ForeverMissed
Large image
This memorial website was created in memory of our loved one, Jaco (Jakkals) de Jager, 20 years old, born on February 24, 1990, and passed away on April 24, 2010. We will remember him forever.
October 19, 2011
October 19, 2011
Jaco vandag is die eerste keer wat ek op die site kan inkom om vir jou te sê hoeveel ek jou mis! Op die 24ste is dit al 1 en 'n halwe jaar sonder jou, en ek sukkel nog elke dag om my hart se stukkies bymekaar te hou! Ek mis jou elke dag, en is oneindig lief vir jou, Leen xxx
August 12, 2011
August 12, 2011
Liefste seuntjieskind, ons het goeie nuus, sussa gaan babatjie kry, glo jy weet dit, weet jy sou net so bly gewees het soos boeta, hy hoop natuurlik dis 'n seuntjie. Jou grafsteen word vlg opgesit, hoop jy gaan daarvan hou. Verlang na jou, lief jou vir altyd.xxx
July 28, 2011
July 28, 2011
Jaco - en so gaan die tyd verby. Ek kan nie glo hoe vinnig die maande aanstap nie. Ons mis jou en verlang na jou. Dis moeilik om Christof alleen te sien, en dan soek ons die heel tyd na jou. Gelukkig kan ons weet dat ons jou wel weer sal sien.
June 14, 2011
June 14, 2011
My liefste seuntjieskind, ek sukkel so om boodskappie vir jou te skryf, die website is vol nukke. Het jou so gemis in Phuket, elke dag gewonder hoe sou dit wees as jy ook saam ons daar was, sou beslis ook lekker stout gewees het saam die ander manne.
June 14, 2011
June 14, 2011
Verlang oneindig baie na jou, ek leef vir die dag wat ek jou weer gaan sien, om weer daardie stoute bruin oe te kan sien en jou lawwe laggie te kan hoor. Lief jou vir altyd.xxx
June 14, 2011
June 14, 2011
Baie dankie dat jy so nou en dan vir my "Hallo Ma" se deur boeta, as ek hom bel is dit soms jou stem wat vir my "Hallo" se, net soos jy dit kon gedoen het. Lief vir jou.xxx
June 14, 2011
June 14, 2011
Die verlange na jou is groot, maar in ons harte is vrede vir die voorreg wat jy en ander jongmense het om so vroeg in jul lewe by Jesus se voete te kan sit. die hoekoms en waaroms bly by ons, maar eendag sal ons dit verstaan. Mis jou baie liefde Tann
May 23, 2011
May 23, 2011
Jaco - jy is maar altyd hier by ons. Jou merkie het jy in en op elkeen van ons gelos, ons mis jou, maar in dieselfde oomblik weet ek ook dat jy veilig is by Jesus.
May 21, 2011
May 21, 2011
Hey boeta mis jou baie...Christof is oppad Phuket toe ek weet sommer hy sou jou so graag saam hom daar wou gehaat het maar jy is nog altyd by hom!!Lief vir jou veraltyd.xxx
May 10, 2011
May 10, 2011
Mis jou vandag weer baie boeta!!Baie lief vir jou en jy is altyd in gedagtes!!XXX
April 25, 2011
April 25, 2011
Vinnig het die tyd gegaan...glo nie een van ons kan verstaan..jy was nog met ons...en toe..skielik kom die tyding...ons moes afskeid neem..Jesus het jou kom haal..groot was ons seer...maar..ons weet eendag sien ons weer..ons verlange groot.
April 25, 2011
April 25, 2011
Jakkals my hartjie was gister baie seer, ekt heeldag an jou gesit en dink!! Ek mis jou baie ek weet ek sal jou eendag weer sien, maar dit maak nog steeds seer!!Lief jou baie xxx
April 12, 2011
April 12, 2011
Jaco - dit bly maar onwerklik dat jy nie meer met ons is nie, maar ons berus by Jesus is jy veilig, nooit weer sal daar pyn en seerkry wees....ons mis jou baie maar daar sal eendag 'n weersiens wees waarna ons almal uitsien. lief jou Tannie Hannie
April 9, 2011
April 9, 2011
Hey my boeta ek verlang vandag vrek baie na jou ek kannie ophou om aan jou te dink nie, ek wens jy was nog hier sodat ek met jou kan praat!!!! Ek is baie lief vir jou en mis jou baie!xx
March 28, 2011
March 28, 2011
Hello ou jakkals.. Ons mis jou baie.. Jy sal vir altyd en altyd in my hartjie bly.. Is baie lief vir jou.. Ek kan onthou wat was jou laste woorde aan my wens jy kon dit nog n keer vir my gese het.. Ek weet jy is nog steets gelukkig waar jy is.. Mwa x
March 24, 2011
March 24, 2011
My liefste seuntjieskind, vandag is jy al 11 maande by Jesus, maar dit voel nog soos gister wat jy weg is, ons verlang so bitter baie na jou, wens ek kon jou nog net een drukkie gee....kan nie wag om jou weer te sien nie. Lief jou vir altyd. Mamma xx
February 28, 2011
February 28, 2011
Liefste seuntjieskind, vandag het Mamma eers moed om vir jou 'n boodskappie te skryf, jul verjaarsdag was net te hartseer, die verlange was net te veel. Die partyjtie was baie lekker, weet jy was saam ons daar, so trots op sussa en boeta se praatjies, hul is so lief vir jou en verlang net so baie na jou. Sit weer vir jou 'n gediggie ook in. Lief jou vir altyd!xxx
February 24, 2011
February 24, 2011
Jaco, al het ons nie baie met mekaar te doen gehad in jou lewe nie, dink ek tog vandag aan jou en Cristoff...
en ek weet almal gaan jou stoute laggie mis Saterdagaand met julle partytjie, maar ek glo in die gees gaan jy daar wees. Marie, Mardi Christoff ek dink aan julle en ek weet julle sal krag kry van Bo om hierdie dag deur te maak!! Cristoff baie geluk met jou b'day!! Liefde Tannie Gerrie
February 24, 2011
February 24, 2011
Jakkals vandag is 'n groot dag ek weet jy sal vandag heeltyd by jou boeti wees!! Ons mis jou baie ek dink al heeldag aan jou, maar in gees is jy by ons ek weet jou daggi gaan net so lekker wees soos stof sin!!! Lief jou baie boeta xx
February 23, 2011
February 23, 2011
Jaco - ek weet jy en Christof is hierdie week in ons almal se gedagtes omdat ons weet hoe groot hierdie verjaardag vir jul sou wees. Ons kan jou nie vergeet nie en my hart gaan uit na Christof en ook jou ma en Mardi. Ek weet hoe moeilik dit vir ons is en kan net dink hoe moeilik dit vir hul moet wees. Ek glo jy weet van elke emosie en verlange hier en jy weet dat ons jou mis.
February 23, 2011
February 23, 2011
Jaco - jul verjaardag sal altyd saam gevier word en dit maak nie saak dat jy in die hemel is en Christof hier by ons nie, dit sal altyd JULLE verjaardag bly. Jy en Christof is en bly vir ons die tweeling en baie baie spesiaal. Hy staan sy plekkie vol, jou plek het jy reeds volgestaan. Ons lief vir jul albei!
February 23, 2011
February 23, 2011
Jaco my "Bokkie" ons mis jou so ongelooflik baie, en met JULLE spesiale verjaarsdag om die draai, is hierdie vir ons almal 'n moeilike tyd, veral vir Christof, jou Ma en Mardi, jy moet net weet ons ALMAL mis jou VREESLIK baie my "Bokkie". Lief jou vir altyd. xxx
February 23, 2011
February 23, 2011
Jaco!We miss you, man! More is jul verjaardag en alhoewel jy nie meer in vlees saam ons is nie ken ons jou goed genoeg om te weet dat jy nie so jol sal misloop nie! En buitendien, eks seker jy hou nog al die pad jou ma, Mardi en Stoffel se hande styf vas deur hierdie donker tyd. Jy het n stukkie van jou hart in ons almal gelos en dit maak als darem so bietjie makliker. Jy moet lekker verjaar more!
February 23, 2011
February 23, 2011
Jaco more gaan vir ons almal 'n baie SPESIALE dag saam jul "DIE TWEELING" wees, alhoewel jy nie meer met ons is, sal jy altyd vir ons aan Christof se sy bly. Hartseer sal ons wees, jou plekkie leeg, en op hierdie spesiale dag wat jul twee saam sou vier, bring ons dank aan Jesus vir twee sulke spesiale seuns, waarvan Hy jou net vroeër op Sy trein gelaai het, om Sy heerlikheid te geniet.Mis jou baie
February 23, 2011
February 23, 2011
Ons weet dat jy gelukkig is . Jou sterretjie sal altyd bly skitter . Ons mis jou vriendelike gesiggie .

Tannie Ronel , Delre , Roan en Robs
February 21, 2011
February 21, 2011
Liefste seuntjieskind, die week het aangebreek, Saterdagaand hou ons jul 21 st partytjie, maar eers moet ek deur Donderdag kom, jul verjaarsdag,weet nog nie hoe, maar ek glo Jesus sal my krag gee, wens so jy was hier.... mis jou oneindig baie!xxx
February 10, 2011
February 10, 2011
Hey boeta ek dink baie aan jou en wens ek kon jou 'n drukkie gee!!! Ek mis jou verskriklik baie...lief jou xxxx
February 10, 2011
February 10, 2011
My liefste ou seuntjieskind, ek kan party dae nog steeds nie glo jy is nie meer hier nie, ons is besig met reelings vi die partytjie, jy gaan ook 'n ereplekkie daar he, gaan 'n mooi foto met 'n kers spesiaal vir jou aansteek, en vir jou 'n spesiale liedjie speel, en ek weet sommer jy gaan in gees saam met ons daar wees, wens net jy kon nog hier wees om dit saam met ons te geniet. Lief jou altyd.xx
February 2, 2011
February 2, 2011
Jaco - ons was hierdie naweek op 'n vroue kamp - ek en jou ma en nog vriendinne - ons het weer soveel geleer van God. Dis spesiaal om te weet dat jy al hierdie dinge waarvan ons leer en droom reeds ervaar.
January 26, 2011
January 26, 2011
Boeta ek mis jou onbeskryflik baie!!! Ek wens jy was hier maar ek weet jy sal veraltyd by my wees...Baie lief vir jou xxx
January 26, 2011
January 26, 2011
Jaco ek nou gelees dat Mamma hulle besig is met reëlings vir Christof se 21 ste verjaardag, dis moeilik om daaroor te praat, ons was gewoond aan die tweeling se saamdoen goete, verjaardae, maar ons weet jy gaan saam Christof jul 21 verjaardag vier by Jesus,. Nico het sy 21 ste ook by Jesus gewees....ons verlange groot maar julle word nie vergeet nie, sal altyd lief wees vir julle Tannie Hannie
January 26, 2011
January 26, 2011
Ek het gisteraand 'n please call me van jou af gekry, was vir my so aardig, dit was boeta wat jou sim kaart moes gebruik want hy het sy foon by een van sy vriende vergeet,moes vanoggend jou naam op my foon bel om hom wakker te maak, dink net hoe lekker sou dit wees as daar telefone in die hemel was, ek sou jou elke dag gebel het. Mis jou, lief jou.xxx
January 24, 2011
January 24, 2011
My liefste ou Jaksie, vandag is jy al 9 maande by Jesus, maar ek mis jou nog geensins minder nie, party dae voel dit of die verlange net te veel word en dan wil ek sommer net moed opgee met alles, maar dan dink ek aan almal wat nog hier by my is dan gee dit my weer nuwe moed en krag om aan te gaan. Verlang baie na jou, lief jou vir altyd en altyd. Mamma xxx
January 24, 2011
January 24, 2011
Nog gou ietsie deel, ek kon nog nie jou nommer van my foon afhaal nie, het nog jou laaste Please call me's net so op my foon. Moes vir Jorine van Christof se baba foto's gee vir jul 21st, dit was so moeilik want op al jul foto's was dit julle tweetjies, maar dis hoe dit hoort. Lief vir jou!xxx
January 18, 2011
January 18, 2011
Jaco - ek het vanoggend jou nommer van my foon delete. Dit was nogal moeilik en met oomblikke voel ek skuldig maar ek weet dis net aardse nommers. Jy het lankal nie meer jou selfoon en jou nommer nodig nie. Jou gees is waar jy moet wees en jy kommunikeer soos ons nie hier kan verstaan nie. Jy bly 'n spesiale persoon in my hart - ek het nie die nommer op my foon nodig om jou te onthou nie.
January 16, 2011
January 16, 2011
My ou liefste seuntjieskind, ons is besig met partytjie reelings vir jul 21st, opgewonde vir boeta se part maar so hartseer dat jy nie ook kan deel in die reelings nie, wou dit so spesiaal gemaak het vir jul albei, maar ek weet in gees is jy saam met ons. Lief jou! Mamma xxxx
January 15, 2011
January 15, 2011
Hey my boeta vandag dink ek weer baie aan jou!! Dit amper my b-day en jyt nog gêse jy gaan my uit vat vir my 1ste keer maar, ek weet jy gaan saam my daar wees!! Ek mis jou regtig baie my boet!! Lief jou baie!xxxx
January 15, 2011
January 15, 2011
Dis saterdagaand, dis verlangtyd want dit is mos familie kuiertyd, verlang jul seuntjies baie...veral jul lekker lag en vrolikheid...tussen die kuier is daar tog heimwee want die kringetjie is nie meer volmaak nie, maar eendag sal ons kringetjie volmaak wees by Jesus. mis julle baie...liefjou Tannie Hannie
January 6, 2011
January 6, 2011
My liefste seuntjieskind, ons het 'n heerlike vakansie gehad, jou baie gemis, glo jy was by toe boeta daardie groot vis gevang het, dit was beslis die hoogtepunt van sy vakansie. Lief jou vir altyd!xxx
January 4, 2011
January 4, 2011
Boeta ek mis jou vriendelikheid, jou glimlag en jou grappies...ek sal dit nooit vergeet nie!!! Ek dink baie aan jou en wens jy was hier!!! Baie lief vir jou!xxx
January 4, 2011
January 4, 2011
Jaco - jy was so baie in ons gedagtes hierdie vakansie en ons het jou gemis. Dit sal altyd vreemd wees sonder jou - jy is so deel van ons. Maar ons weet dat jy by Jesus is en dit is wat vir ons vrede gee. Ons mis jou egter elke dag.
December 26, 2010
December 26, 2010
Jaco wens ons kon sien hoe jy en Nico saam Jesus se geboortedag aan sy voete vier... ons harte seer, verlange groot, maar julle baie bevoorreg om by Jesus te wees. Mis julle baie liefde Tannie Hannie
December 24, 2010
December 24, 2010
Op hierdie Oukersaand is dit presies 8 maande wat jy al by Liewe Jesus is. Ek glo dat jy n' wonderlike Kersfees saam Jesus en die Engele daar bo sal vier en dat jy omring word deur God se vreugde en geluk. Woorde sal nooit kan beskryf hoe baie ek na jou verlang nie, ek sal jou kosbare glimlaggie vir altyd met my saam dra. Lief vir jou!!!
December 16, 2010
December 16, 2010
Hey my boeta ek sit nou en dink daaraan hoe lekker dit sou gewees het as jy saam op vakansie gegaan het!! Ek wens jy kon saam maar in ons hartjies is jy by ons!! Ek mis jou regtig baie...lief vir jou boeta!!
December 8, 2010
December 8, 2010
Jakes vandag mis ek jou weer so baie, en wens jy was hier, maar jy is gelukkig en dit is al wat tel! Wens ek kon jou nou 'n stywe drukkie gee!! Lief vir jou XXX
December 8, 2010
December 8, 2010
My liefste Jaksie, ons vakansie kom nou vinnig nader, jou plekkie gaan leeg wees maar ek dink ek gaan daar soveel nader aan jou voel, langs die see voel dit vir my altyd asof ek nader aan die hemel is, dis een van die wonderlikse plekke van die skepping. Verlang na jou, lief jou vir altyd. Mamma xxx
November 24, 2010
November 24, 2010
My ou seuntjieskind, vandag is jy al 7 mnde by Jesus, voel nog so onwerklik vir my, verlang vreeslik baie na jou. Lief jou vir altyd! Mamma xxxx
November 18, 2010
November 18, 2010
ai Jakkals...mis jou vreeslik bja vandag...dink heeltyd aan jo! ma j is op 'n beter plek nou...lief jo bja para...***
November 18, 2010
November 18, 2010
Sjoe , die tyd loop so vinnig , die jaar is verby . Jou vriendelikheid sal altyd by ons bly en as ons in die aande opkyk na die Hemel weet ons jy is n sterretjie wat skitter .
Baie Liefdetjies
Tannie Ronel en kids en natuurlik Robs ook .
November 15, 2010
November 15, 2010
Liefste seuntjieskind, ons was die naweek Badplaas toe, hele gesin, Marissa was ook saam, maar jou plekkie was leeg. Verlang vreeslik baie na jou. Lief jou vir altyd, kan nie wag om jou weer te sien. Mamma xxxx
Page 1 of 5

Leave a Tribute

Light a Candle
Lay a Flower
Leave a Note
 
Recent Tributes
April 25, 2023
April 25, 2023
Jaco, soms gaan daar soveel wonders deur my gedagtes. Waar sou jy vandag gewees het? Sou jy getroud gewees het? Sou jy kinders gehad het? Waar sou jy gewerk het? Jy word nooit vergeet nie en ons onthou jou altyd!
April 25, 2022
April 25, 2022
Jaco, en hier is nog 'n jaar verby. Ons mis jou en verlang na jou. DInk so baie aan jou. Veral as ons Christof sien en dan mis ons julle twee saam. Ons familie saamtrekke het stil geword. Mis jou altyd.
April 25, 2021
April 25, 2021
Jaco hier staan ons al by elf jaar wat jy skielik van ons weggeneem is. Dit is elf jaar van seer wat seker nooit sal genees saam mert die mooi herinneringe tot daardie noodlottige aand. Maar ons weet daar by Jesus het jy net gegroei as een van sy kinders wat Hy so nodig gehad het. Sal jou altyd mis want jou plekkie leeg by ons. Tot ons weer ontmoet.
Recent stories

to be missed

December 22, 2014
You Will Be Missed      Saying goodbye
Was the hardest thing to do
I never thought I would
Especially not to you.

You always listened
And knew what to say
Knew when to give a hug
When I was having a bad day.

No one will ever take your place
I can always promise you this
It's hard to find someone like you
So know you'll always be missed

Missing you.....

February 28, 2011

 

I feel sometimes like I've truly lost my way.
Sometimes it's hard to make it through the day.

When I have the chance to sit and think.
I stare ahead and never stop to blink.

My heart is loudly crying out for you.
My soul is crying out for love so true.

I don't know how I've made it this long.
I don't know how I've stayed so strong.

I guess I am waiting for the day.
When all of my pain will go away.

Visvang

January 4, 2011

Vandag wil ek jou vertel van Christof se groot vis.  'n Vis wat nie sommer van die kant (dis blykbaar hoe die branders genoem word) gevang word nie.  Dis 'n roofvis wat ongeveer 5km in die see in gevang word.  Wel jou Boeta het dit reggekry om die Dourado uit te trek.  Ek wens jy kon sy gesig sien.  Dit was die hoogtepunt van sy vakansie.  Ek glo hy sou dit so graag met jou wou deel.  Miskien was jy by hom toe hy die vis gevang het, miskien was jy saam met hom opgewonde, miskien was jy saam met hom baie bly.  Ek glo so!  Ek glo jy was elke dag saam met hom op vakansie en ook met ons.  Ons het lekker gerus en jou baie gesoek en gewonder en hartseer gewees, maar ook dankbaar omdat ons weet dat jy by Jesus is en dat jy tyd met jou PA spandeer.  Jou visvang maat was alleen hierdie jaar maar ek weet sy juig oor die GROOT vis het hy met jou gedeel! 

Invite others to Jaco (Jakkals)'s website:

Invite by email

Post to your timeline