Ons het jou naam in die sand geskryf, maar die branders het dit weggespoel. Toe het ons jou naam in die lug geskryf , maar die wind het dit weggewaai. Nou het ons dit op ons harte geskryf en hier sal dit ewig bly.
- 36 years old
- Born on December 14, 1972 .
- Passed away on June 23, 2009 .
This memorial website was created in memory of our loved one, Marne Badenhorst 36 years old , born on December 14, 1972 and passed away on June 23, 2009. We will remember her forever.
Ousus, vandag sou jy 39 gewees het. Ek dink nog steeds aan jou, mis jou. Mag jy 'n wonderlike dag he saam met Jesus in die hemel. Mag Hy vir jou blommetjies pluk. Lief jou altyd.
Daar is maar bitter min dae wat jy nie steeds in my gedagtes is nie. Soms onthou mens met 'n glimlag en ander kere met 'n traan in jou oog. Mag jy jou verjaarsdag vandag geniet, ons almal dink aan jou en mis jou steeds. Liefde
Hulle sê: "Time heals all wounds"...Vandag is dit 2 jaar vandat jy net skielik weg is. Time did not heal the wound, the pain simply faded. But this I learned:live fully, laugh out loud and when you cry, cry hard! Gryp elke oomblik en gaan net voluit!
Hi Ousus, so baie wou ek al vir jou blomme neersit, die foon optel of reelings tref vir die naweek. Ek sal nooit vergeet hoe baie jy vir my opgestaan het en in my geglo het nie. Nie 'n dag gaan verby wat ek jou nie mis nie. Verewig sal jy in ons harte voortleef! Ek sal altyd vir jou liefbly en glo dat jy wel 'n ogie oor ons hou. Tot ons weer ontmoet!