Yolanda van Wyngaardt: Vandag is weer een van daai dae wat ek jou verskriklik mis. Mag die bliksem wat jou van ons af weggevat het so ontydig eendag brand in die hel for all eternity! Ek weet sonneblomme(dit was jou favourite) maak dinge nie beter nie, maar dit help die gemoed en ek weet jy waardeer dit daar waar jy uit die hemel op ons waa...k. 'n Mens besef nie wat iemand beteken totdat daar nie meer 'n kans is om die foon op te tel of om te kom hallo se nie. Dis so erg, ek was al so tempted om jou te bel, maar dan onthou ek weer, ek kan nie... Shit, dit maak seer en is soos 'n skok wat oor en oor kom en jou binneste deurmekaar gooi. Eendag sal ek jou weer sien, maar nou, nou mis ek jou so baie, as ek maarnet met jou kon praat. Al wat ek nou oorhet is memories... Ek sal jou altyd liefbly sussa.
April 22, 2010
Yolanda van Wyngaardt: Weet net, ek is verskiklik lief vir jou, jy was my maaitjie, raadgewer en sommer net sussie vriendin al die jare. So baie wou ek al in my kar spring en vir jou kom kuier, of wag ek dat jy hier moet stop na jou inkopie spree en dit ruk my elke keer. Die pyn sal nooit regtig weg gaan nie, maar mens leer om daarmee saam ...te leef. Ek sal altyd na jou verlang en jou mis. Baie geluk met jou 37ste verjaarsdag en ek weet sommer dat jy die lekkerste verjaarsdag daar in die hemel saam met Jesus sal vier want vir hom is jy een van sy blinkste sterretjies wat soveel mense se lewens aangeraak het hier op aarde. Nogsteeds en sal altyd lief wees vir jou. Jou ou kleinsus!
Desember 14, 2009
Sussie, more is jou verjaarsdag, ek daar gaan nogsteeds nie 'n dag verby wat ek nie aan jou dink nie. Ek gaan more vir my 'n moerse sny koek en 'n koffie in die mall bestel, want ek weet jy was lief daarvoor. My hart is so seer dat ek nie vir jou persoonlik geluk kan se nie, maar ek weet in my hart dat jy my pyn voel... en rustig en vreedsaam is waar jy nou is. Om 'n sussie, veral een soos wat jy was, te verloor is seker een van die ergste dinge wat met iemand kan gebeur en daai gemis en gehunker kan jy vir niemand beskryf nie.
Desember 13, 2009
Yolanda van Wyngaardt: Jissie sussie maar ek mis jou erg vandag. EK sien jou langs my sit en hoor hoe gesels jy met my asof dit soos in nou is. Dis so real, ek kan jou aanvoel. Mis jou...
Adell du Plessis: Ek weet presies waarvan jy praat, ek het vandag dieselfde ervaring gehad! Asof sy vir my gesê het: Do not cry tears of sorrow for me any longer, instead cry tears of joy, be happy for me... want ek is by Jesus, wil nêrens anders wees nie.
En vandag kan ek ook vir die eerste keer sê: Dis nou ok, sad en mis jou nog, maar dis ok.
November 26, 2009 at 8:36pm