SO TROTS OP HOM OM HOM SO FIER EN REGOP TE SIEN TUSSEN SY MAATS. EK GLO DIT WAS VIR HOM OOK 'N BELEWENIS WAT HY ALTYD SOU ONTHOU AS HY NOG MET ONS WAS. DIE GELUK IN SY OE EN SY GLIMLAG HET VIR ONS VERTEL WAT DIE DAG VIR HOM BETEKEN HET, DANK DIE HERE WAT HOM DIT GEGUN HET OM SO MYLPAAL IN SY LEWE TE BEREIK VOOR HY HOM KOM HAAL HET. ONS SALUUT HOM VIR SY DEURSETTINGSVERMOE OM NIE OP TE GEE NA DIE EERSTE PROBEERSLAG NIE, EN DIT WEER MET MOED AANGEPAK HET EN BEREIK HET WAT HY WOU.  ONS DANK AAN DIE HEER VIR DIT WAT HY KON BEREIK HET.  ONS ALMAL LIEF JOU BAIE NICO.....OUMIE

Kersfees sonder jou..

December 26, 2010

Nico....ons klompie was weer saam Kersfees...het jou geskenkie gemis oukersaand...jou laggie elke keer as jou naam gelees word vir 'n geskenkie al was dit hoe klein. Mamma en Koos was weer saam ons...Koos het elke keer "gepose" as hy geskenkie gekry het, Mamma en hy het vir jou Dad 'n bajonet wat Koos self gemaak het met jou naam op gegraveer en ,n groot foto van jou gegee, ons harte was baie seer... jou verskriklik baie gemis.....maar ons berus...en ons troos is by Jesus kan dit net lekker wees...geen pyn,...geen seer,...weet net ons almal baie, baie lief vir jou gewees.  Lovies Ouma

Spesiaal vir Nico Met sy 21 ste verjaardag op 25 September 2010

September 24, 2010

Min het ons geweet..Jesus het ander planne vir jou gehad.Maar vir Oupa en Ouma was jy geleen vir vier jaar en ses maande, watter voorreg was dit. In ons harte het jy diep gekruip met jou omgee, respek, en liefde...En skielik is jou spesiale plekkie leeg, daar was nog so baie wat ons saam wou doen, ons het veral uitgesien om jou 21 ste b/day saam jou te vier..maar ons weet daar by Jesus het jy die mooiste,reinste, en is jy baie spesiaal vir Jesus met die groot dag in jou lewe aan die voete van Hom wat ons almal liefhet. Ouma wil graag vir jou 21 kersies aansteek vir hierdie spesiale dag:

1 ste kersie - dat jy veilig toegevou is in Jesus se liefde van goud  

2 de kersie  - vir jou opregtheid in jou medemens

3 de kersie - vir al jou  omgee vir ons almal

4 de kersie - vir die geluk wat jy in ander se lewe gebring het

5 de kersie - vir jou vrede en verdraagsaamheid

6 de kersie - vir jou wysheid 

7 de kersie - vir seëninge waarmee God jou geseën het

8 ste kersie - jou dankbaarheid vir die kleinste wat jy ontvang het

9 de kersie - vir jou geloof in Jesus en jou medemens

10 de kersie -jou vertroue in almal vir wie jy lief was

11 de kersie - jou vriendskap wat oneindig was

12 de kersie -  vreugde wat jou glimlag uitgebring het

13 de kersie -jou uitstraal van blydskap met weersiens vir wie jy lief  was

14 de kersie - jou kosbaarheid vir ons almal 

15 de kersie - jou spesiale band met jou geliefdes

16 de kersie - jou waardering vir die bietjie wat Oupa en Ouma vir jou kon doen

17 de kersie - jou moed en durf om weer 'n keer te probeer as jy nie geslaag het 

18 de kersie - jou onvoorwaardelike liefde vir jou gesin en familie wat uitgestraal het

19 de kersie - jou glimlag wat almal altyd sal bybly

20 ste kersie - jou groot voorreg om by Jesus te wees in Sy groot heerlikheid

21 ste Kersie - DANKIE HEER VIR DIE VOORREG DAT HY  'N KORT RUKKIE DEEL KON WEES VAN SY OUMA SE LEWE 

SAL ALTYD LIEFBLY VIR JOU .....MIS JOU BAIE...OUMS                                             

Net vir Nico

September 22, 2010

Vir Nico

Ek het God nooit gesien nie, maar ek weet Hy bestaan,

Ek het Hom leer ken in jou glimlag spontaan.

Die lonkende sterre; die blaartjie so broos; 'n heerlike glimlag, die ontluikende roos.

Die winter en somer, ja elke gety, weerkaats God se liefde -  In alles is Hy.

O, ek wens daar was baie mense soos jy, in wie God alhoemeer gestalte kon kry.

Helen Steiner Rice.

Lief vir jou

Mis jou baie!

Ouma Hannie

Share a story

 
Add a document, picture, song, or video
Add an attachment Add a media attachment to your story
You can illustrate your story with a photo, video, song, or PDF document attachment.