Your browser has cookies disabled. Make sure your cookies are enabled and try again. If you believe that there is an error, please contact us for assistance.
Born on June 12, 2003 in Richards Bay, Kwa-Zulu Natal, South Africa
Passed away on April 13, 2016 in Richards Bay, Kwa-Zulu Natal, South Africa
This memorial website was created in memory of our loved one, Tristan Nel, 12 years old, born on June 12, 2003, and passed away on April 13, 2016. We will remember him forever.
ek kan nie glo meer as ses jaar is al verby nie. dit voel soos gister wat ek jou laas gesien het. ek onthou nog hoe ek rakke omgehardloop het by DisChem om by jou uit te kom. jy mag nie in kontak gewees het met enige iemand nie, maar daardie dag het niks tussen ons gestaan nie. ek wou jou nie laat gaan nie, want ons altwee het geweet die kans wat ek jou daarna weer sal sien, is bittermin. ons was reg. ‘n maand of so na dit, het ons die oproep gekry; jyt dit nie gemaak nie. Ek het nog die aand voor dit by karate vir almal gevra om vir jou te bid, ek onthou dit soos gister. karate het omtrent 8uur klaargemaak, ek het my gebed vir jou gestuur, die gebed wat jou van alle pyn sal verlig, en 9uur, 9uur was jy vry. die Here het sy arms om jou gevou en jou huistoe geneem. ek is nogsteeds kwaad vir Hom daaroor, ek weet dis die regte besluit vir jou, maar ek was nie reg om jou te laat gaan nie. 4 jaar later en ek het nogsteeds nie vrede gemaak daarmee nie. Tristan, weet net, ek is vas oortuig jy sou my virewig gewees het, en daar is nie ‘n dag wat ek jou nie mis nie, daar is nie ‘n dag wat ek nie aan jou dink nie. dankie vir die wonderlike jare wat ek jou my beste vriend kon noem, vandag is jy nogsteeds my beste vriend, jy bly maarnet baie ver weg. ek is lief vir jou, en ek mis jou met alles wat ek het.
Jou groot glimlag en geloof deur al jou seer was 'n groot inspirasie. Jy het 'n groot leemte gelos maar jou herinneringe leef voort. Rus sag Tristan. Sterkte Marisa xxx
Met liefdevolle herhinnering aan my seun, my hero, my lewe. Daar is nie 'n dag wat ek jou nie mis nie my liefie kind. My liefde vir jou sal nooit minder raak nie, die verlange sal nooit weg gaan nie. Lief vir jou tot by die hemel en terug