ForeverMissed
Large image

This memorial website was created in memory of our loved one, Deon Pieterse, 55, born on June 30, 1960 and passed away on August 17, 2015. We will remember him forever. Deon ons mis jou !

June 30, 2023
June 30, 2023
Pappa sou vandag 63 wees .. Ons het nog so baie gehad wat ons saam wou doen .. As ek die Tyd kon terug draai , sou ek minder Vir granted vat . Pappa sou so uit gefreak het oor Joshua en Luca , Hulle is die Oulikste kinders ooit! Julle sou so lekker Tyd saam kon spandeer .. ek is so dankbaar Vir al die goeie tye wat ons saam gehad het .. en ek verlang so baie . Ek praat gereeld met die kinders oor pappa en Ouma Stella , en as ek praat van oupa Deon , reageer hul asof hul pappa jare lank geken het .. asof pappa ñ deel van hul is al het hul nooit die voorreg gehad om pappa te ken nie .. so toe sit ek nou vannaand by myself en dink ..

As my pa nog geleef het..

As my pa nog geleef het , sou hy Vir my sê, hy is trots op als wat ek bereik het en wie en wat ek is..

Hy sou so trots wees op sy kleinseuns -wat hy nooit die voorreg gehad het om te ontmoet nie - en hy sou hul in die afgrond in bederf het.

Hy sou saam met ons kom kamp het en saam die kinders swem en laf gewees het .Hy sou Vir ons almal die lekkerste roomys gekoop het , iets wat hy Altyd graag gedoen het .

Hy sou lag soos hy Altyd klip hard kon lag uit sy maag uit en die hele vertrek kon op helder dat jy lag dat die trane loop .

Hy sou sy kleinkinders ook geleer het rummy speel en name , vanne , diere , dorpe .. nes ons Altyd gespeel het in die goeie ou dae .. hy sou Hulle leer spel en somme doen en hy sou so trots gewees het op hoe slim Hulle is .

Hy sou my been gegryp het om my te kielie dat ek skree en lag , soos hy Altyd gedoen het, hy sou Vir my sop maak en spaghetti en kerrie en Rys en hy sou Vir my bekers koffie aandra soos hy Altyd gedoen het.

Hy sou kom oorslaap het by ons en Rhynie Hulle en oor en weer kon kuier ..

op ñ dag soos vandag mis ek hom erg . Ek wil hom ñ stywe drukkie Gee , ek wil Vir hom happy birthday sê, ek wil saam hom Pick ‘n Pay toe loop of ry en snacks gaan koop , ek wil hom help met die eetgoed in die kombuis , eiers afdop en reg maak Vir die mense wat kom, ek wil saam hom lag en gesels en skryf , ek wil Vir hom alles vertel , so baie dinge wat ek nog met hom wou deel . Ek wil Vir hom sê ek is jammer Vir alles waaroor ons ooit gestry en baklei het, jammer Vir Soveel wat ek nog saam hom wou doen en nou nie meer kan nie .

Dan wil ek Vir hom sê Dankie , Dankie dat hy my gemaak het wie ek is , sy goedhartigheid en hoe hy Altyd braaf was en hoe hy Altyd sy bes gegee het en ander probeer help het , hoe hy opreg omgegee het , opreg lief was en net wou kwaliteit Tyd saam spandeer , dis dinge wat Sal aanhou voortleef Binne my , die dinge wat hy my geleer het. Ek hoop om my kinders en hul kinders ook dit te kan leer , dat pappa se legacy sal voortleef deur Hulle.

Ek sou Vir pappa sê Dankie dat pappa my geleer het al het ons hoe erg gestry en foute gemaak dat ons Altyd vrede kon maak en mekaar aanvaar foute en al want ons is net mens en niemand is perfek nie. Pappa het nooit grudges gehou nie en ons geleer vergeet en vergewe.

Ag as ek maar net nog ñ kans kon kry om met my pa te praat .. sou ek sê Dankie pappa vir al die pret wat ons saam gehad het , al die goeie kwaliteit Tyd wat pappa invest het in ons - pappa se kinders . Pappa het ons so ‘wanted’ laat voel , Altyd gretig gewees om Tyd saam ons te spandeer , Altyd honger Vir ons liefde en aandag en wou opreg by ons wees elke oomblik van elke dag , pappa kon nie genoeg van pappa se kinders kry nie .. ek Sal pappa nooit ooit vergeet nie . Pappa het ons lief gehad met alles wat pappa gehad het en ons het Daai liefde so opreg gevoel . Dis wat ek sou sê en Dankie Vir God dat ek en my boeties so gelukkig was om Daai liefde te kon ervaar. 

Ek sou vertel dat ek pappa verlang en van die kere wat ek verby pappa se huis ry en net wens ek kan nog daar stop soos in die goeie ou dae . My dryf krag om te herstel na pappa se dood , was dat ek geweet het pappa se grootste wens was Altyd dat pappa se kinders gelukkig moet wees en dat pappa sou wou hê ons moes aanbeweeg .

Ek weet pappa is gelukkig waar pappa nou is en pappa en Ouma Stella en Ouma Joey wag opgewonde Vir ons - soos jul Altyd opgewonde gewag het en gemoun het as ons laat was . Behalwe nou is jul Tyd anders as ons sn , en julle is rustig en wag geduldig . Tot ons weer ontmoet .

Lief pappa Altyd!
June 23, 2020
June 23, 2020
Mis pappa weer baie vandag. Oor 'n week sou pappa 60 jaar oud gewees het.
Cayley praat gereeld van pappa, en sê Oupa Deon is by Liewe Jesus. Ek wonder wat sou pappa van die hele Covid-19 ding gesê het. Pappa sou seker mal geraak het met die sigarette ban, of maar net opgehou het. Pappa was 'n merkwaardige persoon wat altyd vol energie was. There was never a dull moment hehe. Pappa het vir ons baie beteken. Met trou reelings het ek pappa die paar maande voor pappa se dood bietjie afgeskeep, en dit het my baie hartseer gemaak. Wat ek nie sou gee om net weer een naweek by pappa en ouma Stella te kom kuier en julle te waardeer soos wat ek nog altyd moes nie. You never know what you have until it's gone. Gelukkig glo ons in die Here en weet ons sal pappa eendag weer sien. RIP my Pappa.
June 21, 2020
June 21, 2020
Gelukkige vadersdag in die Hemel oupa Deon. Joshie sê ook hallo Ouma Stella. En Baie lief vir julle. Wens julle kon Joshua ontmoet het. Hy is so oulik , julle sou mal gewees het oor hom! Ek vertel hom altyd van julle. Verlang julle so baie .Vir ewig en vir altyd in ons harte! ❤️
April 11, 2019
April 11, 2019
As ek tyd kon terug draai.. sou ek.. dat ek pappa se aansteeklike lag kan hoor.. As ek tyd kon terug draai .. sou ek.. dat ek pappa kan kielie en lag elke keer wat pappa skree -“Nee man!Nee man!!”
Ek sal pappa bederf elke oomblik wat ek kan met al die lekkernye waarvoor pappa so lief was.. Ek sal briewe skryf tot my hand begin pyn terwyl ek die ketel aansit en vir pappa in die Elum beker koffie maak en vir ma Stel .. tee in die blommetjies koppie. Ek sal Brand straat afdraf met pa aan my sy sonder om pappa te probeer weg hardloop..Ek sal saam pappa kook en braai en meer kere two step op musiek wat pappa nooit kon hoor nie.. As ek tyd kon terug draai .. sou ek.. sodat ek meer kan konsentreer op gesels en games/ kaarte saam pappa speel en die foon eerder weg sit.. wens ek het baie dinge anders gedoen en elke oomblik meer waardeer.. nou sien ek eers hoe simpel ons was om oor klein goed te stry en om nie die ‘nou’ ten volle te benut het nie.. die min tyd wat oor was.. maar ons leef altyd asof ons dink ons gaan vir ewig leef.. Tyd staan stil vir niemand en pappa se enigste dogter word 30 die jaar.. hoe sou ek love om die dag ook met pappa deur te kon bring.. Weet net ek sal pappa en ouma wel eendag weer sien en dit sal wees asof ons tyd terug gedraai het maar ons sal wyser wees en nie weer dieselfde foute maak nie.. Dis my troos .. dit sal wees asof ons paaie nooit geskei het nie.. Ek is lief vir pappa.. vir altyd en ewig in my hart! Ps my ouma my ma Stel! Ek mis oums net so baie en ouma sal ook altyd net hier binne my hartjie bly.. dankie vir alles wat julle 2 vir my in die lewe gedoen het en beteken het..! Lief jul altyd!!!
August 17, 2018
August 17, 2018
Nog 'n jaar verby wat pappa oorlede is. Pappa is al drie jaar in die hemel, maar ons mis pappa nog vrek baie en raak baie hartseer op die dag omdat dit ons remind aan wat drie jaar terug op die dag gebeur het. Ons sal vir ewig en altyd lief wees vir pappa en pappa nooit vergeet nie. RIP pappa.
July 2, 2018
July 2, 2018
Gideon Muller Pieterse 1960-06-30. Ek mis pappa nogsteeds vrek baie en dink die heeltyd aan pappa. Geluk met pappa se verjaardag Saterdag 2018-06-30, ek weet julle het dit in die hemel gevier. Ek sal vir ewig en altyd lief wees vir pappa. Totdat ek pa eendag weer in die hemel sien, rus in vrede.
August 17, 2017
August 17, 2017
Pappa.. ek het al ñ paar keer gevoel ek lei aan ontrekkings simptome so baie verlang ek.. dat ek so erg gebrand het om na pappa se huis toe te ry en pappa te sien maar ek kan dit nie meer doen nie. Ek het vir Jesus gevra om my te help cope met die lewe want ek sukkel om die dood te verstaan en hoekom is ek/ ons almal hier ? Wat is my / ons doel op die aarde? En toe word ek swanger en Hy stuur toe vir my die grootste wonderwerk op aarde.. 7 Dec 16 Joshua Le Roux Coetzee.. pa se klein seun.. hy het pappa se groot oë en pa se ronde agterkop. Pappa sou so trots wees.. wens so pappa kon hom ontmoet.. die oomblik toe ek uitvind ek is swanger het ek besef ek sal moet ophou stress en so aanmekaar huil oor pa en ek het die hartseer onderdruk en nou dat seuntjie hier is kan ek steeds nie huil of myself ontstel nie want ek borsvoed nogsteeds.. meer as 8 maande nou. Ek en Johan is so geseënd.. so gelukkig... ons kan nie glo ons is ouers nie.. vir die oulikste seuntjie op aarde!! Ek lewe vir my seuntjie.. hy is ons alles.. Dankie Jesus het my gebede geantwoord en vir my iets gestuur wat ek nie eers geweet het ek het nodig nie...En dan pa se ander keinkind CEO Pieterse .. sy is so pragtig en het ook die groot Piet oë.. pappa sou so trots wees..Cayley Emily Olivia Pieterse. 4 maande uitmekaar.. maar ek glo pa weet al hierdie dinge en dat Rhyno hul nou 2 huise van ons af bly want ons het al paar keer opgemerk wanneer die straatlig aan en af gaan vir my en Rhyno as ons verby loop.. op verjaarsdae.. dan wonder ek.. is dit pa? Pappa het altyd fuss gemaak oor verjaarsdae en was altyd daar.. dan dink ek miskien is pappa ons guardian angel.. miskien is dit net papppa se way om hallo te sê.. ons verlang regtig so erg baie.. vandag wil ek positief wees en sê happy 2 jaar in die Hemel.. pappa .. ouma... ek dink terug aan sulke goeie tye.. onthou pappa toe ons altyd vir ouma pnp toe geloop het en hoe ons altyd direk die sakkies op die bed uitgepak het om ouma se goedkeuring te kry vir dit wat ons gekoop het.. dan moes ons presies verduidelik hoeveel als op die lys gekos het.. en toe ek en pappa pnp toe geloop het deur die veld toe dit al amper donker was en ek soos ñ klein dogtertjie pappa se hand gevat het wanneer ons verby iemand loop dan het pappa eweskielik uitgebars van die lag.. en hoe ons altyd om die blok gedraf het en gesê het ons prepare vir die comrades... aaai ek mis dit so bitter baie.. vanoggend gedroom pa trippel so ongeduldig om by my uit te kom soos pa altyd in Shoprite of pnp ongeduldig geraak het in die cue.. hehe..lief pappa lief ouma vir ewig en altyd... so bly om te weet ek gaan julle wel weer eendag sien.. eendag as seuntjie ouer is het ek so baie kosbare memories om hom te vertel. Meteens het ek besef hoekom is ons op die aardbol.. ons is hier om Geestelik te groei.. en die moeilike tye wat ons deur maak is sodat ons kan groei en karakter bou.. Goeie dinge gebeur ook elke dag en ons moet kies om op die goeie te fokus en God gee krag elke dag ..die aarde en stress en moeilike tye laat ons uitsien na ñ vredevolle ewige gelukkige lewe in die Hemel.. Ouma sê nou seker pepepe.. Pappa sê seker opstel opstel!!hehe..STEEDS IN MY HART VIR EWIG EN ALTYD!!! Ek weet julle mis my ook baie .. en dan natuurlik my boeties en ooms.. en almal.. . Lief julle so baie..
August 17, 2017
August 17, 2017
All 2 jaar vandag maar tog voel dit net soos gister.
Mis Pa nog elke dag.
Sal Pa nooit vergeet nie.
Lief Pa baie.
Xxxxx
Seun
June 30, 2017
June 30, 2017
HAPPY BDAY MY PAPPA IN DIE HEMEL. VANDAG SOU PAPPA 57 GEWEES HET. EK MIS PAPPA NOGSTEEDS VREK BAIE EN DIT VOEL SO ONWERKLIK DAT PAPPA NIE MEER BY ONS IS NIE. EK SAL PA VIR EWIG EN ALTYD ONTHOU. LIEF VIR PAPPA EN MIS PAPPA VREK BAIE. EK WEET JULLE VIER PA SE VERJAARDAG IN DIE HEMEL.
August 17, 2016
August 17, 2016
Pappa.. Vandag ñ jaar terug het Liewe Jesus pappa kom haal. Was so groot skok vir ons almal . Jammer as ek selfsugtig en kwaad en ongelukkig is.. Ek wil net so graag weet waar presies is pappa nou en wat doen pappa? In die Hemel of in ñ diep slaap tot die wederkoms? Waar okal pappa is, ek hoop pappa is baie gelukkig en ouma ook..Ek wens pappa kon ons seuntjie ontmoet het.. Dit voel vir my so onregverdig. Dankie Jesus vir alles en vergewe my asb, help asb wanneer ek so negatief voel? Lief vir U.Oneindig lief vir pappa en ouma.. Julle sal vir ewig en altyd in my hart wees.
June 30, 2016
June 30, 2016
Vandag is Pa se geboorte dag!
Eerste verjaardag wat ons nie saam Pa kon wees nie, Pa nie kon bederf nie.
Wens dinge kon anders wees.
Pa baie gemis vandag.
Lief Pappa baie.

Seun
Xxxxx
June 30, 2016
June 30, 2016
Vandag is pa se eerste verjaardag wat ons nie saam met pappa kan vier nie. Dit is 'n baie moeilike dag, ons almal mis papa so baie en dink baie aan pappa. Pappa het baie vreugde en excitement in onsd almal se lewens ingebring. Niemand wat ek al ontmoet het, het so baie lewe, en is so opwindend soos pappa nie. Ek weet pappa vier pappa se verjaardag daar bo in die hemel. Ons sal vir ewig en vir altyd pa lief hê en pa nooit vergeet nie. R.I.P ons geliefde pappa.
June 30, 2016
June 30, 2016
Pappa. Pappa se eerste bday ooit wat ons nie saam pa kan deel nie, nie pa styf kan druk en sê hoe lief ons pa het nie. Nie vir pappa kan bederf met geskenkies nie. Ek voel leeg sonder pappa en niks voel dieselfde nie. Al wat ek kan doen is om Liewe Jesus te vra asb vat my pyn en hartseer en probleme en sorge oor, ek wil nie meer met dit deal nie Jesus so doen U asb die cope werk vir my.. Dit was net nou die dag minder as ñ jaar terug wat ons nog so baie saam gedoen het.. My brein sukkel om die verlies te aanvaar. Maar ek weet die dood is ñ wins en ek sal pappa weer eendag sien. Lekker rus pappa. Lief pappa baie !!! Van ek, Johan en pappa se kleinkind.
June 20, 2016
June 20, 2016
Deon, as ek kyk na al die insette van geliefdes en veral jou kinders dan kan ek regtig sien jy het ,n verskil gemaak in mense se lewens en veral in die lewens van jou kinders. Jou lewe het 'n groot stuk betekenis in hul lewens ingebou. Ons almal mis jou lekker lag en jou opgewondenheid oor die rugby! Rus in vrede Jou lewe op aarde was inderdaad die moeite werd.!
June 19, 2016
June 19, 2016
Gelukkige Vadersdag pappa. Laas jaar die tyd het ek en pappa die heel dag saam spandeer en oral rond gery. Vandag was baie moeilik en ek het ñ groot leemte in my hart gevoel.. Mis pa steeds so baie.. Lief pappa baie en dankie vir alles wat pappa vir ons gedoen het.Dit beteken meer as wat pappa ooit sou kon dink. Al my liefde aan pappa en ouma.
June 19, 2016
June 19, 2016
Vandag is ons 1st vadersdag sonder Pappa.
Dankie dat Pappa altyd net die beste vir ons gedoen het wat Pappa kon en altyd net die beste vir Pa se kinders Wou he en dat Pappa altyd trots op ons was maak nie saak wat nie!
Lief Pappa baie en mis Pappa.

Happy Father's Day Pappa

Liefde Seun
xxxxx
April 26, 2016
April 26, 2016
Pappa. Ek het 2 dae terug uitgevind ek is swanger en ek wens so ek kon die oomblik met pa gedeel het. Ek weet pa het elke keer wat pappa my gesien het gewys na pa se maag en gevra wanneer? Ek is jammer dat pappa nie pa se kleinkind kon ontmoet nie maar ek weet pappa wou dit baie graag vir ons hê. Pappa en ouma het ons kind heel waarskynlik alklaar ontmoet. My kinders sal hul oupa en ouma grootjie baie goed ken want ek sal hulle als van pappa en ouma vertel! Julle was deel van die beste tyd van my lewe en ek sal julle nooit vergeet nie.. NOOIT!! Dankie Jesus vir ons wonderwerkie.
March 9, 2016
March 9, 2016
Die tyd gaan so vinnig verby maar tog voel dit soos gister......
Die mis en verlange sal nooit op hou.
Mis Pa baie.

XXXXXXX
SEUN
February 18, 2016
February 18, 2016
As ek geweet het dit was my laaste kuier het ek langer gebly, as ek geweet het dit was pa se laaste kuier by my het ek lekkerder kos gemaak, sou ons ñ snaakse beter movie gekyk het..As ek geweet het dit was ons laaste good bye dan het ek pappa stywer gedruk.. As ek geweet het dit was ons laaste kaart game dan sou ek my foon weg gesit het. As ek geweet het dit was die laaste party saam pa sou ek heel aand net langs pappa gesit het,ek sou pappa na plekke gevat het en lekker dinge gaan doen het.. ek sou meer briewe skryf.. Ek sou meer aandag gee as ek net geweet het.. Maar Jesus weet beter. Ek mis en lief pappa en ouma so baie .. Vir ewig in my hart..
February 3, 2016
February 3, 2016
Mis Pa die laaste ruk so baie!
So besig hier by huis met goed wat ek en pa baie oor gepraat het wat ons nog hier gaan doen en ek weet Pa sou nou hier by my gewees het om my te help.
R.I.P my Pa.
December 30, 2015
December 30, 2015
Kersdag was moeilik want gedagtes het deur my kop gemaal van 1 jaar terug. Die ete by ons huis en swem en eggnog en lekker pudding en pa so jammer gekry want pa se oë was rooi en moeg gewerk, en weer ontbyt die volgende dag en pa wat sap en tray eiers gebring het en ek het eiers gebak vir Afrika! My hart is so seer ek weet nie hoe ek ooit gaan deal met die pyn in my hart nie want die verlange maak so seer... Pa en ouma wat weg is binne ñ kwessie van 3 jaar en die huis wat nou verkoop is.. Dit breek my hart! Ek dink aan die lekker tye.. Saam ouma groente geskil in kombuis en teetjies gedrink en kos op gesit terwyl pa kort kort die potte se deksels kom lig het en gemoun het .. Ek is hong!! En ouma en pa wat heeltyd ons roep, as ek te lank by pa gesit het dan skree ouma Biankhooooo! En wanneer pa gedink het ekt nou genoeg by ouma gesit of pa was net opgewonde om my iets te sê het pa geskree Bainca!! En jul my laat voel dat jul my company opreg waardeer. Ek wens ek kan tyd terug draai en saam jul in daai huis wees, vir jul kook en vir ouma sing en maak of ek swanger is soos ek loop dat ouma lag dat die trane rol en ouma gesê "Bianca! Jy vat hulle almal verby!!" Hoekom het jy so baie blemming handsakke? Elke keer ñ ander een! Ek weet nie hoekom probeer jy nie vir mej wêreld nie?! Hoekom maak jy nie ook plate soos al die sangers op tv nie, hul almal doen dit nou, jy sal blemming baie geld maak.." Ouma het my maak lag maar so baie spesiaal laat voel.En ek het langs ouma geslaap terwyl sy my aan die slaap praat en dan lag omdat ek haar try terug antwoord in my slaap.. dan het pappa vir my en ouma warm melkies aan gedra.Ek was ñ baie gelukkige kind om julle in my lewe te kon hê. Julle was ñ groot deel van ons lewens en julle was altyd daar.. En hoe is ons veronderstel om aan te beweeg asof jul nie daar was nie.. Net weg iets van die verlede.. Dit breek my hart want ons sal nooit net oor dit kan kom nie. Nou moet ek die nuwejaar in gaan sonder my pa.. Dis nie regverdig nie!!! Ek het nie eers die voorreg gehad om pa se laaste nuwejaar met pa te spandeer nie want ek het gewerk en in Kaap geslaap .Ek onthou toe Seun my die fototjies stuur van hoe pa geëet het en ek het so bly geraak om te sien pappa het ñ lekker tyd en ek gesê het Seun moet vir pa skryf happy newyear en dis pa se jaar , pa se drome en wense gaan waar word en pa gaan ñ goeie jaar hê maar nou is pa net met ñ groot skok so skielik van ons weg geneem. Ek wens ek het pa gevat vir mediese ondersoeke, meer saam pa gedraf en oefen , gesonder kos vir pa gegee. Dalk dan kon ons paar jare ekstra wen en kon pa dalk by Rhyn se troue wees en ons kinders ook ontmoet. Maar ek mag nie die Here se wil bevraagteken nie, ek mag nie kwaad word nie en ek moet aanvaar. Mens se tyd is seker jou tyd en dis die Here se wil wanneer Hy jou kom haal.Ek is sterk pappa, want pa het my geleer mens het altyd iets om oor te lag al behandel die lewe jou hoe stief. Ek is so baie lief vir pappa en ouma en eendag sal ek jul weer ontmoet daar bo in die Hemel se kanaan my ma Stel.. Pappa. Happy New year in die Hemel. Geniet dit by Liewe Jesus.Gebroke, maar nie sonder hoop nie.
December 25, 2015
December 25, 2015
Wens so pa kon saam ons see toe gegaan het.
Vandag is ons eerste kersfees sonder pa en wens pa kon hier wees.
Pa het altyd so lekker geeet en saam ons gekuier dis moeilik om dit nie te mis nie.
Dankie dat pa altyd deel was van een of ander memory wat ons nooit sal vergeet nie.
Lief Pa.
December 23, 2015
December 23, 2015
Hey my daddy, ek mis pappa so vrek baie ai ek is nog so jonk en ek het regtig gedink en gehoop pappa gaan so oud soos ouma Stella word. Pa was nog so sterk en pa het oor die hele dorp geloop sonder enige pyn. Elke dag wat ek sonder pa moet lewe is net nie so goed soos enige dag wat ek al saam pa spandeer het nie. Pappa was regtig n lig in ons almal se lewens, so opwindend en vol lewe, mense altyd maak lag al was hulle in n slegte bui. Ek onthou toe ek klaar Rek geskryf het en ek weet ek druip dit toe kom ek na pappa toe en pappa het my maak lag en my opgecheer. Ek het baie by pappa geleer en ek wil meer soos pa wees. Pappa was n wonderlike mens en n uitstekende pa. Ek is net jammer ek het dit nooit vir pa gese toe pa nog met ons was nie. Ek is spuit ek het pappa nie gewys hoe baie ek pa waardeer het nie. mis pappa vir ewig en altyd. R.I.P LOVE YOU
November 6, 2015
November 6, 2015
Ek verlang so baie... Ek probeer maar baie slaap en heeltyd besig bly, dis al hoe ek cope. Ek wens so ek kan nog een keer saam pa kaarte speel, saam pappa swem, lag en movies kyk en pappa lekker kossies kook. Almal doen so goed.. Rhynie slaag sy toetse, Seun doen nog beter as ooit met sy besigheid en Frans ook almal so suksesvol en Mariska nou onderwyseres by Hugenote. Pa sou so trots wees!! Seuna het sy Samtrac geslaag met onderskeiding! Weet pappa sou so trots gewees het. Ek dank die Here vir die kosbare tye wat ons met pa kon deel.. Lief vir pappa so baie ek dink nog baie aan pa en die verlange en leemte in my hart sal nooit weg gaan nie. Mis pa se lag en pa se opregte belangstelling en pa se geselskap en alles van pa..
October 30, 2015
October 30, 2015
Ek mis pappa so vrek baie en dit voel so onwerklik dat pa nou by Liewe Jesus is. Ek sukkel om asem te haal as ek aan pappa dink, en ek dink aan hoe jonk pa nog was en hoe jonk ek is en hoeveel jare ek nog sonder my daddy moet leef. Ek het nog vir pa gesê dat pa nog so oud soos ouma Stella sou word, maar die Here het ander planne vir pa gehad. Pa se werk op aarde is gedoen, al pa se kinders is getroud en gelukkig , maar ons mis pappa net vreeslik baie. My lewe het soveel minder excitement, vreugde , lag en liefde in sonder pa. Dit voel of iets binne my verlore gegaan het. Mis pa vreeslik en kan nie wag om pappa weer eendag in die hemel te sien nie. I love you.
October 27, 2015
October 27, 2015
Verlang baie, alles wat ons doen herhinner my aan pa. Wat pa sou doen, hoe pa sou reaggeer, wat pa sou se. Ek ry elke oggend verby Brand 11, en dink aan pa...mis pa...Ek sien die hartseer en verlange in almal se oe. Kan nie begin dink hoe pa se kinders voel of waardeur hulle gaan nie, as ons net die tyd kon terug draai. Soveel dinge wat ons nog moes doen soveel meer wat ons vir pa moes doen...spyt is te laat ek weet maar dis n realiteit. Mis pa se presence, mis ons geselsies. Mis pa elke dag meer en meer.
October 17, 2015
October 17, 2015
Vandag speel my span en pa se span in semi final.
Ek weet sommer ons sou die game saam gekyk het as pa hier was.
Ek mis pa baie.
Lief Pa always.
October 5, 2015
October 5, 2015
Mis pappa vrek baie. Vandag 2 jaar gelede was 'n Saterdag. Die groot game op Ellispark tussen die Bokke en All blacks. Ek kon vir enige iemand in die wereld 'n kaartjie gekoop het om saam my te gaan en ek het vir pa gekies. Dit was een van die beste dae van my lewe en ek is dankbaar dat ek dit saam pa kon beleef. Ek is baie life vir pappa. Rus in vrede my Daddy.
September 25, 2015
September 25, 2015
Nou in Mauritius..om ons huweliks herdenking te vier.. 3 jaar en 3 dae gelede het pa my by die isle af geloop om my oor te gee aan ñ baie goeie man. Hy kyk baie mooi na my en ek is baie lief vir hom..wow dankie Jesus vir die groot eer dat my pa daar was op my groot dag! Ek mis al die goeie tye so baie!! Toe ek op die speedboat ry en die mooi eilande , lig blou water en berge aanskou, toe besef ek.. Die mooiste mooi op aarde kan nie vergelyk word met hoe dit in die Hemel gaan wees nie.. Ek het ook gedink hoe lekker sou dit wees as ek al my geliefdes nou saam my op die bootjie kon hê.. En toe besef ek maar ek gaan eendag saam al my geliefdes op ñ nog beter plek wees! En ek kan nie wag vir daardie dag wat ons almal saam daar bo is en rustigheid, vrede en blydskap ervaar wat hierdie wêreld ons nooit kon bied nie. Ek mis pa so baie met so groot leemte in my hart.. Lief pappa.. Vir ewig en altyd!!!
September 23, 2015
September 23, 2015
Ek mis papa baie en droom amper elke aand dat papa nog lewe. As ek wakker word is ek so hartseer ek wil net aanhou droom en by pa wees, ek wil nie wakker word met al die hartseer binne my nie. Ek het nooit vir pappa dit gesê nie, maar pappa was regtig my beste vriend. Ek het so baie lekker tye saam pa gehad, wens ek en pappa kon weer saam op vakansie gaan en in die see swem of saam die currie cup of wereldbeker final kyk. Ek wou pappa nog Bloemfontein toe vat om die Cheetahs en Bulle daar te sien speel, ek het altyd gedreig maar nooit daarby uitgekom nie. Ek is ongelooflik life vir pa en mis pa baie. R.I.P my pappa een van die dae sien ons pappa weer in die hemel
September 22, 2015
September 22, 2015
Die seer is nog daar!
EK mis pappa baie, daar is so baie wat ons saam gedoen het.
Ek kan nie rugby kyk sonder om heel tyd aan pa te dink nie, en soveel meer wat my aan pa laat dink.
Hoop pa kan met trots af kyk op ons en nou presies sien hoe lief almal pa gehad het, lief pappa always!
September 17, 2015
September 17, 2015
Wat is ware liefde?

As jy so lief is vir iemand dat jou sintuie verskerp wanneer iets of iemand hom wil seer maak dat dit fisies voel asof iemand JOU leed aan doen, dat jy net daai persoon wil bystaan en beskerm en jy voel hulpeloos wanneer enigiets negatief met hom gebeur. Wanneer dit baie goed gaan met daardie persoon dan klop jou hart vinniger van blydskap saam daardie persoon , dis ñ gevoel van tevredenheid en geluk wat ñ mens nie kan beskryf nie. Wanneer jy in jou spaar tyd aan daardie persoon dink en by hom wil wees. Wanneer jy soveel vir daardie persoon wil doen dat jy hom enable dan jouself moet keer en tough love toepas omdat jy wil sien dat die persoon reg kan kom sonder jou, maar tog kan jy jouself partykeer nie help om daai persoon heeltyd te wil bederf nie. Wanneer jy preek en fokus op negatiewe goed om die persoon te probeer reg help omdat jy so baie omgee dat dit per ongeluk dalk net mag lyk asof jy nie die persoon se goeie punte raak sien nie, maar die waarheid is dat daai persoon eintlik jou held is. Jys so besig om die persoon te probeer help om perfek te probeer wees omdat jy ñ prentjie in jou kop het van hoe jy dink dit moet wees dat jy vergeet om vir daardie persoon te vertel dat jy die wereld van hom dink. Jy prys daai persoon maar nooit genoeg nie.. Niks wat jy ooit vir daai persoon doen sal goed genoeg voel nie. As die persoon uit sy maag uit lag dan is dit asof die wêreld vir ñ oomblik stil staan en jy voel jy wil bars van vreugde ! Jy wil heeltyd vir daai persoon kook en versorg. Jy sal in ñ oogwink jou eie belange opsy sit net sodat jy daai persoon kan help waarmee hy hulp nodig het..Maar steeds voel mens skuldig omdat dit voel asof mens meer moet doen.Daai persoon sal op die dag wat jy die lelikste voel met jou wil gaan spog en so trots wees op jou dat jy nie kan glo dat daai persoon jou aanvaar nes jy is en nie jou flaws eers raak sien nie.Daai persoon is nou nie blind vir as jy iets verkeerd doen nie en sê reguit wat hom pla maar mens vat dit nooit te persoonlik op nie want jy weet hy sê dit omdat hy omgee.Wat daai persoon van jou dink en sê en saam jou doen beteken die wêreld vir jou. Jy weet daai persoon het jou bitter baie lief en jy kan dit voel net in hoe daai persoon vir jou kyk..Daai persoon is jy .. Pappa.. En pa het al pa se kinders so lief gehad dat daar nooit iets was wat ons kon doen om te maak dat pa ons minder lief sou hê nie.Ek wil nie afskeid neem nie want hoe moet mens net aanvaar dat so ñ groot en belangrike deel van mens se lewe nou net ñ memory is. Net ñ man in ñ foto, kan ek nie maar in die foto in klim en weer daar saam pa wees nie???Ek wil so graag by pa wees dat dit voel asof die wereld my enige oomblik net kan insluk want ek weet nie meer watter kant toe nie.. pappa..Ek het jou onvoorwaardelik lief gehad, meer as wat pa ooit kon imagine!! En sal altyd wees!Ek het nog nooit in my lewe soveel pyn in my hart gehad nie. Het pa ooit geweet dat ek so verskriklik lief was vir pa?! Ek hoop nie dat daar ooit ñ dag verby gegaan het dat pa my liefde betwyfel het nie!! Ek wens ek het meer vir pa gedoen.. Vandag ñ maand terug het ek een van die beste dinge wat al ooit met my gebeur het verloor.. Mis pappa erg baie!! Liewe Jesus, ek verstaan nie, maar U weet beter. Ek streef daarna dat ek wel my pa en vele ander geliefdes wel eendag weer sal sien.
September 11, 2015
September 11, 2015
Ek het uitgewerk, ouma Stella was 64 en 7 maande oud toe ek gebore was, en kyk net hoeveel spesiale jare het ons saam gehad dat sy even daar was op my 21st en amper gemaak vir ons troudag maar toe ongelukkig nie in goeie hospitaal gewees nie..haar verloor toe ek 23 was. As ek moet compare dat pappa net 55 jaar oud geword het , pa verloor op 26, hoeveel spesiale tye kon pa nog saam ons kinders en pa se klein kinders deur bring? En nou is pa net weg? .. Dis so groot skok en so onwerklik!! Ek kan nie imagine waardeur pa moes gaan om pa se pa te verloor het op 12 jarige (nie seker nie maar bloed jonk) ouderdom nie, en pa se sus toe sy maar early 30's was. Ek kan nie glo dat pa in hul spore gevolg het om ook net in mekaar in te sak so skielik en onverwags.. Nooit gedink so iets sou pa oor kom nie, pa was dan so sterk.. Ek het soms as ek moeg gevoel het gewens ek kan soveel energie soos pa hê.. Alhoewel ek pa gewen het met ons draf sessies.. Die 10 km zoo run was nie veronderstel om ñ once off te wees nie, wou nog baie marathons saam pa hardloop.. En die paar keer wat ons om die blok gedraf het by pa se huis was vet pret, al het ons dit baie lanklaas gedoen. Ek onthou daai dag by die dieretuin soos gister.Ek en pa het die spesiale draf klere aangehad wat ek vir ons gekoop het en ons energie, stamina sout pille gedrink om nie krampe te kry nie, pasta en aartappels in kar geëet vir stamina , toe proe die aartappels van spar nog af..maar lekker vroeg op en aan die gang gewees oppad dieretuin toe. Pa het die besonderhede van die marathon nog in koerant gesien en gesê ons moet dit doen en was toe so opgewonde dat ons dit gaan doen. Ek het nou nog die koerant uitknipsel. Toe ons daar aankom en sien hoeveel mense daar was wat baie fiks gelyk het en reg staan al om te begin, het pa nervous gelag..en gewys hoe groot en sterk die ander atlete lyk.Ouma Stella was siek in hospitaal en ek het elke nou en dan gehuil en gaan bid in die badkamer dat sy sal fine wees en moet huis toe kom want pa en ons het haar nodig gehad en dit het regtig nie goed gegaan nie, sy het hallusineer in die hospitaal. Maar God het ñ wonderwerk laat gebeur en paar dae daarna was ouma uit hospitaal en by die huis terug en haar ou self, was so bly gewees!! Ek onthou alhoewel ek in slegte bui was by dieretuin , hoe pa seker gemaak het dis ñ fun dag, ek wou toilet toe,toe begin ons laat draf maar ek hardloop toe voor uit en los pa om agter te draf stap, ek wens nou ek het eerder agter saam pa gedraf.. Ek onthou toe ek vir pa staan en wag by die finish line en hoe opgewonde ek was om na soos 5 min te sien hoe pa sommer vinnig daar aangestap gekom het . Lekker sleutel houer medaljes gekry, en coke gedrink en toe lekker saam Johan , Jacques en Adel die hele dieretuin rooi geverf. Pa het by die dammetjie die life saver tube om pa se nek gehang en gelag en gemaak of pa in krokodil dam gaan swem, ons het ñ krokodil teen die heining sien lê en pa was die eerste een om aan die slaapende krokodil te vat deur dis diamant opening van die heining . Ek en die die ander het toe vinnig in pa se voetspore gevolg om aan die krokodil te vat, dit was so super cool en scary!! En toe ons die mooiste luiperd op die hang mat in die son sien lê het en die mooiste fotos geneem.. En pa het so lekker gelag vir die ape wat luise eet. Toe hul die leeu gevoer het en hy moes op ñ paal jump om by die vleis uit te kom, dit het ons baie geniet.Ons het gaan sit en pa het met pa se bietjie geld wat pa van Albany af verdien het vir ons elkeen ñ magnum gekoop, nooit ñ suinige haar op pa se kop gehad nie. En toe ons die bobejaan gekyk het nog my botteltjie cream soda in gegooi en so gelag dat die  Bobejaan die botteltjie oop gedraai het en soos ñ mens gedrink het.. Dit was een van my beste dae saam met pa..
September 8, 2015
September 8, 2015
Ek onthou dit soos gister..... 8 September 2001.
Vandag 14 jaar terug wat Pa die eerste beroerte gehad het.
Ek was jonk en baie bang want ek was nie reg om my dad te verloor nie.
Maar die Here het Pa net kort van 14 jaar langer gespaar, en dit was 14 jaar om te onthou. Pa was vir my soos ñ vriend, al die rugby kyk, pool speel, darts speel en lekker eet was meer kosbaar as wat mens sou dink. Ek mis dit so en sal dit ook veraltyd mis. Liefde Seun
September 8, 2015
September 8, 2015
Pappa ek mis papa so vreeslik baie, alles voel nog so onwerklik. Ek onthou hoe lekker het ek en pa oral gekuier en rugby gekyk. Rugby is nie dieselfde sonder pa nie.Ek onthou al die currie cup finals tussen die Cheetahs en Bulle hoe hard ek saam pa vir die Cheetahs geskree het. Ek onthou hoe ek, pa en oom Frans opgewonde geraak het toe ons die 2007 wereldbeker final gekyk het bt Mcphail straat. Al die goeie memories saam pa of ons by die see was of by die dam was en klei lat gegooi het. Pa was altyd 'n bok vir sport en het nooit nee gese vir avontuur nie. Ek wens ek het meer videos van pa gehad. Ek onthou toe my wiele gesteel was laas jaar net voor my verjaardag toe pa my R600 vir my verjaardag gegee het sodat ek nuwe mags kon koop. Pa het altyd vir ons gegee wat pa kon maar die belangrikste is die liefde wat pa ons gegee het. Pa het 4 pragtige kinders groot gemaak en pa kan trots wees want pa het nou 4 seuns en 4 dogters en ons almal het pa baie life. R.I.P my Daddy.
September 4, 2015
September 4, 2015
Dink steeds aan jou As ek na die Cheetah rugby span kyk terwyl hul speel wonder ek of jy ook nog so opgewonde raak. wat ek wel weet dat daar nou vir jou iets baie beter is: hemelse kore wat sing en wat die mense oor nog nooit gehoor het nie....dit kan jy nou HOOR! Rus in vrede my broer.
September 2, 2015
September 2, 2015
Woorde kan nie die hartseer en skok beskryf nie. Dankie vir al die goeie tye, "pranks," outings en bederf. Rus in vrede my Oom, daar by die waters van rus, by die groen weivelde, by die Skepper. Die leemte sal altyd daar bly maar soos die Engelsman sê "The memory remains..."
September 1, 2015
September 1, 2015
Ñ paar dae terug het alles verander, so geskok oor wat gebeur het, ek kan nie glo dat pappa werklik weg is nie.. In my kop wil ek net heeltyd na pa se huis toe ry, vir pa lekker kos vat, pa kom haal om te kuier en lekker movie te kyk en meeste van als om met pa kaart te speel.. Ek mis hoe pa neer geskryf het GP en BLC en so 5 -7 potte en hoe pa dan pa se gesig getrek het as pa diep dink om te besluit watter kaart pa volgende gaan uit gooi.. Ek mis hoe ek pa kwaad gemaak het en altyd gemaak het of ek wil cheat en die jokers weg steek.. Of iets uitgooi wat ek weet is nie reg nie net om pa te terg want dit was so oulik vir my dat pa die game so ernstig op vat. Ek mis hoe pa as pa geskommel het altyd gevra het nog, nog ? En hoe ek altyd aanhou wys het ja, ja net om te sien hoe lank pa nou actually sal skommel.. Ek mis hoe pa so aandagtig gekyk het hoe ek skommel, elke keer en die kaarte eventually uit my hande gegryp het om te kyk dat ek nie jokers steel nie.. Ek mis hoe pa so gelag het as pa wen dat dit gelyk het of pa die lotto gewen het.. Ek mis hoe pa elke keer met ñ groot smile op pa se gesig die papier gegryp het en vinnig begin op tel het om te kyk wie wen.. Dan die beste deel.. Pa se lag.. die lag wat ek nie weer hier op aarde sal hoor nie. Ek mis hoe pa getel het presies hoeveel keer ek laas jaar en die jaar teen pa verloor het en Rhyno ook. Ek mis toe ek, pa en Rhyno saam kaart gespeel het en pa se spaghetti geëet het en die verloorder moes koffie maak.. Ek mis hoe ek altyd baie geskryf het en pa altyd gemoun het opstel opstel, maar pa was maar net te excited om te sien wat ek skryf, pa kon nie wag nie.. Ek het nie die laaste ruk baie vir pa geskryf nie want meer gefokus om vir pa te kook en lekker programme of movies te wys.. So baie wat ek nog wou skryf.. Ek mis hoe altyd as ek wou ry dan wou pa he ek moet langer bly dan het pa skielik baie gepraat en gevra.. Tee, tee?.. Net dat ek moet langer bly.. Ek mis hoe pa as pa kos gemaak het die bakkies te vol geskep het, veral as pa roomys, of jelly en custard in geskep het, ons moes altyd keer en die rand van die bakkie lek dat die roomys of custard nie uit loop nie.. Ek mis pa se lekker sop.. Niemand in die wêreld kon ooit lekkerder sop as pa maak nie!! En ek het seker gemaak ek vat nie minder as 3 bekers daarvan nie en nog meer.. Trommel dik geëet aan pa se sop, maar dit was so lekker ek wou net meer en meer hê..en pa wou net altyd almal voer, altyd gesê skep oom Frans, skep Johan , selfs sop huis toe gestuur vir ma, en toe Ant Sannie daar was graag vir haar gemmer koekies en sop gegee. Al wou sy nie sop hê nie, het pa steeds geskep.. Pa wou altyd pa se kos wat oom Frans op ñ sondag gekoop het met my deel.. Ouma het altyd gesê pa se kerrie en rys was die beste en dit was!! En pa se spaghetti was ook baie lekker.. Pappa het my altyd maak lag en ek mis hoe ek met pa gespeel het en my vuiste gebal en gemaak of ek pa wil boks en dan het pa gelag en gesê passop! En hoe ek pa gekielie het en pa geskree het nee man, nee man!!! En so kwaad geraak het maar dit was so cute!! Ek mis elke liewe oomblik saam pappa.. So lief vir pa.Ek dink die Engele daar bo is nou baie bly om pa by hulle te hê, Oupa Gideon, Petronella, Ouma Stella en vele ander.. Geniet dit in die Hemel pappa! Oor minder as 100 jaar is ons almal daar saam pappa en ouma en almal... Gelukkig in die Hemel!!
August 31, 2015
August 31, 2015
Vandag 32 jaar terug is EK, Pa se naam genoot en oudste seun gebore. Ek sit nou langs Pa se graf en dink hoe graag sou ek die dag saam Pa wou spandeer.
Dit was net 4 weke terug wat Pa my ñ Kg biltong belowe het vir my verjaardag.
Tyd gaan so vinnig om my Pa. Ek is lief vir pa en sal altyd wees.
Liefde Seun.
August 28, 2015
August 28, 2015
Soos ek by ons ma se begrafnis opgemerk het : Sy het altyd gelag as ek die volgende probeer sing het  :As jy daar kom voor ek daar is, kyk uit vir my ek kom ook aan! Daar bo in die Hemelse Kanaan ontmoet ons eendag mekaar!
August 27, 2015
August 27, 2015
So vry soos n voel, sprei jou vlerke en vlieg hoog. Betree die ewige lewe, moenie bang wees nie, want God is met jou.
Geen vrees, geen pyn, geen te kort, geen gebrek, geen hartseer en geen smart....pa is verlos, pa is vry.
Ons verlang, ons onthou, ons lag en wil huil, maar dan kom die vertroosting dat ons pa weer sal sien by die poorte van ons Hemelse huis by ons Skepper.
Lief pa vir altyd - pa se bloubul kind, Jackie
August 25, 2015
August 25, 2015
God is our God forever: He will be our Guide even to the end Ps.48-14
August 24, 2015
August 24, 2015
We has His hope as an anchor for the soul, firm and secure Heb 6:19
God will not permit any troubles to come upon us, unless He has a specific plan by which great blessings can come out of the difficulty-Peter Marshall
August 24, 2015
August 24, 2015
Altyd in my Hart my Pa!
Rus nou in vrede en weet Pa word gemis.
Lief Pa.
Seuna
August 23, 2015
August 23, 2015
Dood ek ken jou tog 'n bietjie, want jy is nie 'n permanente einde nie, maar die transito tot my nuwe begin! Jou angel is uit, maar tog is jy nodig. Want sonder jou sou die Nuwe nie kon begin.
Dood jy is die instrument in die hand van ons Skepper om sin te bied aan my deurgangsreis Want teen die kontras van jou donker skadu sien ek die liefde en lig en begin ek verstaan. In die nagwees van my reis is U o Here die lig vir my pad en drink ek gulsig die beker van genade asof my dors nie geles kan word nie. U is waarlik liefde.
August 22, 2015
August 22, 2015
Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van 'n lamp en die lig van son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in ewigheid as konings regeer.(Openbaring 22 :5)
Page 1 of 2

Leave a Tribute

Light a Candle
Lay a Flower
Leave a Note
 
Recent Tributes
June 30, 2023
June 30, 2023
Pappa sou vandag 63 wees .. Ons het nog so baie gehad wat ons saam wou doen .. As ek die Tyd kon terug draai , sou ek minder Vir granted vat . Pappa sou so uit gefreak het oor Joshua en Luca , Hulle is die Oulikste kinders ooit! Julle sou so lekker Tyd saam kon spandeer .. ek is so dankbaar Vir al die goeie tye wat ons saam gehad het .. en ek verlang so baie . Ek praat gereeld met die kinders oor pappa en Ouma Stella , en as ek praat van oupa Deon , reageer hul asof hul pappa jare lank geken het .. asof pappa ñ deel van hul is al het hul nooit die voorreg gehad om pappa te ken nie .. so toe sit ek nou vannaand by myself en dink ..

As my pa nog geleef het..

As my pa nog geleef het , sou hy Vir my sê, hy is trots op als wat ek bereik het en wie en wat ek is..

Hy sou so trots wees op sy kleinseuns -wat hy nooit die voorreg gehad het om te ontmoet nie - en hy sou hul in die afgrond in bederf het.

Hy sou saam met ons kom kamp het en saam die kinders swem en laf gewees het .Hy sou Vir ons almal die lekkerste roomys gekoop het , iets wat hy Altyd graag gedoen het .

Hy sou lag soos hy Altyd klip hard kon lag uit sy maag uit en die hele vertrek kon op helder dat jy lag dat die trane loop .

Hy sou sy kleinkinders ook geleer het rummy speel en name , vanne , diere , dorpe .. nes ons Altyd gespeel het in die goeie ou dae .. hy sou Hulle leer spel en somme doen en hy sou so trots gewees het op hoe slim Hulle is .

Hy sou my been gegryp het om my te kielie dat ek skree en lag , soos hy Altyd gedoen het, hy sou Vir my sop maak en spaghetti en kerrie en Rys en hy sou Vir my bekers koffie aandra soos hy Altyd gedoen het.

Hy sou kom oorslaap het by ons en Rhynie Hulle en oor en weer kon kuier ..

op ñ dag soos vandag mis ek hom erg . Ek wil hom ñ stywe drukkie Gee , ek wil Vir hom happy birthday sê, ek wil saam hom Pick ‘n Pay toe loop of ry en snacks gaan koop , ek wil hom help met die eetgoed in die kombuis , eiers afdop en reg maak Vir die mense wat kom, ek wil saam hom lag en gesels en skryf , ek wil Vir hom alles vertel , so baie dinge wat ek nog met hom wou deel . Ek wil Vir hom sê ek is jammer Vir alles waaroor ons ooit gestry en baklei het, jammer Vir Soveel wat ek nog saam hom wou doen en nou nie meer kan nie .

Dan wil ek Vir hom sê Dankie , Dankie dat hy my gemaak het wie ek is , sy goedhartigheid en hoe hy Altyd braaf was en hoe hy Altyd sy bes gegee het en ander probeer help het , hoe hy opreg omgegee het , opreg lief was en net wou kwaliteit Tyd saam spandeer , dis dinge wat Sal aanhou voortleef Binne my , die dinge wat hy my geleer het. Ek hoop om my kinders en hul kinders ook dit te kan leer , dat pappa se legacy sal voortleef deur Hulle.

Ek sou Vir pappa sê Dankie dat pappa my geleer het al het ons hoe erg gestry en foute gemaak dat ons Altyd vrede kon maak en mekaar aanvaar foute en al want ons is net mens en niemand is perfek nie. Pappa het nooit grudges gehou nie en ons geleer vergeet en vergewe.

Ag as ek maar net nog ñ kans kon kry om met my pa te praat .. sou ek sê Dankie pappa vir al die pret wat ons saam gehad het , al die goeie kwaliteit Tyd wat pappa invest het in ons - pappa se kinders . Pappa het ons so ‘wanted’ laat voel , Altyd gretig gewees om Tyd saam ons te spandeer , Altyd honger Vir ons liefde en aandag en wou opreg by ons wees elke oomblik van elke dag , pappa kon nie genoeg van pappa se kinders kry nie .. ek Sal pappa nooit ooit vergeet nie . Pappa het ons lief gehad met alles wat pappa gehad het en ons het Daai liefde so opreg gevoel . Dis wat ek sou sê en Dankie Vir God dat ek en my boeties so gelukkig was om Daai liefde te kon ervaar. 

Ek sou vertel dat ek pappa verlang en van die kere wat ek verby pappa se huis ry en net wens ek kan nog daar stop soos in die goeie ou dae . My dryf krag om te herstel na pappa se dood , was dat ek geweet het pappa se grootste wens was Altyd dat pappa se kinders gelukkig moet wees en dat pappa sou wou hê ons moes aanbeweeg .

Ek weet pappa is gelukkig waar pappa nou is en pappa en Ouma Stella en Ouma Joey wag opgewonde Vir ons - soos jul Altyd opgewonde gewag het en gemoun het as ons laat was . Behalwe nou is jul Tyd anders as ons sn , en julle is rustig en wag geduldig . Tot ons weer ontmoet .

Lief pappa Altyd!
June 23, 2020
June 23, 2020
Mis pappa weer baie vandag. Oor 'n week sou pappa 60 jaar oud gewees het.
Cayley praat gereeld van pappa, en sê Oupa Deon is by Liewe Jesus. Ek wonder wat sou pappa van die hele Covid-19 ding gesê het. Pappa sou seker mal geraak het met die sigarette ban, of maar net opgehou het. Pappa was 'n merkwaardige persoon wat altyd vol energie was. There was never a dull moment hehe. Pappa het vir ons baie beteken. Met trou reelings het ek pappa die paar maande voor pappa se dood bietjie afgeskeep, en dit het my baie hartseer gemaak. Wat ek nie sou gee om net weer een naweek by pappa en ouma Stella te kom kuier en julle te waardeer soos wat ek nog altyd moes nie. You never know what you have until it's gone. Gelukkig glo ons in die Here en weet ons sal pappa eendag weer sien. RIP my Pappa.
June 21, 2020
June 21, 2020
Gelukkige vadersdag in die Hemel oupa Deon. Joshie sê ook hallo Ouma Stella. En Baie lief vir julle. Wens julle kon Joshua ontmoet het. Hy is so oulik , julle sou mal gewees het oor hom! Ek vertel hom altyd van julle. Verlang julle so baie .Vir ewig en vir altyd in ons harte! ❤️
Recent stories

Invite others to Deon's website:

Invite by email

Post to your timeline