ForeverMissed
Large image
Her Life
November 22, 2015

Betsy Timmerman is gebore op 1 Januarie 1934 in Benoni uit die huwelik van Jan Cornelis Timerman en Johanna Duinker.
Sy het in de Waal straat, Pretoria, langs die Dieretuin grootgeword.
By die HOeR Handelskool het sy haar bekwaam in tik en snelskrif en na skool vir die Vleisraad en die Koringraad gewerk.
Op 22 Maart 1958 is sy met Johannes (Joop) Krabbendam getroud en het in Rietondale gebly en later na Waterkloof verhuis.
Uit die huwelik is een seun en twee dogters gebore.
Op 5 Februarie 1970 is haar man Joop oorlede.
Sy verhuis na Hazelwood en later na Lynnwood.
Sy het by die Stigting vir Onderwys Wetenskap & Tegnologie, WNNR en Kentron gewerk. Haar aftrede was in 1994 by die WNNR.
Betsy is met Jan Sikke Mellema getroud op 19 April 1997.
Jan is oorlede op 9 Mei 2011.
Sy het verhuis van Lynwood, Pretoria, na Lofdal in Centurion in Augustus 2013.
'n Hartaanval op 10 November 2015 het haar hart skade aangedoen en sy is op 20 November 2015 net voor 05h00 in Rusoord versorgings tehuis, Centurion, oorlede.
Sy laat drie kinders en drie kleinders agter.