Nico Lugmag Uitpassering
Nicolaas Wilhelm (Nico) Pentz
  • 20 years old
  • Date of birth: Sep 25, 1989
  • Date of passing: Aug 7, 2010
Let the memory of Nicolaas Wilhelm (Nico) be with us forever
This memorial website was created in memory of our loved one, Nicolaas Wilhelm (Nico) Pentz, 20, born on September 25, 1989 and passed away on August 7, 2010. We will remember him forever.
Memorial Tributes
This tribute was added by hannie olwagen on 25th September 2016

"Nico ons dag is leeg sonder jou met jou verjaardag, maar ons weet jy vier jou 27 ste verjaardag waar jy graag sou wou wees. daarom berus ons maar met groot verlange na jou. Ons weet God se beplanning met jou was net om die beste vir jou te gee. mis jou baie... liefde Ouma"

This tribute was added by hannie olwagen on 15th March 2016

"Vandag al meer as 5 jaar en 7 maande wat jy skielik uit ons lewens weggevat is Nico, maar vir ouma sal dit altyd soos gister voel, jou plekkie leeg en leemte sal altyd daar wees. Maar die gemoedsrus is ons weet waar jy is. mis jou baie. ouma gesels nog elke aand in bybel met jou, wil jou onthou soos ek jou die eerste keer gesien het. liefjou altyd oums xxxx"

This tribute was added by hannie olwagen on 7th August 2015

"Nico die tyd het gevlieg. die 5 jaar voel soos gister, Maar die mooi herinneringe jou geaardheid, jou lag sal altyd bly. dit bly nog onwerklik maar ons weet jy leef 'n mooi lewe by Jesus, daarom het Hy jou kom haal om jou mooi by Hom te kom voltooi. Ons mis jou baie en verlange sal altyd daar wees. Liefjou altyd Oums x x"

This tribute was added by hannie olwagen on 25th September 2014

"Nico... vandag al jou 25ste verjaardag jy al vier jaar weg van ons, maar Ouma kyk nog elke dag in Bybel jou foto en daardie blou laggende oë dan besef ek hoe gelukkig is jy waar jy by Jesus is, en dankbaar om te weet Jesus het jou gekies omdat jy 'n Jesuskind was, en Hy jou dalk seer op aarde wou spaar wat dalk op jou pad was in toekoms. Mis jou baie liefde Oumie xx"

This tribute was added by JOHAN PENTZ on 25th September 2014

"Jou bday..... Dad mis jou erg my bul."

This tribute was added by hannie olwagen on 7th August 2014

"Nico, vier jaar is jy reeds weg van ons geneem, maar ons almal weet elkeen van ons maar net geleen, ons gedagtes dag na dag by jou, want ons weet om die Here se hand vas te hou. Weet jy veilig waar jy is, want dit gaan ook eendag ons plekkie wees om te rus. Mis jou baie, maar Ouma kyk elke dag jou foto in my Bybel. liefjou Oumie x"

This tribute was added by JOHAN PENTZ on 7th August 2014

"AL 4 JAAR VERBY MY BUL. MIS JOU ELKE DAG AL HOE MEER......."

This tribute was added by JOHAN PENTZ on 9th January 2014

"Pa verlang jou erg my bul"

This tribute was added by hannie olwagen on 25th September 2013

"Nico verlang en mis jou veral hierdie spesiale daggie van jou 24 ste verjaardag. Maar ek nie van dag met Dad daaroor gepraat want hy, Mamma en Kobus nog baie seer. Maar ons berus sal jou eendag weer sien Ouma se "grand" seun. Ek weet Jesus weet hoekom het Hy jou so vroeg in jou lewe kom neem, dit "n teregwysing ons is almal in Sy hande> Mis jou  en lief jou baie ,,,Oumie xx"

This tribute was added by hannie olwagen on 8th August 2013

""Nico, daar alweer "n jaar verby, maar as ek  in aand Bybel lees gaan ek deur al my foto's in Bybel, en as ek by joune kom voel dit of jy hier is, ek voel nog altyd jy is te vinnig weg, die afskeid te kort...maar ek gerus en weet jy by Jesus...mis jou baie ...liefjou baie Oumie""

This tribute was added by hannie olwagen on 25th September 2012

"ico nog 'n jaarjie verby sonder jou,  mis jou en wonder hoe sou jy nou gelyk het en hoe ver sou jy al in jou werk gevorder gewees het, maar dit voel nog steeds jy  maar hier by ons. Oumie sou vir jou lekker brekfis gemaak het vanoggend soos jy daarvan hou ag sommer hele paar eiers gebak het. Maar Ouma berus...glo my jy is op die lekkerste plek en sou dit nie wou ruil met ons nie. LIefjou x"

This tribute was added by hannie olwagen on 30th July 2012

"Nico dis met groot hartseer en verlange hierdie tyd want die 7 de is jy al 2 jaar nie meer met ons nie. Ons gaan die 4 de saamkuier vir Kobus se 21ste verjaardag die 1 ste Augustus, maar ons harte gaan uit na jou toe want Ouma weet jou 21st was hoog uitstaande by Jesus. Ons verlang baie en mis jou geweldig maar die foto's help om met jou te praat. Lief jou baie Oumiexx"

This tribute was added by hannie olwagen on 24th April 2012

"Ouma het hartseer opgestaan vanoggend want Jaco vandag al 2 jaar weg van ons en toe raak my verlange baie na jou ook. Maar..Ouma berus want ek besef Jesus het vir jou plekkie daar by Hom gereed gehad om jou besondere geaardheid te kan uitleef...eendag sien ons weer as ons werkie klaar is hier...mis jou lag...liefjou Oumie"

This tribute was added by hannie olwagen on 25th September 2011

""Nico...nog 'n b day sonder jou, maar Ouma berus,  verlange groot as ek jou fotos kyk, aan jou sêgoed dink, die kreukels om jou oë as jy lag, dit..weet ek leef jy uit by Jesus, ek sien hoe Hy saam jou lag..dis my troos...mis jou baie sou jou net eenkeer nog wou sien..liefjou Ouma"

This tribute was added by hannie olwagen on 7th August 2011

"Nico..snaaks presies 7 uur vanoggend het 'n  e mail van forevermissed gekom om my te herinner vandag is jy 'n jaar weg van ons, dis presies die tyd 'n jaar gelede dat Oom Sarel Ouma laat weet het jy's weg...Ouma hartseer, verlang baie...mis jou verskriklik..lievjo Oums"

This tribute was added by hannie olwagen on 14th June 2011

"Vandag is weer een groot verlang dag, wens ek kon jou smsie stuur. Wens ek kon die tyd terugdraai om meer tyd saam jou te kon spandeer, Ouma mis jou baie en die verlange groot...sou vir jou sommer baie meer brekfisse wou maak...lievjo Oums"

This tribute was added by hannie olwagen on 11th April 2011

""Nico....die tyd stap so vinnig aan, jy is amper nege maande weg van ons. dit voel soos gister, Ouma kyk elke dag vir jou in my Bybel en partykeer voel dit vir my jy kyk vir my, maar as ek jou glimlag sien weet ek ons moet berus jy is veilig by Jesus"

This tribute was added by rene marais on 9th April 2011

"Rene Marais , Wow... ek kan dit nie glo nie. Ek dink vandag so terug aan wat van almal geword het. Dis 'n groot skok. MAAR EK WEET HY"S OP "N BETER PLEK. Lewe gaan darrem maar vinnig verby. Ek sal hom mis, het altyd 'n sagte plekkie in my hart vir ho"

This tribute was added by hannie olwagen on 26th December 2010

"Nico.... gister was ons verlange baie groot....jou plekkie was leeg om die kersfeestafel. Maar Ouma het vertroostend geweet jy kry die grootste kersfeesmaaltyd wat ons net kan begeer..en dit was om aan Jesus se tafel te kon aansit. Mis jou laggie en daai plooitjies om die oë baaie...dis my troos as ek jou fotokie kyk jy het altyd gelag..van geluk. ons harte nog seer en verlange groot..lievjo Oumie"

This tribute was added by hannie olwagen on 29th November 2010

"Nico....die tyd stap aan ..jy is al amper vyf maande weg van ons...dit voel vir Ouma of jy enige tyd hier kan instap...ons mis jou veral as ons vleisie braai...en daardie spesiale kuiertjies van jou ...jou Dad veral..ons kyk maar jou sterretjie daarbo..dit is die blinkste ...en wie weet dalk kyk jy vir ons ook...maar Ouma weet jy is baie gelukkig waar jy is...lief jou baie Oums"

This tribute was added by hannie olwagen on 13th October 2010

"Nico....vandag is weer 'n groot hartseer dag vir Oums, vandag twee maande wat ons vir oulaas totsiens vir jou gese het, dit was Ouma se swaarste en hartseerste dag...veral toe jou Dad jou vir die laaste keer in die kis verby Ouma gestoot het, hy was stukkend...hy was so lief vir jou...hy,Mamma, Koos en Ouma was baie lief vir jou en mis jou verskriklik. lievjou baie Oums"

This tribute was added by Amor Pentz on 6th October 2010

"Amor Pentz. Mamma verlang vandag baie na jou! Jyt altyd geglimlag, grappies gemaak en my geterg as ek so ernstig is. Mamma probeer regtig om nie so te stres nie. Boetie kan volgende jaar dalk Appie word by Eurosud maar ons wonder of hy nie eers maar matriek moet klaar maak nie. Jy sou dadelik 'n antwoord gehad het. Ek mis jou! Luv u Lots!"

This tribute was added by hannie olwagen on 1st October 2010

"Nico....Oums se verlange vandag weer erg...jy is al amper twee maande nie meer met ons. ek was altyd so opgewonde as ek hoor jy kom kuier...jy het Ouma se brekfis so geniet...dit was so lekker om vir jou kos te maak....maar dit was 'n eer en voorreg...mis jou baie vanaand... liefjou Oums"

This tribute was added by hannie olwagen on 25th September 2010

"Hey Nic....tani coils hie. Ai jong ek mis jo heavy. Veral vadag. Dis jo bday en amal loop met eina harte. Jys so skielik weg van ons, sonne 'n goodbye. Mis jo sê-goete, jo kuierkies en laggies met sikke skrefies oge. Sal jo altyt onthou soos jy was. Love u. Sal jo dad mooi oppas en seke maak hy vang ni "af" goete aan ni. O ja, ekt jo lankal vergewe vi dai onverwagse soen hoor. Happy bday xXx"

This tribute was added by hannie olwagen on 25th September 2010

""Nico - Ouma het vanoggend wakker geword met hartseer maar ook met blydskap. mis jou baie vandag baie, maar ons weet daar waar jy is het jy die allerbeste en mooiste dag wat ons hartseer in vreugde verander....sal altyd lief wees vir jou ...liefies Oumie"

This tribute was added by Daleen Hillicks on 22nd September 2010

"Nico, ek ken jou ook nie en het jou maar een keer ontmoet en dis eers wanneer iemand so skielik van ons weggeruk word dat mens spyt is.  Ek sou jou graag beter wou ken maar ek weet dat die mense wat naaste aan jou was jou baie liefgehad het.  Ek glo jy is veilig in Jesus se arms en dan ontmoet ons weer wanneer my werk ook hier voltooi is."

This tribute was added by Marie Nortje on 22nd September 2010

"Nico, hierdie tannie ken jou nie regtig nie, maar baie van jou gehoor by ouma Hannie, ek het ook 'n liefste seuntjieskind net so oud soos jy wat ook daar by Jesus is, dis baie moeilik vir ons wat moet agterbly, ons mis jul vreeslik baie, maar troos ons daaraan dat ons jul wel weer binnekort gaan sien."

This tribute was added by hannie olwagen on 22nd September 2010

"Nico....Ouma verlang elke dag na jou...mis jou liefde en omgee vir Ouma."Ons moet partykeer mooi dinge in ons lewe laat gaan..want God het iets anders vir ons voorberei"...mis jou..liefjou baie Oumie"


Leave a Tribute:
 
LEAVE A TRIBUTE
Invite your family and friends
to visit this memorial:

Subscribe to receive e-mail notifications when others contribute to this memorial.

Click on a photo to enlarge.

This memorial is administered by:

hannie olwagen

2828 views

Have a suggestion for us?

We are waiting for your feedback!