Your browser has cookies disabled. Make sure your cookies are enabled and try again. If you believe that there is an error, please contact us for assistance.
Ek het Vida probeer google want ek wil graag na haar blog oor die ou skool wat die Jordaans gekoop het, gaan oplees, toe kom ek op hierdie af. Die fotos is baie mooi. Ons Tannie Sussie (Tannie Schwesh) was vir ons ook baie spesiaal. Marlene Henning
Iets wat my by bly van Ouma was die gereelde Bybellees, bid en psalmsing in die aande toe sy by ons in Durban was. Dan ook die lewendige bespreking daarna van die boodskap van die Skrifgedeelte. Dis wonderlike om te dink dat sy nou ten volle verstaan.
Van Esme Coetzer: As ek aan Sus dink dink ek aan liefde. Haar laaste woorde aan my was "Ek is ook baie lief vir jou, Es." Na Mamsie se dood was sy vir my 'n ma (sy was 17 jaar ouer as ek, sy die oudste, ek die jongste) en het my lief en leed gedeel. Ek dank ons Hemelse Vader dat Hy haar spesiaal uitgekies het om ons suster te wees.
Ouma was altyd so reg om die beste te glo van die mense vir wie sy lief was, om 'n advokaat en kampvegter vir hulle te wees. Haar Ouma-liefde was onvoorwaardelik.
En haar stories, so breed in oorsprong en verskeidenheid - alles van The Merchant of Venice en Ivanhoe, tot Georgette Heyer en Reader's Digest Condesed Books.
Ek het gister by Ouma se begrafnis weer besef hoe begaafde mens sy was en daarmee saam die beste voorbeeld vir ons almal as gelowiges - Die vrug van die Gees was altyd in haar: "liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing." (Gal.5:22) - Lief vir Ouma, Rx
Vandag haar blou geblomde rok met baadjie van kant daaraan vas vir Avbob geneem. Sy het dit by Rialette en Sias- en dalk nog- se troues aangehad en ook die Kersfees 2011. Sy het so mooi gelyk. More die laaste keer kyk dat ma mooi lyk! xxxxx
Ma het altyd in detail vir my die stories vertel wat sy gelees het(met haar eie byvoegings en sienings natuurlik),en dit was verstommend hoe goed sy kon onthou.! Ek het dit baie gemis toe sy later nie meer kon sien om te lees nie en haar geheue ook swakker begin raak het.
Wat 'n ma om te gehad het! 'n Vriendin, 'n skuilplek en tog so afhanklik van almal se liefde en goedkeuring! Sy het my waardeer soos ek vir haar. Skoonma? Sy was vir my dierbaar en ek so lief vir haar! Dit was swaar toe haar aardse tent so afgebreek word - maar het saam met tannie Rien, woord vir woord Ps. 23 nog gese - in die grootste pyn, Saterdag. Hoe salig is sy nou!
Ongelooflike mens wat 'n goeie voorbeeld is van hoe mens moet lewe! Sal haar altyd onthou en weet sy is nou op 'n veilige plek. Ons gaan Ouma baie mis xxxxx