ForeverMissed
Large image
His Life

Watter voorreg vir my...14.06.2011

June 14, 2011

Vir Nico... van Ouma Hannie....hoekom moet daar altyd spytwees oomblikke in 'n mens se lewe wees, wens ek kon net nog 'n jaar saam met hom deurgebring het, daar so baie wat ek nie van hom geken en gesien het nie, dinge wat ek maar na sy dood eers gehoor het, dit gaan mos altyd so as iemand sterf kom al sy of haar goeie eienskappe in die lig, dis alles wat ek as Ouma nie beleef het nie. ons moes mekaar nog leer ken het, en dit was ons nie beskore nie, maar die tye wat ek bevoorreg was om saam hom te wees, was net mooi tye en herinneringe. ek sou nog saam met hom 'n vakansie wou deurbring, hom wou bederf met meer as net ;n lekker brekfis..."ses eiers en vier snye toast asseblief Ouma"  wat is lekkerder en meer vleiend om hom dit te gesien geniet het. Dit was klein dingetjies wat my geraak het hier binne van hom, wat hom 'n spesiale plekkie in my hart gegee het...soos die kort smsies thankx oums lief ouma met xamen tye. daardie spesiale drukkie ....dis seer herinneringe.....mis jou baie ...lievjo Oums 

Ouma se herinnering wat sy gegun was

October 13, 2010

Dit voel soos gister wat ek Nico die eerste keer in my lewe gesien het, dit was rondom Maart/ April 2006, ek het sy Dad Jannas (Johan) die 28 ste Oktober na 42 jaar teruggekry in my lewe, daar ek hom as baba moes laat aanneem omrede ek maar 19 was en nie as alleen Moeder vir hom kon sorg nie, maar die Here was goed vir my, Hy het hom vir Oupa Nico en Ouma Esther gegee ('n predikantspaar) om vir my groot te maak. Die 5 de Maart het ek Nico se Dad vir die eerste keer in my lewe gesien, wat 'n groot vreugde die Here het hom vir my teruggegee, 'n droom wat ek vir 42 jaar hier diep moes bêre het waar geword, en groot was die vreugde toe ek moes hoor ek het twee kleinseuns bygekry, en daardie eerste dag toe hy my na hulle toe gevat het, en hy vir hulle sê hier is julle Ouma, en Nico en Kobus my vasgedruk het en vir my dadelik Ouma gesê het, dit was die grootste geskenk wat die Here my kon gee, want die vrees was daar dat hulle my nie sou aanvaar nie.....maar hier verskyn die twee pragtige Godgegewe kinders....en so het hulle my elke keer met liefde ontvang....ek het Nico omtrent 'n maand voor sy dood vir die laaste keer gesien dit was Julie 2010. Hy was  baie spesiaal in Ouma se lewe....sy lag ...sy respek....sy lekker eet aan Ouma se brekfis ...Ouma moes partykeer tot ses eiers bak, hy het dit met smaak verorber...tot Ouma se grootste plesier....In Ouma se hart sal jy altyd bly......en Ouma sal mooi kyk na jou Dad, Kabousie en Mamma......sal altyd lief bly vir jul almal...MIS JOU BAIE VANAAND NA TWEE MAANDE SKIELIK VAN ONS WEGGENEEM NA ONS VADER SE HUIS.....LIEVJOU BAIE OUMS ...SAL JOU NOOIT...NOOIT VERGEET...XXXX