ForeverMissed
Large image
This memorial website was created in memory of our loved one, Nicolaas Wilhelm (Nico) Pentz, 20 years old, born on September 25, 1989, and passed away on August 7, 2010. We will remember him forever.
October 13, 2021
October 13, 2021
Nico ja so was dit weer 'n verjaardag datum wat my nie ongesiens verby laat gaan het nie, maar met groot verlange en my stilwees in my hart met weemoed onthou is. Maar met al die herinneringe was die hartseer weer groot oor die jare wat jy alreeds by Jesus is. Die verlange sal nooit ophou nie maar hier diepbinne het ek vrede om te weet jy is veilig by Jesus. Sal jou altyd mis en verlang na al die mooi herinneringe. Lief vir jou Ouma.
September 26, 2019
September 26, 2019
Nico die herinneringsdatums sal altyd bly, want vandag die 25 ste is jy nog 'n verjaardag weg van ons, ons verlange en seer sal altyd bly, mis jou lag. liefde Ouma
September 25, 2018
September 25, 2018
Daar is groot heimwee en verlange na jou op jou 29ste verjaardag vandag Nico, maar weet God het jou kom haal om saam Hom te wees, waar vir ons elkeen 'n plekkie voorberei is. Mis jou baie seun, en nog altyd lief vir jou. Ouma xxx
August 7, 2018
August 7, 2018
Vandag al agt jaar wat jy so skielik uit ons lewens geruk is, maar ons weet God het 'n plan gehad vir jou lewe vorentoe sowel as vir ons wat agter gebly het, met al die oupas en oumas wat reeds saam jou daar is weet ons jul almal gelukkig om tuis te wees by Jesus. ons verlange groot maar sien uit na daardie weersiens eendag as ons tyd ook klaar is hier op aarde. Mis jou baie en nog altyd lief vir jou. Oumie xx
September 25, 2016
September 25, 2016
Nico ons dag is leeg sonder jou met jou verjaardag, maar ons weet jy vier jou 27 ste verjaardag waar jy graag sou wou wees. daarom berus ons maar met groot verlange na jou. Ons weet God se beplanning met jou was net om die beste vir jou te gee. mis jou baie... liefde Ouma
March 15, 2016
March 15, 2016
Vandag al meer as 5 jaar en 7 maande wat jy skielik uit ons lewens weggevat is Nico, maar vir ouma sal dit altyd soos gister voel, jou plekkie leeg en leemte sal altyd daar wees. Maar die gemoedsrus is ons weet waar jy is. mis jou baie. ouma gesels nog elke aand in bybel met jou, wil jou onthou soos ek jou die eerste keer gesien het. liefjou altyd oums xxxx
August 7, 2015
August 7, 2015
Nico die tyd het gevlieg. die 5 jaar voel soos gister, Maar die mooi herinneringe jou geaardheid, jou lag sal altyd bly. dit bly nog onwerklik maar ons weet jy leef 'n mooi lewe by Jesus, daarom het Hy jou kom haal om jou mooi by Hom te kom voltooi. Ons mis jou baie en verlange sal altyd daar wees. Liefjou altyd Oums x x
September 25, 2014
September 25, 2014
Nico... vandag al jou 25ste verjaardag jy al vier jaar weg van ons, maar Ouma kyk nog elke dag in Bybel jou foto en daardie blou laggende oë dan besef ek hoe gelukkig is jy waar jy by Jesus is, en dankbaar om te weet Jesus het jou gekies omdat jy 'n Jesuskind was, en Hy jou dalk seer op aarde wou spaar wat dalk op jou pad was in toekoms. Mis jou baie liefde Oumie xx
September 25, 2014
September 25, 2014
Jou bday..... Dad mis jou erg my bul.
August 7, 2014
August 7, 2014
Nico, vier jaar is jy reeds weg van ons geneem, maar ons almal weet elkeen van ons maar net geleen, ons gedagtes dag na dag by jou, want ons weet om die Here se hand vas te hou. Weet jy veilig waar jy is, want dit gaan ook eendag ons plekkie wees om te rus. Mis jou baie, maar Ouma kyk elke dag jou foto in my Bybel. liefjou Oumie x
August 7, 2014
August 7, 2014
AL 4 JAAR VERBY MY BUL. MIS JOU ELKE DAG AL HOE MEER.......
September 25, 2013
September 25, 2013
Nico verlang en mis jou veral hierdie spesiale daggie van jou 24 ste verjaardag. Maar ek nie van dag met Dad daaroor gepraat want hy, Mamma en Kobus nog baie seer. Maar ons berus sal jou eendag weer sien Ouma se "grand" seun. Ek weet Jesus weet hoekom het Hy jou so vroeg in jou lewe kom neem, dit "n teregwysing ons is almal in Sy hande> Mis jou en lief jou baie ,,,Oumie xx
August 8, 2013
August 8, 2013
"Nico, daar alweer "n jaar verby, maar as ek in aand Bybel lees gaan ek deur al my foto's in Bybel, en as ek by joune kom voel dit of jy hier is, ek voel nog altyd jy is te vinnig weg, die afskeid te kort...maar ek gerus en weet jy by Jesus...mis jou baie ...liefjou baie Oumie"
September 25, 2012
September 25, 2012
ico nog 'n jaarjie verby sonder jou, mis jou en wonder hoe sou jy nou gelyk het en hoe ver sou jy al in jou werk gevorder gewees het, maar dit voel nog steeds jy maar hier by ons. Oumie sou vir jou lekker brekfis gemaak het vanoggend soos jy daarvan hou ag sommer hele paar eiers gebak het. Maar Ouma berus...glo my jy is op die lekkerste plek en sou dit nie wou ruil met ons nie. LIefjou x
July 30, 2012
July 30, 2012
Nico dis met groot hartseer en verlange hierdie tyd want die 7 de is jy al 2 jaar nie meer met ons nie. Ons gaan die 4 de saamkuier vir Kobus se 21ste verjaardag die 1 ste Augustus, maar ons harte gaan uit na jou toe want Ouma weet jou 21st was hoog uitstaande by Jesus. Ons verlang baie en mis jou geweldig maar die foto's help om met jou te praat. Lief jou baie Oumiexx
April 24, 2012
April 24, 2012
Ouma het hartseer opgestaan vanoggend want Jaco vandag al 2 jaar weg van ons en toe raak my verlange baie na jou ook. Maar..Ouma berus want ek besef Jesus het vir jou plekkie daar by Hom gereed gehad om jou besondere geaardheid te kan uitleef...eendag sien ons weer as ons werkie klaar is hier...mis jou lag...liefjou Oumie
September 25, 2011
September 25, 2011
"Nico...nog 'n b day sonder jou, maar Ouma berus, verlange groot as ek jou fotos kyk, aan jou sêgoed dink, die kreukels om jou oë as jy lag, dit..weet ek leef jy uit by Jesus, ek sien hoe Hy saam jou lag..dis my troos...mis jou baie sou jou net eenkeer nog wou sien..liefjou Ouma
August 7, 2011
August 7, 2011
Nico..snaaks presies 7 uur vanoggend het 'n e mail van forevermissed gekom om my te herinner vandag is jy 'n jaar weg van ons, dis presies die tyd 'n jaar gelede dat Oom Sarel Ouma laat weet het jy's weg...Ouma hartseer, verlang baie...mis jou verskriklik..lievjo Oums
June 14, 2011
June 14, 2011
Vandag is weer een groot verlang dag, wens ek kon jou smsie stuur. Wens ek kon die tyd terugdraai om meer tyd saam jou te kon spandeer, Ouma mis jou baie en die verlange groot...sou vir jou sommer baie meer brekfisse wou maak...lievjo Oums
April 11, 2011
April 11, 2011
"Nico....die tyd stap so vinnig aan, jy is amper nege maande weg van ons. dit voel soos gister, Ouma kyk elke dag vir jou in my Bybel en partykeer voel dit vir my jy kyk vir my, maar as ek jou glimlag sien weet ek ons moet berus jy is veilig by Jesus
April 9, 2011
April 9, 2011
Rene Marais , Wow... ek kan dit nie glo nie. Ek dink vandag so terug aan wat van almal geword het. Dis 'n groot skok. MAAR EK WEET HY"S OP "N BETER PLEK. Lewe gaan darrem maar vinnig verby. Ek sal hom mis, het altyd 'n sagte plekkie in my hart vir ho
December 26, 2010
December 26, 2010
Nico.... gister was ons verlange baie groot....jou plekkie was leeg om die kersfeestafel. Maar Ouma het vertroostend geweet jy kry die grootste kersfeesmaaltyd wat ons net kan begeer..en dit was om aan Jesus se tafel te kon aansit. Mis jou laggie en daai plooitjies om die oë baaie...dis my troos as ek jou fotokie kyk jy het altyd gelag..van geluk. ons harte nog seer en verlange groot..lievjo Oumie
November 29, 2010
November 29, 2010
Nico....die tyd stap aan ..jy is al amper vyf maande weg van ons...dit voel vir Ouma of jy enige tyd hier kan instap...ons mis jou veral as ons vleisie braai...en daardie spesiale kuiertjies van jou ...jou Dad veral..ons kyk maar jou sterretjie daarbo..dit is die blinkste ...en wie weet dalk kyk jy vir ons ook...maar Ouma weet jy is baie gelukkig waar jy is...lief jou baie Oums
October 13, 2010
October 13, 2010
Nico....vandag is weer 'n groot hartseer dag vir Oums, vandag twee maande wat ons vir oulaas totsiens vir jou gese het, dit was Ouma se swaarste en hartseerste dag...veral toe jou Dad jou vir die laaste keer in die kis verby Ouma gestoot het, hy was stukkend...hy was so lief vir jou...hy,Mamma, Koos en Ouma was baie lief vir jou en mis jou verskriklik. lievjou baie Oums
October 6, 2010
October 6, 2010
Amor Pentz. Mamma verlang vandag baie na jou! Jyt altyd geglimlag, grappies gemaak en my geterg as ek so ernstig is. Mamma probeer regtig om nie so te stres nie. Boetie kan volgende jaar dalk Appie word by Eurosud maar ons wonder of hy nie eers maar matriek moet klaar maak nie. Jy sou dadelik 'n antwoord gehad het. Ek mis jou! Luv u Lots!
October 1, 2010
October 1, 2010
Nico....Oums se verlange vandag weer erg...jy is al amper twee maande nie meer met ons. ek was altyd so opgewonde as ek hoor jy kom kuier...jy het Ouma se brekfis so geniet...dit was so lekker om vir jou kos te maak....maar dit was 'n eer en voorreg...mis jou baie vanaand... liefjou Oums
September 25, 2010
September 25, 2010
Hey Nic....tani coils hie. Ai jong ek mis jo heavy. Veral vadag. Dis jo bday en amal loop met eina harte. Jys so skielik weg van ons, sonne 'n goodbye. Mis jo sê-goete, jo kuierkies en laggies met sikke skrefies oge. Sal jo altyt onthou soos jy was. Love u. Sal jo dad mooi oppas en seke maak hy vang ni "af" goete aan ni. O ja, ekt jo lankal vergewe vi dai onverwagse soen hoor. Happy bday xXx
September 25, 2010
September 25, 2010
"Nico - Ouma het vanoggend wakker geword met hartseer maar ook met blydskap. mis jou baie vandag baie, maar ons weet daar waar jy is het jy die allerbeste en mooiste dag wat ons hartseer in vreugde verander....sal altyd lief wees vir jou ...liefies Oumie
September 22, 2010
September 22, 2010
Nico....Ouma verlang elke dag na jou...mis jou liefde en omgee vir Ouma."Ons moet partykeer mooi dinge in ons lewe laat gaan..want God het iets anders vir ons voorberei"...mis jou..liefjou baie Oumie
September 22, 2010
September 22, 2010
Nico, ek ken jou ook nie en het jou maar een keer ontmoet en dis eers wanneer iemand so skielik van ons weggeruk word dat mens spyt is. Ek sou jou graag beter wou ken maar ek weet dat die mense wat naaste aan jou was jou baie liefgehad het. Ek glo jy is veilig in Jesus se arms en dan ontmoet ons weer wanneer my werk ook hier voltooi is.
September 22, 2010
September 22, 2010
Nico, hierdie tannie ken jou nie regtig nie, maar baie van jou gehoor by ouma Hannie, ek het ook 'n liefste seuntjieskind net so oud soos jy wat ook daar by Jesus is, dis baie moeilik vir ons wat moet agterbly, ons mis jul vreeslik baie, maar troos ons daaraan dat ons jul wel weer binnekort gaan sien.

Leave a Tribute

Light a Candle
Lay a Flower
Leave a Note
 
Recent Tributes
October 13, 2021
October 13, 2021
Nico ja so was dit weer 'n verjaardag datum wat my nie ongesiens verby laat gaan het nie, maar met groot verlange en my stilwees in my hart met weemoed onthou is. Maar met al die herinneringe was die hartseer weer groot oor die jare wat jy alreeds by Jesus is. Die verlange sal nooit ophou nie maar hier diepbinne het ek vrede om te weet jy is veilig by Jesus. Sal jou altyd mis en verlang na al die mooi herinneringe. Lief vir jou Ouma.
September 26, 2019
September 26, 2019
Nico die herinneringsdatums sal altyd bly, want vandag die 25 ste is jy nog 'n verjaardag weg van ons, ons verlange en seer sal altyd bly, mis jou lag. liefde Ouma
September 25, 2018
September 25, 2018
Daar is groot heimwee en verlange na jou op jou 29ste verjaardag vandag Nico, maar weet God het jou kom haal om saam Hom te wees, waar vir ons elkeen 'n plekkie voorberei is. Mis jou baie seun, en nog altyd lief vir jou. Ouma xxx
Recent stories

Nico se 22 ste b day...Ouma Hannie

September 25, 2011

" Vandag...sou jy 22 jaar gewees het, wens ek kon jou 'n b..day sms gestuur het in die hemel, maar dit moes in pienk gewees het, onthou hoe mooi jy in jou pienk T-shirt gelyk het met die blou oë en blonde hare, jou matriekafskeidspak, dit het so indruk op almal gemaak jy het "stunning" gelyk soos die Ingilse sou sê, en jy het nie die woord van Ouma verwag nie, maar....ek ken van dit veral as dit by jou kom...weet jy sou jou verkreukel het oor dit van Ouma af kom. Jy is vandag al een jaar, een maand en agtien dae weg van ons skielik in die vroeë oggendure ...kort voor jou 21ste verjaardag...maar voel nog elke dag asof jy net besig is met jou opleiding in die Lugmag, en jy sal skielik jou opwagting hier maak en sê jy met pas.....as Ouma net die voorreg kon had om net eenkeer jou gunsteling ontbyt ...eiers en roosterbroodjie kon maak...en jou dit smaaklik kon sien sit en eet...asof dit 'n koninklike gereg is.....maar ek berus, verstaan, glimlag....JY'S DAN BY JESUS...DIE BESTE PLEK...EK WEET JESUS BEDERF JOU VANDAG...WANT JY IS MOS SY KIND, JY WAS VIR ONS GELEEN VIR AMPER 21 MOOI JARE....HAPPY B-DAY NICO Liefde Oums 

NIC

April 11, 2011

NICO SE UITPASSERING 23 JULIE 2009

DIT WAS SEKER DIE MOOISTE DAG IN MY LEWE SAAM MY KLEINKIND, SY PA, MA EN KOBUS. DIT WAS SPESIAAL ONS WAS SO TROTS OP HOM OM HOM SO FIER EN REGOP TE SIEN TUSSEN SY MAATS. EK GLO DIT WAS VIR HOM OOK 'N BELEWENIS WAT HY ALTYD SOU ONTHOU AS HY NOG MET ONS WAS. DIE GELUK IN SY OE EN SY GLIMLAG HET VIR ONS VERTEL WAT DIE DAG VIR HOM BETEKEN HET, DANK DIE HERE WAT HOM DIT GEGUN HET OM SO MYLPAAL IN SY LEWE TE BEREIK VOOR HY HOM KOM HAAL HET. ONS SALUUT HOM VIR SY DEURSETTINGSVERMOE OM NIE OP TE GEE NA DIE EERSTE PROBEERSLAG NIE, EN DIT WEER MET MOED AANGEPAK HET EN BEREIK HET WAT HY WOU.  ONS DANK AAN DIE HEER VIR DIT WAT HY KON BEREIK HET.  ONS ALMAL LIEF JOU BAIE NICO.....OUMIE

Kersfees sonder jou..

December 26, 2010

Nico....ons klompie was weer saam Kersfees...het jou geskenkie gemis oukersaand...jou laggie elke keer as jou naam gelees word vir 'n geskenkie al was dit hoe klein. Mamma en Koos was weer saam ons...Koos het elke keer "gepose" as hy geskenkie gekry het, Mamma en hy het vir jou Dad 'n bajonet wat Koos self gemaak het met jou naam op gegraveer en ,n groot foto van jou gegee, ons harte was baie seer... jou verskriklik baie gemis.....maar ons berus...en ons troos is by Jesus kan dit net lekker wees...geen pyn,...geen seer,...weet net ons almal baie, baie lief vir jou gewees.  Lovies Ouma

Invite others to Nicolaas Wilhelm (Nico)'s website:

Invite by email

Post to your timeline