Tributes
Leave a tributeLeave a Tribute
Nico se 22 ste b day...Ouma Hannie
" Vandag...sou jy 22 jaar gewees het, wens ek kon jou 'n b..day sms gestuur het in die hemel, maar dit moes in pienk gewees het, onthou hoe mooi jy in jou pienk T-shirt gelyk het met die blou oë en blonde hare, jou matriekafskeidspak, dit het so indruk op almal gemaak jy het "stunning" gelyk soos die Ingilse sou sê, en jy het nie die woord van Ouma verwag nie, maar....ek ken van dit veral as dit by jou kom...weet jy sou jou verkreukel het oor dit van Ouma af kom. Jy is vandag al een jaar, een maand en agtien dae weg van ons skielik in die vroeë oggendure ...kort voor jou 21ste verjaardag...maar voel nog elke dag asof jy net besig is met jou opleiding in die Lugmag, en jy sal skielik jou opwagting hier maak en sê jy met pas.....as Ouma net die voorreg kon had om net eenkeer jou gunsteling ontbyt ...eiers en roosterbroodjie kon maak...en jou dit smaaklik kon sien sit en eet...asof dit 'n koninklike gereg is.....maar ek berus, verstaan, glimlag....JY'S DAN BY JESUS...DIE BESTE PLEK...EK WEET JESUS BEDERF JOU VANDAG...WANT JY IS MOS SY KIND, JY WAS VIR ONS GELEEN VIR AMPER 21 MOOI JARE....HAPPY B-DAY NICO Liefde Oums
NIC
NICO SE UITPASSERING 23 JULIE 2009
DIT WAS SEKER DIE MOOISTE DAG IN MY LEWE SAAM MY KLEINKIND, SY PA, MA EN KOBUS. DIT WAS SPESIAAL ONS WAS SO TROTS OP HOM OM HOM SO FIER EN REGOP TE SIEN TUSSEN SY MAATS. EK GLO DIT WAS VIR HOM OOK 'N BELEWENIS WAT HY ALTYD SOU ONTHOU AS HY NOG MET ONS WAS. DIE GELUK IN SY OE EN SY GLIMLAG HET VIR ONS VERTEL WAT DIE DAG VIR HOM BETEKEN HET, DANK DIE HERE WAT HOM DIT GEGUN HET OM SO MYLPAAL IN SY LEWE TE BEREIK VOOR HY HOM KOM HAAL HET. ONS SALUUT HOM VIR SY DEURSETTINGSVERMOE OM NIE OP TE GEE NA DIE EERSTE PROBEERSLAG NIE, EN DIT WEER MET MOED AANGEPAK HET EN BEREIK HET WAT HY WOU. ONS DANK AAN DIE HEER VIR DIT WAT HY KON BEREIK HET. ONS ALMAL LIEF JOU BAIE NICO.....OUMIE
Kersfees sonder jou..
Nico....ons klompie was weer saam Kersfees...het jou geskenkie gemis oukersaand...jou laggie elke keer as jou naam gelees word vir 'n geskenkie al was dit hoe klein. Mamma en Koos was weer saam ons...Koos het elke keer "gepose" as hy geskenkie gekry het, Mamma en hy het vir jou Dad 'n bajonet wat Koos self gemaak het met jou naam op gegraveer en ,n groot foto van jou gegee, ons harte was baie seer... jou verskriklik baie gemis.....maar ons berus...en ons troos is by Jesus kan dit net lekker wees...geen pyn,...geen seer,...weet net ons almal baie, baie lief vir jou gewees. Lovies Ouma