Let the memory of Isabel be with us forever
  • 62 years old
  • Born on August 21, 1947 .
  • Passed away on August 13, 2010 .
This memorial website was created in memory of our loved one, Isabel Badenhorst 62 years old , born on August 21, 1947 and passed away on August 13, 2010. We will remember her forever.
Posted by Neeltje James on 21st August 2011
Moeks se 64ste verjaardag. Wil so graag met jou praat en verseker dat ons okey is en dat jy okey sal wees, maar ek weet jy is okey, want jy het ons Hemelse Vader wat so mooi na jou kyk, beter as die beste spesialiste. Geniet Moeks se verjaardag met baie jellie en custard. Mis jou
Posted by Neeltje James on 12th August 2011
Ek mis my Mamma vandag ontsettend baie. Nog net 1 dag, dan is dit presies 1jaar wat Moeks in die Hemel is. Ek wil so graag so baie met mamma nog gedeel het. Die kinders wat so groot word, matriekafskeid wat voorlĂȘ...Dit is met baie trane wat ek wil se ek is so baie lief vir Moeks
Posted by Neeltje James on 22nd August 2010
Nege dae sedert Moeks se afsterwe...1ste week verby, 1ste verjaardag in die Hemel. Ek mis mamma so baie. Dankie vir die laaste week wat ek met mamma kon deel. Dit is vir my so spesiaal dat ek die bevoorregte een was van ons drie dogters om ma hier te he. Ek is oneindig baie lief vir jou. Jy sal verewig in my hart wees.
Posted by Neeltje James on 21st August 2010
God sal jou vertroos. Geseend is die wat treur, want hulle sal vertroos word. Mat 5:4 Nog 'n groep wat Jesus gelukkig noem, is hulle wat hartseer is. Die geluk in die hartseer le in die troos wat 'n mens kan kry. Mense wat sonder God treur, is troosteloos. Hulle het nie 'n vooruitsig dat hulle deur God self vertroos gaan word nie. Die mense van wie Jesus hier praat, is mense wat na God gaan met hulle stuk hartseer. Hierdie mense weet dat hulle hartseer beperk is, dat dit nooit vir altyd kan aanhou nie omdat daar 'n hemel vir hulle wag waar daar nie meer droefheid of trane sal wees nie. Hierdie treurendes ken die vertroosting van God se arms om hulle wanneer hulle hartseer is. Hulle weet ook dat God die stuk hartseer in hulle lewe tot hulle beswil kan gebruik. As jy self swaargekry het, word dit 'n leerskool waarin God jou leer om op jou beurt ander mense te troos wat hartseer is. Jy gee die stuk troos wat jy van God gekry het weer deur na ander. "In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig" 2 Kor 1:4. Is jy op die oomblik hartseer? Deel jou hartseer met God, Hy wil jou graag vertroos. En as Hy dit gedoen het, soek iemand anders wat hartseer is, en bied vir hom jou troos aan

Leave a Tribute