Tannie het nie te lank terug hierdie gedig gelees en vandag dink ek aan jou ook wanneer ek dit lees:
Mis my, maar laat my gaan,
Ek is in die einde van my lewenspad
En my lewenslig het my reeds verlaat.
Ek vra geen droefheid of somberheid,
Wees bly vir 'n siel nou vry.
Mis my, maar laat my gaan.
Ek verstaan en sien jou traan,
Onthou die liefde eens gedeel.
Ek vra nie veel, onthou my
Maar laat my gaan.
Ek reis alleen soos vir my beplan,
Dis deel van my Meester se groter plan,
'n weg na my Hemelse Huis.
Mis my, maar laat my gaan.
Voel jy eensaam en verlate,
Kyk na Bo vir leiding en krag,
So sal jou smart versag.
Bid vir 'n rustige nag.
Mis my, maar laat my gaan.
Rus sag, liefste Catherine xxx