Nico se 22 ste b day...Ouma Hannie
" Vandag...sou jy 22 jaar gewees het, wens ek kon jou 'n b..day sms gestuur het in die hemel, maar dit moes in pienk gewees het, onthou hoe mooi jy in jou pienk T-shirt gelyk het met die blou oë en blonde hare, jou matriekafskeidspak, dit het so indruk op almal gemaak jy het "stunning" gelyk soos die Ingilse sou sê, en jy het nie die woord van Ouma verwag nie, maar....ek ken van dit veral as dit by jou kom...weet jy sou jou verkreukel het oor dit van Ouma af kom. Jy is vandag al een jaar, een maand en agtien dae weg van ons skielik in die vroeë oggendure ...kort voor jou 21ste verjaardag...maar voel nog elke dag asof jy net besig is met jou opleiding in die Lugmag, en jy sal skielik jou opwagting hier maak en sê jy met pas.....as Ouma net die voorreg kon had om net eenkeer jou gunsteling ontbyt ...eiers en roosterbroodjie kon maak...en jou dit smaaklik kon sien sit en eet...asof dit 'n koninklike gereg is.....maar ek berus, verstaan, glimlag....JY'S DAN BY JESUS...DIE BESTE PLEK...EK WEET JESUS BEDERF JOU VANDAG...WANT JY IS MOS SY KIND, JY WAS VIR ONS GELEEN VIR AMPER 21 MOOI JARE....HAPPY B-DAY NICO Liefde Oums