ForeverMissed
Large image
Tributes
May 17, 2013
May 17, 2013
My liefste seun more is dit 6 jaar gelede en weet jy dit voel soos gister. Ek wens so ek kon jou sien groot word maar God het 'n beter plan vir jou gehad my seun. Ek mis jou oneindig baie en het jou so lief vir altyd. Mamma
May 18, 2012
May 18, 2012
"Duan jy is nog baie in ons gedagtes en mag jy n wonderlike tyd saam jou oupa beleef."
July 19, 2011
July 19, 2011
Duan ons klein liefie, ons hoop jy geniet jou spesiale dag saam met Oupa en die engele in die hemel!Ons verlang vreeslik na jou, jou klein rakker - Gee vir oupa 'n soentjie en 'n drukkie van ons af!Ek hoop hy pas jou mooi op...Lief jou baie-Tannie Lynette, Oom Thys,Armandt&Chante
May 19, 2011
May 19, 2011
Sjoe, 4jaar gelede dit voel soos nou die dag...Ons het nie van jou vergeet nie! Elke keer as ons jou foto sien dink ons met liefdevolle herinneringe aan jou - baie lief vir jou!
September 28, 2010
September 28, 2010
Ons engel, jy is nie meer alleen nie.Oupa is nou by jou.Julle moet mekaar oppas tot ons julle weer sien. Lief julle!
July 19, 2010
July 19, 2010
Duan Baie Geluk met my kind se verjaarsdag ek weet jy is op die beste plek wat 'n mens kan wees as jy verjaar. My seun jy sou nou 6 gewees het ampe oppad skool toe maar ek weet jy saam met God lvj
July 2, 2010
July 2, 2010
Wanneer dinge net soms te veel raak dink ek terug aan wat ek gehad het en wat ek het dan besef ek jy was my rede om God te vind. Dankie ou seun jou ma sien jou binne kort!
July 2, 2010
July 2, 2010
Jy is vandag weer vreeslik in my gedagtes-Ons is lief vir jou!Jou sussies sou jou so geniet het-hulle kry vreeslik swaar sonder jou, veral Chella.Sy mis jou - sy verstaan nie waarheen jy is nie...
June 14, 2010
June 14, 2010
Een van daar die dae wat ek jou mis dan dank ek tog die Vader dat jy veilig is want hierdie lewe op aarde bied ons nie wat God ons kan bied in die Hemel nie. Ek wag op God se koms!
May 18, 2010
May 18, 2010
Daar is 'n plek waar jy niks besit nie, maar ook waar jy niks ontbreek nie...omdat God daar is - Duantjie mag God jou in Sy arms toevou en Sy liefde oor jou uitstort totdat ons mekaar weer sien...
May 18, 2010
May 18, 2010
Seun jy sal altyd in ons harte bly ek het jou bitter lief! Die seer oorweldig my vandag maar ek weet jy is veilig en ek weet ek gaan Jou weer vas hou wanneer ons hemelse Vader ons kom haal
May 18, 2010
May 18, 2010
Ons liefste klein engeltjie vandag 3 jaar gelede is jy van ons af weggeruk - so onverwags - jy sal altyd in ons harte en deel van ons lewens wees. Liefies ....
May 17, 2010
May 17, 2010
Daleen Tischendorf
"Benut elke oomblik wat jy saam met 'n geliefde deel, jy weet nie of dit die laaste sal wees nie"
May 17, 2010
May 17, 2010
Ek onthou jou pragtige glimlag, en die sterretjies in jou oë, en ek weet jy skitter helder by Jesus! Die hartseer kom en gaan, maar jou herhinneringe is permanent in ons harte ge-ets. Tannie Elize
May 17, 2010
May 17, 2010
Niemand besef die waarde van 'n kind totdat hy van jou af gegevat word nie. Daar is niks mooier as liefde van 'n kind so opreg so onskuldig. Dankie vir daardie liefde my seun!
May 17, 2010
May 17, 2010
Om iemand lief te he is om 'n stukkie van die hemel te sien - Duan jy is ons stukkie hemel! Tannie Lynette, Oom Thys, Armandt & Chante

Leave a Tribute

Light a Candle
Lay a Flower
Leave a Note