Let the memory of Nicolaas Wilhelm (Nico) be with us forever
  • 20 years old
  • Born on September 25, 1989 .
  • Passed away on August 7, 2010 .
This memorial website was created in memory of our loved one, Nicolaas Wilhelm (Nico) Pentz 20 years old , born on September 25, 1989 and passed away on August 7, 2010. We will remember him forever.
Posted by Hannie Olwagen on 25th September 2018
Daar is groot heimwee en verlange na jou op jou 29ste verjaardag vandag Nico, maar weet God het jou kom haal om saam Hom te wees, waar vir ons elkeen 'n plekkie voorberei is. Mis jou baie seun, en nog altyd lief vir jou. Ouma xxx
Posted by Hannie Olwagen on 7th August 2018
Vandag al agt jaar wat jy so skielik uit ons lewens geruk is, maar ons weet God het 'n plan gehad vir jou lewe vorentoe sowel as vir ons wat agter gebly het, met al die oupas en oumas wat reeds saam jou daar is weet ons jul almal gelukkig om tuis te wees by Jesus. ons verlange groot maar sien uit na daardie weersiens eendag as ons tyd ook klaar is hier op aarde. Mis jou baie en nog altyd lief vir jou. Oumie xx
Posted by Hannie Olwagen on 25th September 2016
Nico ons dag is leeg sonder jou met jou verjaardag, maar ons weet jy vier jou 27 ste verjaardag waar jy graag sou wou wees. daarom berus ons maar met groot verlange na jou. Ons weet God se beplanning met jou was net om die beste vir jou te gee. mis jou baie... liefde Ouma
Posted by Hannie Olwagen on 15th March 2016
Vandag al meer as 5 jaar en 7 maande wat jy skielik uit ons lewens weggevat is Nico, maar vir ouma sal dit altyd soos gister voel, jou plekkie leeg en leemte sal altyd daar wees. Maar die gemoedsrus is ons weet waar jy is. mis jou baie. ouma gesels nog elke aand in bybel met jou, wil jou onthou soos ek jou die eerste keer gesien het. liefjou altyd oums xxxx
Posted by Hannie Olwagen on 7th August 2015
Nico die tyd het gevlieg. die 5 jaar voel soos gister, Maar die mooi herinneringe jou geaardheid, jou lag sal altyd bly. dit bly nog onwerklik maar ons weet jy leef 'n mooi lewe by Jesus, daarom het Hy jou kom haal om jou mooi by Hom te kom voltooi. Ons mis jou baie en verlange sal altyd daar wees. Liefjou altyd Oums x x
Posted by Hannie Olwagen on 25th September 2014
Nico... vandag al jou 25ste verjaardag jy al vier jaar weg van ons, maar Ouma kyk nog elke dag in Bybel jou foto en daardie blou laggende oë dan besef ek hoe gelukkig is jy waar jy by Jesus is, en dankbaar om te weet Jesus het jou gekies omdat jy 'n Jesuskind was, en Hy jou dalk seer op aarde wou spaar wat dalk op jou pad was in toekoms. Mis jou baie liefde Oumie xx
Posted by JOHAN PENTZ on 25th September 2014
Jou bday..... Dad mis jou erg my bul.
Posted by Hannie Olwagen on 7th August 2014
Nico, vier jaar is jy reeds weg van ons geneem, maar ons almal weet elkeen van ons maar net geleen, ons gedagtes dag na dag by jou, want ons weet om die Here se hand vas te hou. Weet jy veilig waar jy is, want dit gaan ook eendag ons plekkie wees om te rus. Mis jou baie, maar Ouma kyk elke dag jou foto in my Bybel. liefjou Oumie x
Posted by JOHAN PENTZ on 7th August 2014
AL 4 JAAR VERBY MY BUL. MIS JOU ELKE DAG AL HOE MEER.......
Posted by JOHAN PENTZ on 9th January 2014
Pa verlang jou erg my bul
Posted by Hannie Olwagen on 25th September 2013
Nico verlang en mis jou veral hierdie spesiale daggie van jou 24 ste verjaardag. Maar ek nie van dag met Dad daaroor gepraat want hy, Mamma en Kobus nog baie seer. Maar ons berus sal jou eendag weer sien Ouma se "grand" seun. Ek weet Jesus weet hoekom het Hy jou so vroeg in jou lewe kom neem, dit "n teregwysing ons is almal in Sy hande> Mis jou en lief jou baie ,,,Oumie xx
Posted by Hannie Olwagen on 8th August 2013
"Nico, daar alweer "n jaar verby, maar as ek in aand Bybel lees gaan ek deur al my foto's in Bybel, en as ek by joune kom voel dit of jy hier is, ek voel nog altyd jy is te vinnig weg, die afskeid te kort...maar ek gerus en weet jy by Jesus...mis jou baie ...liefjou baie Oumie"
Posted by Hannie Olwagen on 25th September 2012
ico nog 'n jaarjie verby sonder jou, mis jou en wonder hoe sou jy nou gelyk het en hoe ver sou jy al in jou werk gevorder gewees het, maar dit voel nog steeds jy maar hier by ons. Oumie sou vir jou lekker brekfis gemaak het vanoggend soos jy daarvan hou ag sommer hele paar eiers gebak het. Maar Ouma berus...glo my jy is op die lekkerste plek en sou dit nie wou ruil met ons nie. LIefjou x
Posted by Hannie Olwagen on 30th July 2012
Nico dis met groot hartseer en verlange hierdie tyd want die 7 de is jy al 2 jaar nie meer met ons nie. Ons gaan die 4 de saamkuier vir Kobus se 21ste verjaardag die 1 ste Augustus, maar ons harte gaan uit na jou toe want Ouma weet jou 21st was hoog uitstaande by Jesus. Ons verlang baie en mis jou geweldig maar die foto's help om met jou te praat. Lief jou baie Oumiexx
Posted by Hannie Olwagen on 24th April 2012
Ouma het hartseer opgestaan vanoggend want Jaco vandag al 2 jaar weg van ons en toe raak my verlange baie na jou ook. Maar..Ouma berus want ek besef Jesus het vir jou plekkie daar by Hom gereed gehad om jou besondere geaardheid te kan uitleef...eendag sien ons weer as ons werkie klaar is hier...mis jou lag...liefjou Oumie
Posted by Hannie Olwagen on 25th September 2011
"Nico...nog 'n b day sonder jou, maar Ouma berus, verlange groot as ek jou fotos kyk, aan jou sêgoed dink, die kreukels om jou oë as jy lag, dit..weet ek leef jy uit by Jesus, ek sien hoe Hy saam jou lag..dis my troos...mis jou baie sou jou net eenkeer nog wou sien..liefjou Ouma
Posted by Hannie Olwagen on 7th August 2011
Nico..snaaks presies 7 uur vanoggend het 'n e mail van forevermissed gekom om my te herinner vandag is jy 'n jaar weg van ons, dis presies die tyd 'n jaar gelede dat Oom Sarel Ouma laat weet het jy's weg...Ouma hartseer, verlang baie...mis jou verskriklik..lievjo Oums
Posted by Hannie Olwagen on 14th June 2011
Vandag is weer een groot verlang dag, wens ek kon jou smsie stuur. Wens ek kon die tyd terugdraai om meer tyd saam jou te kon spandeer, Ouma mis jou baie en die verlange groot...sou vir jou sommer baie meer brekfisse wou maak...lievjo Oums
Posted by Hannie Olwagen on 11th April 2011
"Nico....die tyd stap so vinnig aan, jy is amper nege maande weg van ons. dit voel soos gister, Ouma kyk elke dag vir jou in my Bybel en partykeer voel dit vir my jy kyk vir my, maar as ek jou glimlag sien weet ek ons moet berus jy is veilig by Jesus
Posted by Rene Marais on 9th April 2011
Rene Marais , Wow... ek kan dit nie glo nie. Ek dink vandag so terug aan wat van almal geword het. Dis 'n groot skok. MAAR EK WEET HY"S OP "N BETER PLEK. Lewe gaan darrem maar vinnig verby. Ek sal hom mis, het altyd 'n sagte plekkie in my hart vir ho
Posted by Hannie Olwagen on 26th December 2010
Nico.... gister was ons verlange baie groot....jou plekkie was leeg om die kersfeestafel. Maar Ouma het vertroostend geweet jy kry die grootste kersfeesmaaltyd wat ons net kan begeer..en dit was om aan Jesus se tafel te kon aansit. Mis jou laggie en daai plooitjies om die oë baaie...dis my troos as ek jou fotokie kyk jy het altyd gelag..van geluk. ons harte nog seer en verlange groot..lievjo Oumie
Posted by Hannie Olwagen on 29th November 2010
Nico....die tyd stap aan ..jy is al amper vyf maande weg van ons...dit voel vir Ouma of jy enige tyd hier kan instap...ons mis jou veral as ons vleisie braai...en daardie spesiale kuiertjies van jou ...jou Dad veral..ons kyk maar jou sterretjie daarbo..dit is die blinkste ...en wie weet dalk kyk jy vir ons ook...maar Ouma weet jy is baie gelukkig waar jy is...lief jou baie Oums
Posted by Hannie Olwagen on 13th October 2010
Nico....vandag is weer 'n groot hartseer dag vir Oums, vandag twee maande wat ons vir oulaas totsiens vir jou gese het, dit was Ouma se swaarste en hartseerste dag...veral toe jou Dad jou vir die laaste keer in die kis verby Ouma gestoot het, hy was stukkend...hy was so lief vir jou...hy,Mamma, Koos en Ouma was baie lief vir jou en mis jou verskriklik. lievjou baie Oums
Posted by Amor Pentz on 6th October 2010
Amor Pentz. Mamma verlang vandag baie na jou! Jyt altyd geglimlag, grappies gemaak en my geterg as ek so ernstig is. Mamma probeer regtig om nie so te stres nie. Boetie kan volgende jaar dalk Appie word by Eurosud maar ons wonder of hy nie eers maar matriek moet klaar maak nie. Jy sou dadelik 'n antwoord gehad het. Ek mis jou! Luv u Lots!
Posted by Hannie Olwagen on 1st October 2010
Nico....Oums se verlange vandag weer erg...jy is al amper twee maande nie meer met ons. ek was altyd so opgewonde as ek hoor jy kom kuier...jy het Ouma se brekfis so geniet...dit was so lekker om vir jou kos te maak....maar dit was 'n eer en voorreg...mis jou baie vanaand... liefjou Oums
Posted by Hannie Olwagen on 25th September 2010
Hey Nic....tani coils hie. Ai jong ek mis jo heavy. Veral vadag. Dis jo bday en amal loop met eina harte. Jys so skielik weg van ons, sonne 'n goodbye. Mis jo sê-goete, jo kuierkies en laggies met sikke skrefies oge. Sal jo altyt onthou soos jy was. Love u. Sal jo dad mooi oppas en seke maak hy vang ni "af" goete aan ni. O ja, ekt jo lankal vergewe vi dai onverwagse soen hoor. Happy bday xXx
Posted by Hannie Olwagen on 25th September 2010
"Nico - Ouma het vanoggend wakker geword met hartseer maar ook met blydskap. mis jou baie vandag baie, maar ons weet daar waar jy is het jy die allerbeste en mooiste dag wat ons hartseer in vreugde verander....sal altyd lief wees vir jou ...liefies Oumie
Posted by Daleen Hillicks on 22nd September 2010
Nico, ek ken jou ook nie en het jou maar een keer ontmoet en dis eers wanneer iemand so skielik van ons weggeruk word dat mens spyt is. Ek sou jou graag beter wou ken maar ek weet dat die mense wat naaste aan jou was jou baie liefgehad het. Ek glo jy is veilig in Jesus se arms en dan ontmoet ons weer wanneer my werk ook hier voltooi is.
Posted by Marie Nortje on 22nd September 2010
Nico, hierdie tannie ken jou nie regtig nie, maar baie van jou gehoor by ouma Hannie, ek het ook 'n liefste seuntjieskind net so oud soos jy wat ook daar by Jesus is, dis baie moeilik vir ons wat moet agterbly, ons mis jul vreeslik baie, maar troos ons daaraan dat ons jul wel weer binnekort gaan sien.
Posted by Hannie Olwagen on 22nd September 2010
Nico....Ouma verlang elke dag na jou...mis jou liefde en omgee vir Ouma."Ons moet partykeer mooi dinge in ons lewe laat gaan..want God het iets anders vir ons voorberei"...mis jou..liefjou baie Oumie

Leave a Tribute