ForeverMissed
Large image
This memorial website was created in memory of our loved one, Isabel Badenhorst, 62 years old, born on August 21, 1947, and passed away on August 13, 2010. We will remember her forever.
August 21, 2011
August 21, 2011
Moeks se 64ste verjaardag. Wil so graag met jou praat en verseker dat ons okey is en dat jy okey sal wees, maar ek weet jy is okey, want jy het ons Hemelse Vader wat so mooi na jou kyk, beter as die beste spesialiste. Geniet Moeks se verjaardag met baie jellie en custard. Mis jou
August 12, 2011
August 12, 2011
Ek mis my Mamma vandag ontsettend baie. Nog net 1 dag, dan is dit presies 1jaar wat Moeks in die Hemel is. Ek wil so graag so baie met mamma nog gedeel het. Die kinders wat so groot word, matriekafskeid wat voorlê...Dit is met baie trane wat ek wil se ek is so baie lief vir Moeks
August 22, 2010
August 22, 2010
Nege dae sedert Moeks se afsterwe...1ste week verby, 1ste verjaardag in die Hemel. Ek mis mamma so baie. Dankie vir die laaste week wat ek met mamma kon deel. Dit is vir my so spesiaal dat ek die bevoorregte een was van ons drie dogters om ma hier te he. Ek is oneindig baie lief vir jou. Jy sal verewig in my hart wees.
August 21, 2010
August 21, 2010
God sal jou vertroos.
Geseend is die wat treur, want hulle sal vertroos word. Mat 5:4
Nog 'n groep wat Jesus gelukkig noem, is hulle wat hartseer is. Die geluk in die hartseer le in die troos wat 'n mens kan kry. Mense wat sonder God treur, is troosteloos. Hulle het nie 'n vooruitsig dat hulle deur God self vertroos gaan word nie. Die mense van wie Jesus hier praat, is mense wat na God gaan met hulle stuk hartseer. Hierdie mense weet dat hulle hartseer beperk is, dat dit nooit vir altyd kan aanhou nie omdat daar 'n hemel vir hulle wag waar daar nie meer droefheid of trane sal wees nie. Hierdie treurendes ken die vertroosting van God se arms om hulle wanneer hulle hartseer is.
Hulle weet ook dat God die stuk hartseer in hulle lewe tot hulle beswil kan gebruik. As jy self swaargekry het, word dit 'n leerskool waarin God jou leer om op jou beurt ander mense te troos wat hartseer is. Jy gee die stuk troos wat jy van God gekry het weer deur na ander. "In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig" 2 Kor 1:4.
Is jy op die oomblik hartseer? Deel jou hartseer met God, Hy wil jou graag vertroos. En as Hy dit gedoen het, soek iemand anders wat hartseer is, en bied vir hom jou troos aan

Leave a Tribute

Light a Candle
Lay a Flower
Leave a Note
 
Recent Tributes
August 21, 2011
August 21, 2011
Moeks se 64ste verjaardag. Wil so graag met jou praat en verseker dat ons okey is en dat jy okey sal wees, maar ek weet jy is okey, want jy het ons Hemelse Vader wat so mooi na jou kyk, beter as die beste spesialiste. Geniet Moeks se verjaardag met baie jellie en custard. Mis jou
August 12, 2011
August 12, 2011
Ek mis my Mamma vandag ontsettend baie. Nog net 1 dag, dan is dit presies 1jaar wat Moeks in die Hemel is. Ek wil so graag so baie met mamma nog gedeel het. Die kinders wat so groot word, matriekafskeid wat voorlê...Dit is met baie trane wat ek wil se ek is so baie lief vir Moeks
August 22, 2010
August 22, 2010
Nege dae sedert Moeks se afsterwe...1ste week verby, 1ste verjaardag in die Hemel. Ek mis mamma so baie. Dankie vir die laaste week wat ek met mamma kon deel. Dit is vir my so spesiaal dat ek die bevoorregte een was van ons drie dogters om ma hier te he. Ek is oneindig baie lief vir jou. Jy sal verewig in my hart wees.
Recent stories

Mamma en die landsvlag

August 27, 2010

Moeks was 2009 baie siek en toe sy uit die Somerset Wes Hospitaal ontslaan word, was sy nog baie deurmekaar. Ek het Junie afgevlieg vir 'n week. Met my aankoms het sy nie eintlik baie sin gepraat nie... Haar kunstige brein het wel oortyd gewerk en haar idee vir die sokker was... vat kraletjies en werk dit in die vorm van die landsvlag op toiletpapier en verkoop dit by die sokker stadiums, dit sal soos soetkoek verkoop. . .  ons het gele soos ons lag.

Toe sy Augustus 2010 (haar laaste week) hier in Nylstroom gekuier het, het ek dit aan haar vertel... nodeloos om te se was dit weer 'n gelag dat die trane loop.

Invite others to Isabel's website:

Invite by email

Post to your timeline