ForeverMissed
Large image
This memorial website was created in memory of our loved one, DUAN BESTER, 2 years old, born on July 19, 2004, and passed away on May 18, 2007. We will remember him forever.
May 17, 2013
May 17, 2013
My liefste seun more is dit 6 jaar gelede en weet jy dit voel soos gister. Ek wens so ek kon jou sien groot word maar God het 'n beter plan vir jou gehad my seun. Ek mis jou oneindig baie en het jou so lief vir altyd. Mamma
May 18, 2012
May 18, 2012
"Duan jy is nog baie in ons gedagtes en mag jy n wonderlike tyd saam jou oupa beleef."
July 19, 2011
July 19, 2011
Duan ons klein liefie, ons hoop jy geniet jou spesiale dag saam met Oupa en die engele in die hemel!Ons verlang vreeslik na jou, jou klein rakker - Gee vir oupa 'n soentjie en 'n drukkie van ons af!Ek hoop hy pas jou mooi op...Lief jou baie-Tannie Lynette, Oom Thys,Armandt&Chante
May 19, 2011
May 19, 2011
Sjoe, 4jaar gelede dit voel soos nou die dag...Ons het nie van jou vergeet nie! Elke keer as ons jou foto sien dink ons met liefdevolle herinneringe aan jou - baie lief vir jou!
September 28, 2010
September 28, 2010
Ons engel, jy is nie meer alleen nie.Oupa is nou by jou.Julle moet mekaar oppas tot ons julle weer sien. Lief julle!
July 19, 2010
July 19, 2010
Duan Baie Geluk met my kind se verjaarsdag ek weet jy is op die beste plek wat 'n mens kan wees as jy verjaar. My seun jy sou nou 6 gewees het ampe oppad skool toe maar ek weet jy saam met God lvj
July 2, 2010
July 2, 2010
Wanneer dinge net soms te veel raak dink ek terug aan wat ek gehad het en wat ek het dan besef ek jy was my rede om God te vind. Dankie ou seun jou ma sien jou binne kort!
July 2, 2010
July 2, 2010
Jy is vandag weer vreeslik in my gedagtes-Ons is lief vir jou!Jou sussies sou jou so geniet het-hulle kry vreeslik swaar sonder jou, veral Chella.Sy mis jou - sy verstaan nie waarheen jy is nie...
June 14, 2010
June 14, 2010
Een van daar die dae wat ek jou mis dan dank ek tog die Vader dat jy veilig is want hierdie lewe op aarde bied ons nie wat God ons kan bied in die Hemel nie. Ek wag op God se koms!
May 18, 2010
May 18, 2010
Daar is 'n plek waar jy niks besit nie, maar ook waar jy niks ontbreek nie...omdat God daar is - Duantjie mag God jou in Sy arms toevou en Sy liefde oor jou uitstort totdat ons mekaar weer sien...
May 18, 2010
May 18, 2010
Seun jy sal altyd in ons harte bly ek het jou bitter lief! Die seer oorweldig my vandag maar ek weet jy is veilig en ek weet ek gaan Jou weer vas hou wanneer ons hemelse Vader ons kom haal
May 18, 2010
May 18, 2010
Ons liefste klein engeltjie vandag 3 jaar gelede is jy van ons af weggeruk - so onverwags - jy sal altyd in ons harte en deel van ons lewens wees. Liefies ....
May 17, 2010
May 17, 2010
Daleen Tischendorf
"Benut elke oomblik wat jy saam met 'n geliefde deel, jy weet nie of dit die laaste sal wees nie"
May 17, 2010
May 17, 2010
Ek onthou jou pragtige glimlag, en die sterretjies in jou oë, en ek weet jy skitter helder by Jesus! Die hartseer kom en gaan, maar jou herhinneringe is permanent in ons harte ge-ets. Tannie Elize
May 17, 2010
May 17, 2010
Niemand besef die waarde van 'n kind totdat hy van jou af gegevat word nie. Daar is niks mooier as liefde van 'n kind so opreg so onskuldig. Dankie vir daardie liefde my seun!
May 17, 2010
May 17, 2010
Om iemand lief te he is om 'n stukkie van die hemel te sien - Duan jy is ons stukkie hemel! Tannie Lynette, Oom Thys, Armandt & Chante

Leave a Tribute

Light a Candle
Lay a Flower
Leave a Note
 
Recent Tributes
May 17, 2013
May 17, 2013
My liefste seun more is dit 6 jaar gelede en weet jy dit voel soos gister. Ek wens so ek kon jou sien groot word maar God het 'n beter plan vir jou gehad my seun. Ek mis jou oneindig baie en het jou so lief vir altyd. Mamma
May 18, 2012
May 18, 2012
"Duan jy is nog baie in ons gedagtes en mag jy n wonderlike tyd saam jou oupa beleef."
July 19, 2011
July 19, 2011
Duan ons klein liefie, ons hoop jy geniet jou spesiale dag saam met Oupa en die engele in die hemel!Ons verlang vreeslik na jou, jou klein rakker - Gee vir oupa 'n soentjie en 'n drukkie van ons af!Ek hoop hy pas jou mooi op...Lief jou baie-Tannie Lynette, Oom Thys,Armandt&Chante
Recent stories

Geboorte

July 2, 2010

Die dag van Duan se geboorte was toe dat God ons oe al wou op maak.  Hoeveel mense het gebede vir ons gedoen dat ou Duantjie se lewe moes gespaar word en weet julle God het ons al 'n wonderwerk daar gewys dat as ons in hom glo en vertrou sal hy deur vir ons oop maak.  Ek het dit nie so gesien nie en as ek maar net daardie tyd besef het dat God my siel wou red kon die lewe soveel anders nou gewees het.  Ons moes weer leer met Duan se dood amper 3jaar later.  Ek het God by my gehad hy het my gedra so ook my familie maar God het my kalmte en rustigheid gegee net soos God dit kan doen.

 

Julle besef nie wat 'n amazing God ons dien nie en ons hemelse Vader se koms is naby.  Mense as julle nie julle lewe met God reg gemaak het nie asb doen dit want net soos Duantjie wat ons verloor het in 'n oogwink so kom God ons haal as daardie bassuin blaas.  Moenie uitstel nie ek glo julle sal graag saam met God in die paradys wil deur bring ek weet ek gaan my kind sien my saak is reg met my Here en bo als hy vergewe als en wys nooit vinger nie.

 

Dit kom uit die diepte van my hart ek vra dat julle God totaal en al aan neem julle sal nooit ooit verkeerd kan gaan nie met God aan jou sy skree jy vir die wen span.

 

Lekker dag julle!

 

Mag God julle aanraak soos hy my aan geraak het

May 17, 2010

Ek onthou nog die 13de Mei 2007 op moedersdag ek was 8maande swanger met cheal-marie en duan wat die hele tyd op sy pa se bakkie se bak wil speel en wat my so uit gelok het en gelag het ek onthou nog hoe ek hom gejaag het en my ma was ook da 'n wonderlike memory van duan want hy het maar altyd gelag ek kon God in hom sien net nie altyd dit besef nie.  Ek verlang vreeslik seuna lie

Invite others to DUAN's website:

Invite by email

Post to your timeline