August 26, 2016
August 26, 2016
Liewe Catherine, hierdie tannie het jou nooit geken nie, maar deur al die foto's wat jou ma opgesit het kon ek sien dat jy 'n pragtige kind was. My hart is so seer vir jou wat nooit gaan groot word nie, vir jou Ma wat jou net nog een keer styf in haar arms wou vashou en jou warm lyfie teen haar voel. Liefste meisiekind, hierdie tannie bid uit haar hart uit dat jou siel nou rus sal vind. Ek glo dat waar jy nou is, jy gelukkig is.
Tannie het nie te lank terug hierdie gedig gelees en vandag dink ek aan jou ook wanneer ek dit lees:
Mis my, maar laat my gaan,
Ek is in die einde van my lewenspad
En my lewenslig het my reeds verlaat.
Ek vra geen droefheid of somberheid,
Wees bly vir 'n siel nou vry.
Mis my, maar laat my gaan.
Ek verstaan en sien jou traan,
Onthou die liefde eens gedeel.
Ek vra nie veel, onthou my
Maar laat my gaan.
Ek reis alleen soos vir my beplan,
Dis deel van my Meester se groter plan,
'n weg na my Hemelse Huis.
Mis my, maar laat my gaan.
Voel jy eensaam en verlate,
Kyk na Bo vir leiding en krag,
So sal jou smart versag.
Bid vir 'n rustige nag.
Mis my, maar laat my gaan.
Rus sag, liefste Catherine xxx
Tannie het nie te lank terug hierdie gedig gelees en vandag dink ek aan jou ook wanneer ek dit lees:
Mis my, maar laat my gaan,
Ek is in die einde van my lewenspad
En my lewenslig het my reeds verlaat.
Ek vra geen droefheid of somberheid,
Wees bly vir 'n siel nou vry.
Mis my, maar laat my gaan.
Ek verstaan en sien jou traan,
Onthou die liefde eens gedeel.
Ek vra nie veel, onthou my
Maar laat my gaan.
Ek reis alleen soos vir my beplan,
Dis deel van my Meester se groter plan,
'n weg na my Hemelse Huis.
Mis my, maar laat my gaan.
Voel jy eensaam en verlate,
Kyk na Bo vir leiding en krag,
So sal jou smart versag.
Bid vir 'n rustige nag.
Mis my, maar laat my gaan.
Rus sag, liefste Catherine xxx