Tributes
Leave a tributeAnd memories a lane
We would walk all the way to Heaven
No farewell words were spoken
No time to say goodbye
You were gone before we knew it
And only God knows why
Our hearts ache in sadness
And secret tears still flow
What is meant to lose you
No one will ever know.
Leave a Tribute






23 Junie 2010:
Die lig van Sy liefde glim beter as dit skyn op droefheidswee, die las van sy arbied word ligter as ek buk om troos te gee.
Hemelse Vader, agter my lê 'n hele jaar uitgestrek...
Soms het jy nodig om tot stilstand te kom om jou siel te vind.
Soms het jy nodig om te huil
...oor wat jy verloor het & soms moet jy lag oor wat God vir jou wil gee.
Soms is die gisters vol hartseer maar die môres vol nuwe beloftes.
Soms moet jy leer dat God met liefde mense na jou stuur om jou lewe te verryk...
Marné dankie vir die manier waarop jy my lewe verryk het en aan my Hemelse Vader...
Dankie dit dit 'n jaar was wat ek heeltyd
U stem kon hoor, U hand kon voel
en geweet het in die stil van die nag...
U is daar.
Help my om liefde te leef,
vrede te beleef,
en 'n sukses te wees
omdat my eie brose hand stewig
in U deurboorde hand is
en my onseker oë
op U sekerheid gerig bly.
Dankie, grote God,
dat ek nie die res van my lewensreis
alleen hoef aan te pak nie,
maar dat U dit tree vir tree
saam met my sal loop.
Ek vertrou U vir elke dag...
heeljaar. AMEN
Mis jou ousus. Liefde Adell
Gerda Kruger: Afrikaans kan dit nie so mooi sê nie, daarom skryf ek dit in engels!
Flowers grow in Heaven, Lord, pick a bunch for us. Place them in our daughter's arms and tell her they're from us. Tell her that we love and miss her and when she turns to smile, place a kiss upon her cheek and hold her for a while. Because remembering you Marné is easy. We do it .....everyday. There's and ache within our hearts that will never go away.
Junie 22, 2010
April 22, 2010
Yolanda van Wyngaardt: Weet net, ek is verskiklik lief vir jou, jy was my maaitjie, raadgewer en sommer net sussie vriendin al die jare. So baie wou ek al in my kar spring en vir jou kom kuier, of wag ek dat jy hier moet stop na jou inkopie spree en dit ruk my elke keer. Die pyn sal nooit regtig weg gaan nie, maar mens leer om daarmee saam ...te leef. Ek sal altyd na jou verlang en jou mis. Baie geluk met jou 37ste verjaarsdag en ek weet sommer dat jy die lekkerste verjaarsdag daar in die hemel saam met Jesus sal vier want vir hom is jy een van sy blinkste sterretjies wat soveel mense se lewens aangeraak het hier op aarde. Nogsteeds en sal altyd lief wees vir jou. Jou ou kleinsus!Desember 14, 2009
Sussie, more is jou verjaarsdag, ek daar gaan nogsteeds nie 'n dag verby wat ek nie aan jou dink nie. Ek gaan more vir my 'n moerse sny koek en 'n koffie in die mall bestel, want ek weet jy was lief daarvoor. My hart is so seer dat ek nie vir jou persoonlik geluk kan se nie, maar ek weet in my hart dat jy my pyn voel... en rustig en vreedsaam is waar jy nou is. Om 'n sussie, veral een soos wat jy was, te verloor is seker een van die ergste dinge wat met iemand kan gebeur en daai gemis en gehunker kan jy vir niemand beskryf nie.Desember 13, 2009
Yolanda van Wyngaardt: Jissie sussie maar ek mis jou erg vandag. EK sien jou langs my sit en hoor hoe gesels jy met my asof dit soos in nou is. Dis so real, ek kan jou aanvoel. Mis jou... Adell du Plessis: Ek weet presies waarvan jy praat, ek het vandag dieselfde ervaring gehad! Asof sy vir my gesê het: Do not cry tears of sorrow for me any longer, instead cry tears of joy, be happy for me... want ek is by Jesus, wil nêrens anders wees nie.En vandag kan ek ook vir die eerste keer sê: Dis nou ok, sad en mis jou nog, maar dis ok.
November 26, 2009 at 8:36pm