ForeverMissed
Large image
Stories

Share a special moment from Jaco (Jakkals)'s life.

Write a story

to be missed

December 22, 2014
You Will Be Missed      Saying goodbye
Was the hardest thing to do
I never thought I would
Especially not to you.

You always listened
And knew what to say
Knew when to give a hug
When I was having a bad day.

No one will ever take your place
I can always promise you this
It's hard to find someone like you
So know you'll always be missed

Missing you.....

February 28, 2011

 

I feel sometimes like I've truly lost my way.
Sometimes it's hard to make it through the day.

When I have the chance to sit and think.
I stare ahead and never stop to blink.

My heart is loudly crying out for you.
My soul is crying out for love so true.

I don't know how I've made it this long.
I don't know how I've stayed so strong.

I guess I am waiting for the day.
When all of my pain will go away.

Visvang

January 4, 2011

Vandag wil ek jou vertel van Christof se groot vis.  'n Vis wat nie sommer van die kant (dis blykbaar hoe die branders genoem word) gevang word nie.  Dis 'n roofvis wat ongeveer 5km in die see in gevang word.  Wel jou Boeta het dit reggekry om die Dourado uit te trek.  Ek wens jy kon sy gesig sien.  Dit was die hoogtepunt van sy vakansie.  Ek glo hy sou dit so graag met jou wou deel.  Miskien was jy by hom toe hy die vis gevang het, miskien was jy saam met hom opgewonde, miskien was jy saam met hom baie bly.  Ek glo so!  Ek glo jy was elke dag saam met hom op vakansie en ook met ons.  Ons het lekker gerus en jou baie gesoek en gewonder en hartseer gewees, maar ook dankbaar omdat ons weet dat jy by Jesus is en dat jy tyd met jou PA spandeer.  Jou visvang maat was alleen hierdie jaar maar ek weet sy juig oor die GROOT vis het hy met jou gedeel! 

Ons Trots my Sus se Tweeling

September 25, 2010

Jaco ...vandag was vir my net so swaar soos die dag wat ons finaal van jou afskeid geneem het, ....net so ook die dag wat ons van Nico finaal afskeid geneem het, want dit was sy 21 ste verjaardag vandag.....julle was so jonk ....maar Jesus het gesê jul twee se werk is klaar hier, nou moet julle na Hom toe kom... maar Jesus laat julle nie vir Hom werk nie, nee...julle is sy sieraad...julle moet daar wees om Sy trots te wees...om Sy hande in julle sin te sit om vir julle te sê: Julle is Myne.....en dit is ons troos ons is almal sy kinders....en eendag gaan Hy ons almal kom haal om aan te sluit by julle.....dis 'n groot dag om na uit te sien...tot weersiens...lief jul baie...Tannie Hannie

Maar ek wil ook bieg vandag tot jou heengaan het ek jou en Christof nie uitmekaar geken nie, en dit gaan nou nog swaar om nie vir Christof te vra wie is jy van die tweeling nie, want vir my was julle EEN .....

Tyd

July 11, 2010

Dis vandag al Julie 2010.  Jy is reeds van April af nie meer by ons nie maar dit voel nog so seer en leeg.  Daar is soveel tye wat ek wonder oor jou, wat ek jou ma wil bel en hoor hoe dit met julle gaan?  Hoe dit by die werk gaan en wanneer jul weer rugby speel?  Dan onthou ek en dis asof die seer weer van voor begin.

Jou plek is regtig leeg hier by ons.  Ons mis jou en dit voel vreemd om Christof sonder jou te sien.  Dis asof ek jou die heeltyd soek.  Ek weet jy is by Jesus, en ek weet jy is gelukkig!  Ek is dankbaar dat jou ma met jou die gesprek gehad het oor geloof.  Ek is dankbaar dat sy die geleentheid gehad het om sekerheid oor jou te kry.  Ek weet ook dat die Heilige Gees dit so laat gebeur het.  Dit is tog maar net vir ons 'n teken dat God jou nou gebruik en baie nodiger het as ons hier.

Ek glo dat ons jou weer sal sien in die hemel en dat ons almal herenig sal wees die dag as Jesus weer kom.  Ons mis jou en ons liefde vir jou sal nie verminder nie.  Jou plek is leeg maar dit was vir ons 'n wonderlike voorreg dat ons jou vir 20 jaar kon deel en jou kon liefkry en jou by ons kon he.

Daleen

June 29, 2010

 Jaco

 

Die verlange na jou raak nie minder nie en dit sal ook seker nooit weg gaan nie, daar gaan so baie van ons jong mense dood hier in Kriel ek weet nie of dit dalk 'n waarskuwing is vir ons dalk om ons lewens reg te maak nie.Dit bewys ons net dat ons lewens in 'n oogwink verby kan wees en dit is hoekom ons saak met die Here moet reg wees en ek weet jou saak met die Here was reg en jy is by jou pappa daar waar jy wou wees!!!  Ek kan elke daggie nie wag om daar by jul huis te gaan kuier nie ek dink omdat ek seker nog steeds so graag jou wil sien en met jou grappies wil maak of net 'n stywe druk wil gee. Ek mis die dae wat jy en Christof hier verby kom vir koffie voordat jul gaan rugby oefen. 

Mis jou baie boeta lief jou baie!!!!!!

Oral om ons

June 25, 2010

My liefste seuntjieskind hier is die gediggie wat Leen vir jou geskryf het:

Oral om ons
 
Jy het ons altyd vermaak,
Maar so baie aangeraak.
Ek kyk na die sterre wat flikker,
En sien jou swart oë skitter.
Oral om ons.
 
Om voluit te leef,
Dit is waarna ons streef.
Jou glimlag so stout,
Besef ek nou is meer werd as goud!
Oral om ons.
 
God het ons geseën,
Om jou vir ons te leen.
As ek die rugby game se score hou,
Maak ek my oë toe dan sien ek jou.
Oral om ons.
 
Vir Mardi het jy gesê jou tyd is jou tyd,
Maar kort daarna het jy jou oë gesluit.
Ons harte is baie seer,
Maar kort voor lank sien ons jou weer!
Oral om ons.
 
Jy en Christof is ons trots,
Jesus is ons rots.
Dit alles was te gou!
JACO ONS MIS JOU!
ORAL OM ONS!
 
Aan Jaco
Met liefde
Leen
XXX

Miss you...

June 24, 2010

Ietsie vir jou...

** I thought of you with Love today, but that is nothing new. I thought about you yesterday, and days before that too. I think of you in silence, I often speak your name. All I have are memories and a picture in a frame. Your memory's a keepsake, with which I'll never part. God has you in His keeping;  I have you in my Heart...**

Mis jou

xoxox

Mis jou

June 24, 2010

David is vandag oppad Mosambiek toe en hy is nog nie eens deur die grens nie en ek mis hom al so baie!  Dan wonder ek hoe jou ma moet voel - wonder ek hoe Christof en Mardi moet voel.  Dis so finaal - ek bid so baie vir hulle!  Ek bid dat Jesus jou so styf vashou teen sy bors dat ons deur Hom sal vrede ervaar en weet dat jy veilig en gelukkig is!

Ek onthou toe ons Mosambiek toe is vir die vakansie net na Tobie oorlede is - ek wou so graag dat alles perfek is vir julle.  Ek onthou hoe ons in die branders gespeel het en hoe jy en Christof tot laatnag saam met die mense gekuier het by Island Rock.  Hoe julle by Xai Xai met die kinders tol gespeel het en ook klein motorfietsies gery het in die sand - saam met David.

Jou hare was so kort gesny - heeltemal borselkop!  En Christof weer spierwit gekleur.  Die kokkerotte het julle rondgejaag in jul riethuisie by Xai Xai en toe kom trek julle sommer by ons in!  Ons almal in een kamer!  Maar ons het lekker gebly - almal in een huis!

 

Please see me through my tears

June 17, 2010

My seuntjieskind, hier is nog 'n pragtige gediggie vir jou:

You asked, "How are you doing?"
As I told you, tears came to my eyes...and you
looked away and quickly began to talk again.
All the attention you had given me had drained away.

"How am I doing?" I do better when people listen, though I may shed a tear or two.
This pain is indescribable.
If you've never known it, you
cannot fully understand.
Yet I need you.
When you look away,

I am again alone with it.
Your attention means more than you can ever know.
Really, tears are not a bad sign, you know!
They're nature's way of helping me to heal.
They relieve some of the stress of sadness
....but you are wrong.

The memory of my loved one's death will always be with me,
Only a thought away.
My tears make my pain more visible to you, but you did not
give me the pain...it was already there.

When I cry, could it be that you feel helpless,
Not knowing what to do?
You are not helpless,
And you don't need to do a thing but be there.
When I feel your permission to allow my tears to flow,
you've helped me

You need not speak. Your silence as I cry is all I need.
Be patient...do not fear.
Listening with your heart to "how I am doing" relieves the pain
for when the tears can freely come and go, I feel lighter.
Talking to you releases what I've wanted to say aloud,
clearing space
for a touch of joy in my life.

I'll cry for a minute or two... and then I'll wipe my eyes
and sometimes you'll even find I'm laughing later.
When I hold back the tears, my throat grows tight,
my chest aches, my stomach knots...
because I'm trying to protect YOU from my tears.
Then we both hurt ME, because my pain is held inside,
a shield against our closeness and YOU,
because suddenly we are distant.

So please, take my hand and see me through my tears...
then we can be close again.
 

I have not gone

June 15, 2010

Hier is nog 'n pragtige gediggie, wat so waar is:

You think I've gone, that I am dead, and life has lost its will,
But look around, I am right there, living with you still
I watch your tears, I feel your pain - I see the things you do
I weep as well, each time you cry, my soul, it lives with you.

It gives such joy to hear you laugh, and do the things you do
And when you smile o'er by gone days, I smile right with you too
For we're still one, just you and me, one mind, one soul, one being
Walking forward into life, though only you are seen

And in the stillness of the night, when the pain it really starts
Stretch out a little with your mind and draw me to your heart
For I am always right in there, always by your side
For you have been, all my life's days, my joy, my love, my pride.

The Cord

June 3, 2010

Ek het die mooiste gediggie van 'n mamma gekry wie se dogtertjie verlede jaar verdrink het, die woorde kom so uit 'n ma se hart :

The Cord

 
We are connected,
My child and I, by
An invisible cord
Not seen by the eye.

It's not like the cord
That connects us 'til birth
This cord can't been seen
By any on Earth.

This cord does it's work
Right from the start.
It binds us together
Attached to my heart.

I know that it's there
Though no one can see
The invisible cord
From my child to me.

The strength of this cord
Is hard to describe.
It can't be destroyed
It can't be denied.

It's stronger than any cord
Man could create
It withstands the test
Can hold any weight.

And though you are gone,
Though you're not here with me,
The cord is still there
But no one can see.

It pulls at my heart
I am bruised...I am sore,
But this cord is my lifeline
As never before.

I am thankful that God
Connects us this way
A mother and child
Death can't take it away!

 

Ou dae!!!

May 30, 2010

Ai Jaco!  Hoe kan ek die goeie ou dae vergeet?? Ons het mekaar ontmoet by die koor by Laerskool Onverwacht ek van daar af geweet jy en ou Stoffie sal altyd 1 van my baie goeie vriende wees... Ek is sooooo Lief vir julle 2. Nooit gedink dat Liewe Jesus jou so vinnig sal kom haal nie. Jy en Stoffie was nog altyd net goed vir my. Al ons stoute dae saam Skippy met die BLOU GOLF en die rooi kombi. Al die koffie wat ek moes maak as julle na skool almal kom koffie drink het. Die dae wat jou ma nog die groen Jetta gery het en ons rond gery het van ons huis na julle huis, toe het Avril Lavigne se cd i'm a skater boy net uitgekom. Hoe lank terug was dit nie??? Daar is sooo baie memories saam jou dat ek nie genoeg sal kan skryf nie. Die dae toe jy die ongeluk gehad het met die 4 wiel, jy kon nie eers loop nie maar jy wil kom kuier... Dit was presies hoe jy was jy het maar n wil van jou eie gehad... Nes jou sus se jy was die grapjas! Dit is vir my so seer om net na ou Stoffie te kyk.. P.S- R I P my ou vriend... Mis jou

May 27, 2010

Storie van Mamma

 

Jy was van kleintyd af maar my ou ongeluks voëltjie, dit was altyd jy wat seergekry het, sommer nog doek gedra toe jy jou vinger oopgesny het  met ’n spieël wat nog rondgestaan het toe ons in Kriel in getrek het, moes 4 steke in daai klein vingertjie kry.  Tussen deur was dit maar die normale stukkende knieë, blou kolle en skrape.

 

Standerd ses het jy eers jou heup gebreek, moes vir 6 weke lê, dit was siel dodend vir jou, later die jaar het jy baie seer gekry met ’n vierwiel motorfiets, jou voet se bodeel was alles weggeskuur, moes veloorplantings kry, maar jy het weer opgestaan.  In standerd agt het jy jou sleutelbeen gebreek, dit was darem nie te erg nie.

 

25 Februarie 2010 was jy in ’n motor ongeluk saam met een van jou vriende, Greg, onthou nog so goed, jy het my gebel en dadelik gesê “Ma moenie worry, maar ons was in ongeluk, het kar gerol, maar ons is oraait”.  Jul het wonderbaarlik geen ernstige beserings opgedoen nie, net ’n paar skrape maar die kar was stukkend..... Jy was altyd die een wat my gebel het om te sê “Ma ons het weer slegte nuus gekry.....”, as een van jul vriende iets oorgekom het.

 

Toe op 24 April 2010, ons was by Ons Plek, Hazyview, jul sou die volgende oggend saam met René hul deurkom, jy het nog gebel met die “score” vir Oom Jaco, nog lekker gespot oor die eind telling.  Net ’n rukkie later het ek weer met jou gepraat, gevra of jul goedjies gepak is, alles was reeds by René se huis, toe ek weer net so na 8 uur bel, het jou foon net gelui, net daarna kry ek toe ’n oproep van Veronica af, ek het gedink dis jy wat bel omdat jy nie geld op jou foon het nie, maar toe bel sy om te sê jy het ’n ongeluk gehad, dit was slegs ’n paar meter van waarheen jy oppad was.  Die ander party moes op daardie tyd ook besluit om te ry, en jy moes op daardie hele grote sypaadjie op die sement drein blok val...... jy wou net goed doen deur vir iemand anders hul motorfiets huistoe te vat, dit was toe jou laaste goeie daad, toe kry jy so seer dat Liewe Jesus besluit het om jou maar liewer te vat want hierdie seerkry was net te erg......

 

My liefste seun jy het so groot begrafnis gehad, jy was so gewild en bemind, het soveel mense lewens aangeraak, ek glo jy gaan net so gewild wees daar in die hemel......

 

Ons verlang na jou, jou plekkie is leeg, maar ek weet daar waar jy nou is, is geen pyn, geen seer, net geluk.......

Lief jou vir altyd!!

 

Mamma

 

 

Jakstof

May 12, 2010

Ek het 'n vriendin wat nooit julle twee kon uitmekaar ken nie, sy het besluit of jul altwee Jakstof te noem dan moet een van julle antwoord!  Ons mis jou!

Visvang

May 10, 2010

Hoe sal ons ooit julle visvang stories vergeet...

Toe jy en Christof nog baie klein was het julle naweke by ons kom kuier. Dan kon julle nie wag dat Marius die motorfietsie klaar pak met al die visstokke en kampgoed nie! Julle het dan sommer al drie saam op die motorfiets geklim en gaan visvang. As dit donker geword het, het ons altyd gery en gaan kyk of julle nog reg is by die viswater. Dan het ons julle gekry waar julle saam Marius voëltjie eiers eet. Marius het altyd met julle geraas en gesê dat daar 'n groot baber in die water is en dat julle nie in die water mag ingaan nie,  want die baber sal julle sommer heel insluk! Dan het julle twee so styf teen mekaar gesit en gewag dat Marius terugkom met die voëltjies en die eiers wat hy geskiet het.

En later as dit slapenstyd was het ons julle gekry in die tent saam met Marius. Al drie in een slaapsak. Marius in die middel en die twee van julle aan elke kant van hom vas aan die slaap.

Gewoonlik die volgende dag het julle terug gekom en dan het julle daardie visse wat julle gevang het geslag. En dan was dit 'n hele gespelery met die dooie visse soos wat julle mekaar rond gejaag het. En dan het julle al die stories vertel hoe julle daardie visse gevang het.

Lekker herrineringe wat ons nie maklik sal vergeet nie. Julle sal ons altyd by bly! Daar is soveel stories om te vertel as mens so terug dink. Maar watter een is die mees spesiaal vir mens? Net soos wat mens soveel vrae het na die tyd? Ek dink die antwoord spreek vanself! Hulle was almal spesiaal en onvergeetlik...

Van Mamma

May 8, 2010

Ja my liewe ou Jaksie, hoe gaan ek ooit oor hierdie seer kom, nooit weer sal ek jou stem hoor, jy het altyd gese wanneer ek bel en vra dat jy nie laat moet uitbly nie, "Moenie worry ma, lief vir jou", wens jy kan dit nou vir my se.

Ek was die naweek voor jou ongeluk op 'n vrouekamp, toe ek Sondag terugkom het jy in die kombuis met my gesels, ek het vir jou gese dat ek die naweek 'n boodskap gekry het om te kyk dat my mense hul lewens regkry, jy het jou gewone lawwe laggie gegee en gese ek moenie worry jou lewe is reg, nou weet ek hoekom ek met jou moes gesels het, dit gee my daardie ekstra gemoedsrus, die wete dat jy by Jesus is en by pappa. Glo nie jy sal met ons wil plekke ruil nie.

Jul moet lekker saam kuier, sien jul een van die dae.....

Verlang vreeslik na jou, lief jou vir altyd!!xxxx

Sommer net

May 5, 2010

Vandag dink ek aan die tye toe jy en Christof klein was.  Dan het julle by tannie Ousie gekuier en Oom Poen het julle opgetel en jul handjies bo oor die gangdeur gehak, dan het julle tweetjies aan die deur gehang en nie een van julle het gelos nie.  Ons het altyd so lekker gelag vir julle.  

En ek onthou die tyd toe ons familie saam in die wildtuin was en julle twee het nog doek gedra.  Lekker in die sand gesit en speel tussen die tente.  Skielik het een die ander een se speelding gevat en die ander een het 'n klip opgetel en die ander een teen die kop geslaan.  Natuurlik heelwat trane en sand en kwaad vir mekaar.  Maar dis memories wat sal bly.

Ek onthou die desember vakansies wat jul by ons gekuier het.  Dan het jul vir tc gehelp in en om die huis.  Sand afgelaai van die bakkie en met lady gespeel.  Dit was altyd vir ons so lekker om jul by ons te hê.  Julle is vir ons so special.

En natuurlik toe David gebore is, ons was net by die huis toe het jul kom kuier.  Ek sien nog die verbaasde gesiggies as jul staan en toekyk toe tannie Ousie hom bad.  Doodstil en met groot ogies.  Mardi ook!  Julle drietjies het altyd en altyd die spesiale plek in ons harte!

Ons mis jou!

TC, Daleen en Da

Ons plek

May 1, 2010

My boet

Dit was 'n onvergetlike naweek gewees dit was regtig baie lekker om saam jou te gekuier het!!!Ek het altyd 'n ouer boeti gesoek en Jesus het jou vir my gegee en jy was meer as net 'n broer vir my maar 'n beste vriend met wie ek kon praat en altyd saam jou gelag vir die domste goed!!!!!Ek gaan jou mis Naki die nar jy het my hart altyd sag gemaak as jy vir my begin lag as ek so kwaad was hehehe ai boet love u long time!!Jy het my lewe so baie verander deur dinge wat jy gedoen het,wat my laat besef het leef elke dag voluit want jy het dit gedoen. Met wie gaan ek nou praat as ek en jou boet baklei maar ek sal nooit ophou om met jou te praat nie want jy sal altyd by my bly hie in my hartjie!!Ek belowe ek sal Christof baie mooi oppas en hom beskerm soos jy dit sou gedoen het!!!!O ja wie gaan nou in die oggend vi arme britney rond jaag omdat sy jou stukkie vleis uit die bord gesteel het, ai ek het daai oggend so gelag!

Goeie ou dae!!

April 29, 2010

Vakansies was jy en jou boetie my en Michelle se eerste kuiertjies! Ek onthou ons het in die oggende vroeg na jul huis toe gegaan en buite gesit tot jul uiteindelik wakker wasen dan nog dvd's gekyk tot in die oggend ure, ek onthou julle en Hannes het ons altyd dan na my ouma se Bokmakierie woonstelle toe geloop net om seker te maak ons is veilg! Ons was so close, ons het  altyd gele en playstation speel en grappies gemaak oor Christof wat my so getjaaf het!  (Wat so erg was, want ek was n tomboy en verskriklik skaam en Christof het dit geweet)lol. Julle twee was net anders as almal anders, maak nie saak hoe erg ek gelyk het as tomboy nie, jul het my aanvaar en altyd beskerm. Julle is tog so bang vir my ouma, as jul daar was was jul altyd stroop soet en op julle stilste, tot sy haar rug draai, dan lag en grap ons verder! Hehehe Christof en Mardi sal seker ook nog onthou van die spin the bottle aand, waar Michelle nog haar hare in die toilet af gespoel het, hehe paar mal dinge gedoen! Ai mis al die dae wat jy so gesels het, my probeer omkoop om Danie te bel en te vra  of jy kan af kry sodat jy saam ons kan kuier! Ek kan boeke vol skryf van al die herrineringe, net goeie tye het ons gehad! Dankie dat jy my altyd beskerm het en daar was wanneer ek jou nodig gehad het! Lief jou verskriklik baie en gaan jou mis ou boeta, want dit is wat jy en Christof

Share a story

 
Add a document, picture, song, or video
Add an attachment Add a media attachment to your story
You can illustrate your story with a photo, video, song, or PDF document attachment.