ForeverMissed
Large image
Her Life
December 3, 2013

Ma Alice was getroud met ons Pa Mike, wat oorlede is in 1992.  Daarna het sy haar lewe gewy aan haar kinders, kleinkinders en agter kleinkinders.  Ons het altyd gevra gaan sy nie weer 'n lewens maat vat nie, dan het sy geantwoord  " Die Liewe Vader het jou Pa vir my gegee en hy was my lewe, my eerste liefde, en die pa van my kinders. Vir hom was ek oneindig lief." Ma Aice was die beste Ma en Ouma, het altyd tyd gehad vir almal van ons, sy het ons baie streng opgevoed en baie liefde gegee.  Nooit was sy onregverdig nie en het ook nie sleg gepraat van ander nie.  Sy was 'n ware kind van die Here!!