ForeverMissed
Large image
This memorial website was created in memory of our loved one, Jaco (Jakkals) de Jager, 20 years old, born on February 24, 1990, and passed away on April 24, 2010. We will remember him forever.
April 25, 2023
April 25, 2023
Jaco, soms gaan daar soveel wonders deur my gedagtes. Waar sou jy vandag gewees het? Sou jy getroud gewees het? Sou jy kinders gehad het? Waar sou jy gewerk het? Jy word nooit vergeet nie en ons onthou jou altyd!
April 25, 2022
April 25, 2022
Jaco, en hier is nog 'n jaar verby. Ons mis jou en verlang na jou. DInk so baie aan jou. Veral as ons Christof sien en dan mis ons julle twee saam. Ons familie saamtrekke het stil geword. Mis jou altyd.
April 25, 2021
April 25, 2021
Jaco hier staan ons al by elf jaar wat jy skielik van ons weggeneem is. Dit is elf jaar van seer wat seker nooit sal genees saam mert die mooi herinneringe tot daardie noodlottige aand. Maar ons weet daar by Jesus het jy net gegroei as een van sy kinders wat Hy so nodig gehad het. Sal jou altyd mis want jou plekkie leeg by ons. Tot ons weer ontmoet.
February 25, 2021
February 25, 2021
Jaco weereens 'n verjaardag by Jesus se voete. Die jare stap aan en ons mis julle almal wat saam by Jesus is, dit sal altyd mooi herinneringe by ons bly vir die tyd wat jy saam met ons kon wees en sal jou so onthou as tweelingboetie. Glo Christof leef nog elke dag saam met jou met daardie spesiale band van 'n tweeling. My woorde is min maar verlange groot. Mis jou veral met jou verjaardag. 
February 24, 2021
February 24, 2021
En hier is ons in 2021 en jy en jou boetie verjaar vandag. Dit voel nog vreemd om net vir een geluk te sê. Ek wonder baie hoe hy voel maar ek weet jy is by Jesus en daar is niks hartseer of pyn vir jou daar nie. Ons mis jou baie en sal jou altyd onthou.
February 24, 2020
February 24, 2020
Jaco, dis net amazing hoe vinnig die tyd verbygaan. Jy al nou al 10 jaar nie meer by ons nie maar dit voel soos gister. Ons vergeet jou nooit en in ons harte en gedagtes is jy altyd by ons, veral met familie funksies en as die babas gebore word en as die ou mense sterf. Maar ons weet jul het 'n familie saamtrek in die hemel en wag op ons ander. Ons vier saam met Christof jul verjaardag en stuur 'n spesiale wens vir jou. Ons bly lief vir jou en sal jou altyd mis.
February 25, 2019
February 25, 2019
Jaco, hier is ons al soveel jaar verder en jy word elke jaar spesifiek met jul verjaardag onthou. Ons mis jou en jou plek sal altyd leeg wees maar in dieselfde asem weet ons ook dat jy veilig is by jou pa en Jesus. Ons is en sal altyd lief wees vir jou.
April 24, 2018
April 24, 2018
Vandag weer 'n moeilike daggie vir my mamma hart, verlang net bietjie meer na jou. T Ousie ook nou saam jou, glo jul kuier te lekker saam, kan nie wag vir ons weersiens nie. Mis jou so baie, lief jou vir altyd my seuntjieskind.xxx
April 24, 2018
April 24, 2018
Die verlange na agt jaar voel soos gister, noudat jul meer word sommer net in paar maande wat by Jesus is, weet ons wat agter gebly het wat jul werklik in ons lewe beteken het, so dit is met groot liefde en verlange na jul elke sekonde van ons lewe, maar weet jul het rus gevind by Jesus. lief jul en mis jul baie. xxx
March 8, 2018
March 8, 2018
Die ure, maande, jare loop , maar steeds voel dit of jul nog hier iewers is, dink Jesus weet ons mis julle, daarom laat JESUS jul in gees nog by ons wees. Die familiekringetjie by jul groei want Oom Ollie ook nou by jul aangesluit. Ons seer is groot maar weet by Jesus is jul verlos van pyn en lyding. Sal jul altyd onthou met al ons Liefde. xxxx
February 26, 2018
February 26, 2018
My liefste Jaco seuntjieskind, Saterdag was jou en boeta se 28ste bday, sulke handsome manne, veral met sulke spesiale dae mis ek jou so bietjie meer, Sal maar altyd bly wonder.... Mis jou so baie, lief jou altyd! Mamma.xxx
April 24, 2017
April 24, 2017
Vandag is jy al 7 jaar by Jesus, mis jou nog elke dag maar berus dat jy nie wil plekke ruil nie, kan nie wag vir weersiens. Ons nog 'n boetatjie by gekry, klein Kean, net so oulik soos boetie Luan, jy sou hul net so geniet het soos Stof, hul is twee klein De Jagertjies. Mis jou en lief jou vir altyd. Mamma.xxx
April 21, 2016
April 21, 2016
My seuntjieskind, ons gaan vir die 1ste keer weer Ons Plek toe na 6 jaar....gaan moeilik wees vir my want dis waar ek die hartseer nuus van jou ongeluk gekry het maar ek moet weer terug gaan om weer nuwe memories te gaan maak, weet jy sou dit so wou he. Ai ons mis jou so baie, lief jou vir altyd en nog meer.xxx
April 21, 2016
April 21, 2016
Jaco hier staan ons ses jaar terug toe jy die 24ste April skielik uit ons familiekring weggeneem is. maar glo jy was voorbereid om te gaan soos ons almal elke dag moet wees. Mis jou nog altyd in die kringetjie as ons almal so bymekaar kom. Glo dit.... ons sal jou altyd onthou. tot ons weersiens. liefde tannie Hannie x
April 24, 2015
April 24, 2015
Jaco - 5 Jaar - dit voel net nie so lank nie. Ons mis jou en verlang. Daar is eintlik so baie dinge wat ons met jou wil deel maar diep binne weet ons tog dat jy weet van alles. Ons soek jou nou nog as ons almal bymekaar is - en dit sal nie verander nie. Mis jou baie.
April 24, 2015
April 24, 2015
My engelkind, vandag is jy al 5 jr by Jesus, verlang so na jou, sien so uit na die dag wat ons wee almal saam sal wees. Lief jou vir altyd.xxx
February 25, 2015
February 25, 2015
Jaco ek is daggie laat, maar liewer laat as nooit. Jou boetie Christof het sommer namens jou vir my hehehe gesê met verjaardag. Ek glo jy leef saam hom in een gees, want daar sal nooit skeiding tussen julle twee wees nie. So glo ek jy ondervind dieselfde by Jesus. Ons ander mis jou want ons sien menslik net een maar beleef jul altwee in hom. Liefjulle xx
February 24, 2015
February 24, 2015
My liefste seuntjieskind, vandag jou en boeta se 25ste verjaarsdag, jou plekkie sal altyd leeg bly, ons mis jou oneindig baie. Jy moet 'n great bday saam Jesus en pappa Tobie he, lief jou vir altyd.xxx
December 23, 2014
December 23, 2014
My engel seuntjieskind, die tyd van die jaar is verlange soveel meer, jou plekkie bly maar net leeg! 'N mamma hart sal seker nooit weer dieselfde wees nie, glo jy en pappa Tobie is so gelukkig saam. Mis jul vreeslik baie, lief jul altyd.xx
July 29, 2014
July 29, 2014
Jaco - mis jou vandag. Wil so graag met jou deel dat Christof die naweek hier rugby speel, by die stadion. Dis vir ons 'n groot oomblik en ek glo vir hom nog groter. Hy sou dit verseker meer graag met jou wou doen aan sy sy, maar ons glo dat jy ook daar sal wees.
May 5, 2014
May 5, 2014
Uiteindelik kan ek wee ietsie skryf, wou graag op jou bday boodskappie stuur maar ek weet jy was hier saam boeta gewees, verlang so na jou.
April 25, 2014
April 25, 2014
Jaco - vandag voel ek soos hierdie website sê. Forevermissed. Jy was gister reeds vier jaar by Jesus en ons mis jou steeds. Sal altyd. Ons vier hierdie naweek jou ma se 50ste verjaardag en jou plek sal verseker leeg wees. Eintlik moet ek sê ons vier jou 4de jaar by Jesus! Baie lief vir jou.
April 10, 2014
April 10, 2014
Jaco, ons was vandag by 'n begrafnis van 'n jong vriend, dit het my so baie na jou laat verlang. Sal jou altyd mis. Lief vir jou.
February 24, 2014
February 24, 2014
DInk so baie aan jou vandag Jaco. Sal jou altyd mis.
November 11, 2013
November 11, 2013
Jaksie, vroeer vandag wee gehoor van iemand wat oorlede is, net weereens besef hoe kort die lewe is, ons moet elke dag ten volle leef nes jy gedoen het. Mis jou oneindig baie, lief jou altyd.xx
November 9, 2013
November 9, 2013
Jakes weni hkm ni ma vandag dink ek bja an j verlang na ns kuiers katekwaad en partykeer net plain weg stoutgatgyt!!!!!! Jy sali glo hu bja christof soos jy geraak het ni elke keer as hy lag sien k so bja van j net ni heeltemal so windgat ni!!!! Weet somer j hou almal da bo op hul toone!!! Mis j bja m ou vrind
August 7, 2013
August 7, 2013
Jaco - dis reg soos jou ma sê - ons gaan kuier en weer mooi herinneringe opbou. Ons sal jou nie vergeet nie en jy is altyd in die gees saam met ons. En ook jou pa! Ons mis julle en bly lief vir julle.
August 6, 2013
August 6, 2013
My liefste seuntjieskind, hierdie naweek wee familie saamtrek, my herhinnering van vorige familie kuier by Ons Plek is net hartseer, maar ek glo ons gaan die naweek weer nuwe herhinneringe van liefde en geluk met ons saamvat huistoe, weet in gees is jy en pa Tobie saam ons. Verlang so baie na jou, lief jou.xx
May 10, 2013
May 10, 2013
"Vanoggend terwyl ek "wheatbix" eet en Chanique saam my toe dink ek terug aan die tweeling wat die topeters van wheatbix eet was, en nou is chanique net so lief daarvoor. Ek onthou Mamma my vertel hoeveel bokse sy 'n maand moes koop, want dit was more. middag en aand ete .Ons verlange en weemoed groot, maar Jesus troos ons, want ek weet as boeta wheatbix eet, eet hy nog saam jou. liefjou.
April 24, 2013
April 24, 2013
My liefste seuntjieskind, vandag is jy al 3 jaar by Jesus, tyd stap so vinnig aan, voel nog soos gister, wens jy was nog hier, maar ek weet jy is gelukkig waar jy nou is, ons kan nie wag om jou weer te sien nie. Lief jou vir altyd. Mamma xxx
April 24, 2013
April 24, 2013
Jaco, die tyd gaan verby en die seer word ligter maar jou plek bly leeg. Ons sal altyd na jou verlang. Lief vir jou.
March 18, 2013
March 18, 2013
Jaco het so lanklaas 'n boodskappie gelos, maar weet net jy is nog altyd in ons harte. Ons was Vrydag by 'n vriend se begrafnis wat ook in 'n motorfiets ongeluk was, en dit was so hartseer, ek het jou sommer ekstra gemis. Jy sal altyd in ons harte en gedagtes wees. Lief vir jou. xxx
March 13, 2013
March 13, 2013
My liefste seuntjieskind, het so lanklaas 'n boodskappie geskryf, het nou nou foto's van boeta se rugby wedstryd gekry, op een van hul lyk hy nes jy, glo jy maar nog altyd in gees saam met hom op daardie veld, sjoe, toe verlang ek so na jou. Lief jou vir altyd. Mamma xxx
March 1, 2013
March 1, 2013
Jaco - jul verjaardag is pas verby en ek het so aan jou gedink. Ons het Christof gebel maar die leemte is altyd daar. Jy bly in ons harte.
July 30, 2012
July 30, 2012
My liefste seuntjieskind, dink vandag weer so baie aan jou, kan nie glo die tyd stap so aan nie. Het gisteraand 'n hartseer fliek gekyk oor iemand wat 3 wense gehad het voordat sy hemel toe is, wonder wat sou joune wees.... Luan word Sondag gedoop, weet in gees sal jy dit met ons deel. Lief jou baie!! Mamma xxx
July 30, 2012
July 30, 2012
Jaco het vandag aan jou en Nico gedink, want die 7de Augustus is Nico ook 2 jaar van ons weggeneem, onverwags, maar ons berus. Die mooi herinneringe sal altyd daar wees, en julle altyd mis, veral met spesiale geleenthede waar julle plekkies leeg is. Liefde Tannie Hannie
June 12, 2012
June 12, 2012
Jaco, ek dink so baie aan jou, ons mis jou ongelooflik baie !!!!!! Al skryf ek nie gereeld 'n boodskappie nie, moet jy net weet jy is altyd in my gedagtes. Lief vir jou. xxxx
April 25, 2012
April 25, 2012
My liefste seuntjieskind, gister was jy al 2 jaartjies by Jesus, ons was gister by Bertus se pa se begrafnis, ek het weereens die versekering gekry dat jy nie met ons sal wil plekke ruil nie, weet jy is gelukkig waar jy is en kan nie wag om jou weer eendag te sien nie. Lief jou vir altyd. Mamma.xxx
April 24, 2012
April 24, 2012
Nog "n jaartjie verby... En nog steeds voel dit jy is nog hier iewers, so al sien ons jou nie is jou teenwoordigheid nog steeds in ons midde en ek glo daar waar jy by Jesus is voel jy ook so net jy is by die saligheid van ons Hemelse Vader en baie gelukkig om aan Sy sy te wees. Ons verlang maar berus. Liefde Tannie Hannie
April 24, 2012
April 24, 2012
Jaco - al gaan die tyd verby bly dit voel soos gister. Vanoggend het ek geweet dat vandag nie lekker gaan wees nie en toe ek besef dis reeds twee jaar was dit 'n skok. Ons mis jou! Jesus het ons bederf met Mardi se seuntjie en ek glo jy weet hoeveel hy vir almal beteken. Mis jou.
March 7, 2012
March 7, 2012
Hi Jaco, ek het so lanklaas net hallo gesê, maar ek weet, jy weet ek verlang baie na jou. Onthou ek lief jou baie, en kan nie wag om jou eendag weer te sien nie. Ek het vandag oulike fototjies van Luan geneem, en deur my hart e-mail ek hulle vir jou. Wys vir Oupa Tobie en Oom Poen ook. Julle sou die oulike mannetjie op gesoen het. Jy is altyd in my hart!
February 24, 2012
February 24, 2012
Jaco - baie geluk met jou verjaardag. Ek glo dat jy elke oomblik by Jesus geniet. Ek dink vandag aan jou en weet jy is gedurig in my hart en gedagtes. Mis jou baie!
February 24, 2012
February 24, 2012
My liefste seuntjieskind, vandag is jul verjaarsdag, hoop jy het 'n wonderlike daggie by Jesus se voete en saam Pa Tobie, ons mis jou vreeslik baie. Lief jou vir altyd. Mamma xxx
February 24, 2012
February 24, 2012
Sussa het toe die mooiste ou seuntjieskind by Jesus gekry, ek weet hy is met 'n spesiale doel vir ons gestuur, hy gaan so bietjie van ons seer wegvat en glo my hy het klaar 'n spesiale plekkie in ons almal se harte, lyk nogal baie soos jy en boeta toe jul babatjies was.xx
February 24, 2012
February 24, 2012
Jaco het my amper twee jaar gevat om vir jou te skryf vandag. Verjaar lekker saam met pappa en Jesus vandag. Jou sus se klein Luan is te pragtig seker hy gaan in sy oom se spore volg.Ek dink so baie aan jou as ek Ethan en Bijone sien. Mis jou baie. xxx
February 24, 2012
February 24, 2012
"Jaco" vandag is weer 'n dag van mooi herinneringe, alhoewel ons harte seer is en verlange groot weet ons jy is vandag stralend gelukkig want jy hou jou verjaardag saam Pa Tobie en Jesus. Ons mis jou baie veral met Luan wat bygekom het in jul kringetjie, weet Mardi sal hom elke dag vertel van haar boeta. Tot weersiens, Tannie Hannie"
January 26, 2012
January 26, 2012
Liefste seuntjieskind, Jesus gee vir sussa 'n seuntjieskind, ons is so bly,miskien kry jy en boeta 'n verjaarsdag geskenkie... Het van jou gedroom, jou saam met Pappa Tobie gesien, jul sit langs mekaar, arms ingehaak, elkeen met 'n groot glimlag. Ek is so bly jul is bymekaar. Verlang vreeslik na jou, lief jou vir altyd.xxx
November 8, 2011
November 8, 2011
My liefste seuntjieskind, verlang baie na jou, Tiaan le nou in hospitaal, stukkend geskiet, maar Jesus het hom 'n 2de kans gegee, wonder veral nou hoekom kon hy nie vir jou ook nog 'n kansie gee nie, maar ons mag nie daaroor wonder nie, dit was Sy besluit om jou daar by Hom te he. Sien jou wel weer eendag. Lief jou vreeslik baie.xxx
November 6, 2011
November 6, 2011
Jaco Leen dink nog elke dag aan jou! Verlang so baie!!!! Jou plekkie bly leeg hier in my hart, ek weet waar jy is, maar dit is net 'n troos vir my! Tiaan se dinge laat my so baie aan jou dink, oneindig lief vir jou!!! Lovies Leen.
xxxxxxxxxxxx
October 20, 2011
October 20, 2011
Jaco ek was weer in die argiewe vanmore en op fototjies van jou en Christof afgekom, toe is die verlange daar, maar ons weet jy is wel daar by Jesus, ons mis jou veral as ek by Mamma hul kom en jou plekkie leeg daar. ons berus want ons weet waar is jy, jy nie weg maar veilig. ...
Page 1 of 5

Leave a Tribute

Light a Candle
Lay a Flower
Leave a Note
 
Recent Tributes
April 25, 2023
April 25, 2023
Jaco, soms gaan daar soveel wonders deur my gedagtes. Waar sou jy vandag gewees het? Sou jy getroud gewees het? Sou jy kinders gehad het? Waar sou jy gewerk het? Jy word nooit vergeet nie en ons onthou jou altyd!
April 25, 2022
April 25, 2022
Jaco, en hier is nog 'n jaar verby. Ons mis jou en verlang na jou. DInk so baie aan jou. Veral as ons Christof sien en dan mis ons julle twee saam. Ons familie saamtrekke het stil geword. Mis jou altyd.
April 25, 2021
April 25, 2021
Jaco hier staan ons al by elf jaar wat jy skielik van ons weggeneem is. Dit is elf jaar van seer wat seker nooit sal genees saam mert die mooi herinneringe tot daardie noodlottige aand. Maar ons weet daar by Jesus het jy net gegroei as een van sy kinders wat Hy so nodig gehad het. Sal jou altyd mis want jou plekkie leeg by ons. Tot ons weer ontmoet.
Recent stories

to be missed

December 22, 2014
You Will Be Missed      Saying goodbye
Was the hardest thing to do
I never thought I would
Especially not to you.

You always listened
And knew what to say
Knew when to give a hug
When I was having a bad day.

No one will ever take your place
I can always promise you this
It's hard to find someone like you
So know you'll always be missed

Missing you.....

February 28, 2011

 

I feel sometimes like I've truly lost my way.
Sometimes it's hard to make it through the day.

When I have the chance to sit and think.
I stare ahead and never stop to blink.

My heart is loudly crying out for you.
My soul is crying out for love so true.

I don't know how I've made it this long.
I don't know how I've stayed so strong.

I guess I am waiting for the day.
When all of my pain will go away.

Visvang

January 4, 2011

Vandag wil ek jou vertel van Christof se groot vis.  'n Vis wat nie sommer van die kant (dis blykbaar hoe die branders genoem word) gevang word nie.  Dis 'n roofvis wat ongeveer 5km in die see in gevang word.  Wel jou Boeta het dit reggekry om die Dourado uit te trek.  Ek wens jy kon sy gesig sien.  Dit was die hoogtepunt van sy vakansie.  Ek glo hy sou dit so graag met jou wou deel.  Miskien was jy by hom toe hy die vis gevang het, miskien was jy saam met hom opgewonde, miskien was jy saam met hom baie bly.  Ek glo so!  Ek glo jy was elke dag saam met hom op vakansie en ook met ons.  Ons het lekker gerus en jou baie gesoek en gewonder en hartseer gewees, maar ook dankbaar omdat ons weet dat jy by Jesus is en dat jy tyd met jou PA spandeer.  Jou visvang maat was alleen hierdie jaar maar ek weet sy juig oor die GROOT vis het hy met jou gedeel! 

Invite others to Jaco (Jakkals)'s website:

Invite by email

Post to your timeline