Jaco
Jaco (Jakkals) de Jager
  • 20 years old
  • Date of birth: Feb 24, 1990
  • Date of passing: Apr 24, 2010
Let the memory of Jaco (Jakkals) be with us forever
This memorial website was created in memory of our loved one, Jaco (Jakkals) de Jager, 20, born on February 24, 1990 and passed away on April 24, 2010. We will remember him forever.
Memorial Tributes
This tribute was added by hannie olwagen on 21st April 2016

"Jaco hier staan ons ses jaar terug toe jy die 24ste April skielik uit ons familiekring weggeneem is. maar glo jy was voorbereid om te gaan soos ons almal elke dag moet wees. Mis jou nog altyd in die kringetjie as ons almal so bymekaar kom. Glo dit.... ons sal jou altyd onthou. tot ons weersiens. liefde tannie Hannie x"

This tribute was added by Marie Nortje on 21st April 2016

"My seuntjieskind, ons gaan vir die 1ste keer weer Ons Plek toe na 6 jaar....gaan moeilik wees vir my want dis waar ek die hartseer nuus van jou ongeluk gekry het maar ek moet weer terug gaan om weer nuwe memories te gaan maak, weet jy sou dit so wou he.  Ai ons mis jou so baie, lief jou vir altyd en nog meer.xxx"

This tribute was added by Marie Nortje on 24th April 2015

"My engelkind, vandag is jy al 5 jr by Jesus, verlang so na jou, sien so uit na die dag wat ons wee almal saam sal wees. Lief jou vir altyd.xxx"

This tribute was added by Daleen Hillicks on 24th April 2015

"Jaco - 5 Jaar - dit voel net nie so lank nie.  Ons mis jou en verlang.  Daar is eintlik so baie dinge wat ons met jou wil deel maar diep binne weet ons tog dat jy weet van alles.  Ons soek jou nou nog as ons almal bymekaar is - en dit sal nie verander nie.  Mis jou baie."

This tribute was added by hannie olwagen on 25th February 2015

"Jaco ek is daggie laat, maar liewer laat as nooit. Jou boetie Christof het sommer namens jou vir my hehehe gesê met verjaardag. Ek glo jy leef saam hom in een gees, want daar sal nooit skeiding tussen julle twee wees nie. So glo ek jy ondervind dieselfde by Jesus. Ons ander mis jou want ons sien menslik net een maar beleef jul altwee in hom. Liefjulle xx"

This tribute was added by Marie Nortje on 24th February 2015

"My liefste seuntjieskind, vandag jou en boeta se 25ste verjaarsdag, jou plekkie sal altyd leeg bly, ons mis jou oneindig baie.  Jy moet 'n great bday saam Jesus en pappa Tobie he, lief jou vir altyd.xxx"

This tribute was added by Marie Nortje on 23rd December 2014

"My engel seuntjieskind, die tyd van die jaar is verlange soveel meer, jou plekkie bly maar net leeg! 'N mamma hart sal seker nooit weer dieselfde wees nie, glo jy en pappa Tobie is so gelukkig saam. Mis jul vreeslik baie, lief jul altyd.xx"

This tribute was added by Daleen Hillicks on 29th July 2014

"Jaco - mis jou vandag.  Wil so graag met jou deel dat Christof die naweek hier rugby speel, by die stadion.  Dis vir ons 'n groot oomblik en ek glo vir hom nog groter.  Hy sou dit verseker meer graag met jou wou doen aan sy sy, maar ons glo dat jy ook daar sal wees."

This tribute was added by Marie Nortje on 5th May 2014

"Uiteindelik kan ek wee ietsie skryf, wou graag op jou bday boodskappie stuur maar ek weet jy was hier saam boeta gewees, verlang so na jou."

This tribute was added by Daleen Hillicks on 25th April 2014

"Jaco - vandag voel ek soos hierdie website sê.  Forevermissed.  Jy was gister reeds vier jaar by Jesus en ons mis jou steeds.  Sal altyd.  Ons vier hierdie naweek jou ma se 50ste verjaardag en jou plek sal verseker leeg wees.  Eintlik moet ek sê ons vier jou 4de jaar by Jesus!  Baie lief vir jou."

This tribute was added by Daleen Hillicks on 10th April 2014

"Jaco, ons was vandag by 'n begrafnis van 'n jong vriend, dit het my so baie na jou laat verlang.  Sal jou altyd mis.  Lief vir jou."

This tribute was added by Daleen Hillicks on 24th February 2014

"DInk so baie aan jou vandag Jaco.  Sal jou altyd mis."

This tribute was added by Marie Nortje on 11th November 2013

"Jaksie, vroeer vandag wee gehoor van iemand wat oorlede is, net weereens besef hoe kort die lewe is, ons moet elke dag ten volle leef nes jy gedoen het.  Mis jou oneindig baie, lief jou altyd.xx"

This tribute was added by gerhard de wet on 9th November 2013

"Jakes weni hkm ni ma vandag dink ek bja an j verlang na ns kuiers katekwaad en partykeer net plain weg stoutgatgyt!!!!!! Jy sali glo hu bja christof soos jy geraak het ni elke keer as hy lag sien k so bja van j net ni heeltemal so windgat ni!!!! Weet somer j hou almal da bo op hul toone!!! Mis j bja m ou vrind"

This tribute was added by Daleen Hillicks on 7th August 2013

"Jaco - dis reg soos jou ma sê - ons gaan kuier en weer mooi herinneringe opbou.  Ons sal jou nie vergeet nie en jy is altyd in die gees saam met ons.  En ook jou pa!  Ons mis julle en bly lief vir julle."

This tribute was added by Marie Nortje on 6th August 2013

"My liefste seuntjieskind, hierdie naweek wee familie saamtrek, my herhinnering van vorige familie kuier by Ons Plek is net hartseer, maar ek glo ons gaan die naweek weer nuwe herhinneringe van liefde en geluk met ons saamvat huistoe, weet in gees is jy en pa Tobie saam ons. Verlang so baie na jou, lief jou.xx"

This tribute was added by hannie olwagen on 10th May 2013

""Vanoggend terwyl ek "wheatbix" eet en Chanique saam my toe dink ek terug aan die tweeling wat die topeters van wheatbix eet was, en nou is chanique net so lief daarvoor. Ek onthou Mamma my vertel hoeveel bokse sy 'n maand moes koop, want dit was more. middag en aand ete .Ons verlange en weemoed groot, maar Jesus troos ons, want ek  weet as boeta wheatbix eet, eet hy nog saam jou. liefjou."

This tribute was added by Daleen Hillicks on 24th April 2013

"Jaco, die tyd gaan verby en die seer word ligter maar jou plek bly leeg.  Ons sal altyd na jou verlang.  Lief vir jou."

This tribute was added by Marie Nortje on 24th April 2013

"My liefste seuntjieskind, vandag is jy al 3 jaar by Jesus, tyd stap so vinnig aan, voel nog soos gister, wens jy was nog hier, maar ek weet jy is gelukkig waar jy nou is, ons kan nie wag om jou weer te sien nie. Lief jou vir altyd. Mamma xxx"

This tribute was added by Rene Horn on 18th March 2013

"Jaco het so lanklaas 'n boodskappie gelos, maar weet net jy is nog altyd in ons harte.  Ons was Vrydag by 'n vriend se begrafnis wat ook in 'n motorfiets ongeluk was, en dit was so hartseer, ek het jou sommer ekstra gemis. Jy sal altyd in ons harte en gedagtes wees. Lief vir jou. xxx"

This tribute was added by Marie Nortje on 13th March 2013

"My liefste seuntjieskind, het so lanklaas 'n boodskappie geskryf, het nou nou foto's van boeta se rugby wedstryd gekry, op een van hul lyk hy nes jy, glo jy maar nog altyd in gees saam met hom op daardie veld, sjoe, toe verlang ek so na jou.  Lief jou vir altyd.  Mamma xxx"

This tribute was added by Daleen Hillicks on 1st March 2013

"Jaco - jul verjaardag is pas verby en ek het so aan jou gedink.  Ons het Christof gebel maar die leemte is altyd daar.  Jy bly in ons harte."

This tribute was added by hannie olwagen on 30th July 2012

"Jaco het vandag aan jou en Nico gedink, want die 7de Augustus is Nico ook 2 jaar van ons weggeneem, onverwags, maar ons berus. Die mooi herinneringe sal altyd daar wees, en julle altyd mis, veral met spesiale geleenthede waar julle plekkies leeg is. Liefde Tannie Hannie"

This tribute was added by Marie Nortje on 30th July 2012

"My liefste seuntjieskind, dink vandag weer so baie aan jou, kan nie glo die tyd stap so aan nie. Het gisteraand 'n hartseer fliek gekyk oor iemand wat 3 wense gehad het voordat sy hemel toe is, wonder wat sou joune wees.... Luan word Sondag gedoop, weet in gees sal jy dit met ons deel. Lief jou baie!! Mamma xxx"

This tribute was added by Rene Horn on 12th June 2012

"Jaco, ek dink so baie aan jou, ons mis jou ongelooflik baie !!!!!! Al skryf ek nie gereeld 'n boodskappie nie, moet jy net weet jy is altyd in my gedagtes. Lief vir jou. xxxx"

This tribute was added by Marie Nortje on 25th April 2012

"My liefste seuntjieskind, gister was jy al 2 jaartjies by Jesus, ons was gister by Bertus se pa se begrafnis, ek het weereens die versekering gekry dat jy nie met ons sal wil plekke ruil nie, weet jy is gelukkig waar jy is en kan nie wag om jou weer eendag te sien nie.  Lief jou vir altyd. Mamma.xxx"

This tribute was added by Daleen Hillicks on 24th April 2012

"Jaco - al gaan die tyd verby bly dit voel soos gister.  Vanoggend het ek geweet dat vandag nie lekker gaan wees nie en toe ek besef dis reeds twee jaar was dit 'n skok.  Ons mis jou! Jesus het ons bederf met Mardi se seuntjie en ek glo jy weet hoeveel hy vir almal beteken. Mis jou."

This tribute was added by hannie olwagen on 24th April 2012

"Nog "n jaartjie verby... En nog steeds voel dit jy is nog hier  iewers, so al sien ons jou nie is jou teenwoordigheid nog steeds in ons midde en ek glo daar waar jy by Jesus is voel jy ook so net jy is by die saligheid van ons Hemelse Vader en baie gelukkig om aan Sy sy te wees. Ons verlang maar berus. Liefde Tannie Hannie"

This tribute was added by Marietha Basson on 7th March 2012

"Hi Jaco, ek het so lanklaas net hallo gesê, maar ek weet, jy weet ek verlang baie na jou. Onthou ek lief jou baie, en kan nie wag om jou eendag weer te sien nie. Ek het vandag oulike fototjies van Luan geneem, en deur my hart e-mail ek hulle vir jou. Wys vir Oupa Tobie en Oom Poen ook. Julle sou die oulike mannetjie op gesoen het. Jy is altyd in my hart!"

This tribute was added by hannie olwagen on 24th February 2012

""Jaco" vandag is weer 'n dag van mooi herinneringe, alhoewel ons harte seer is en verlange groot weet ons jy is vandag stralend gelukkig want jy hou jou verjaardag saam Pa Tobie en Jesus. Ons mis jou baie veral met Luan wat bygekom het in jul kringetjie, weet Mardi sal hom elke dag vertel van haar boeta. Tot weersiens, Tannie Hannie""

This tribute was added by Cheryl Kasselman on 24th February 2012

"Jaco het my  amper twee jaar gevat om vir jou te skryf vandag. Verjaar lekker saam met pappa en Jesus vandag. Jou sus se klein Luan is te pragtig seker hy gaan in sy oom se spore volg.Ek dink so baie aan jou as ek Ethan en Bijone sien. Mis  jou baie. xxx"

This tribute was added by Marie Nortje on 24th February 2012

"Sussa het toe die mooiste ou seuntjieskind by Jesus gekry, ek weet hy is met 'n spesiale doel vir ons gestuur, hy gaan so bietjie van ons seer wegvat en glo my hy het klaar 'n spesiale plekkie in ons almal se harte, lyk nogal baie soos jy en boeta toe jul babatjies was.xx"

This tribute was added by Marie Nortje on 24th February 2012

"My liefste seuntjieskind, vandag is jul verjaarsdag, hoop jy het 'n wonderlike daggie by Jesus se voete en saam Pa Tobie, ons mis jou vreeslik baie. Lief jou vir altyd. Mamma xxx"

This tribute was added by Daleen Hillicks on 24th February 2012

"Jaco - baie geluk met jou verjaardag.  Ek glo dat jy elke oomblik by Jesus geniet.  Ek dink vandag aan jou en weet jy is gedurig in my hart en gedagtes.  Mis jou baie!"

This tribute was added by Marie Nortje on 26th January 2012

"Liefste seuntjieskind, Jesus gee vir sussa 'n seuntjieskind, ons is so bly,miskien kry jy en boeta 'n verjaarsdag geskenkie... Het van jou gedroom, jou saam met Pappa Tobie gesien, jul sit langs mekaar, arms ingehaak, elkeen met 'n groot glimlag.  Ek is so bly jul is bymekaar.  Verlang vreeslik na jou, lief jou vir altyd.xxx"

This tribute was added by Marie Nortje on 8th November 2011

"My liefste seuntjieskind, verlang baie na jou, Tiaan le nou in hospitaal, stukkend geskiet, maar Jesus het hom 'n 2de kans gegee, wonder veral nou hoekom kon hy nie vir jou ook nog 'n kansie gee nie, maar ons mag nie daaroor wonder nie, dit was Sy besluit om jou daar by Hom te he.  Sien jou wel weer eendag. Lief jou vreeslik baie.xxx"

This tribute was added by on 6th November 2011

"Jaco Leen dink nog elke dag aan jou! Verlang so baie!!!! Jou plekkie bly leeg hier in my hart, ek weet waar jy is, maar dit is net 'n troos vir my! Tiaan se dinge laat my so baie aan jou dink, oneindig lief vir jou!!! Lovies Leen.
xxxxxxxxxxxx"

This tribute was added by hannie olwagen on 20th October 2011

"Jaco ek was weer in die argiewe vanmore en op fototjies van jou en Christof afgekom, toe is die verlange daar, maar ons weet jy is wel daar by Jesus, ons mis jou veral as ek by Mamma hul kom en jou plekkie leeg daar. ons berus want ons weet waar is jy, jy nie weg maar veilig. ..."

This tribute was added by on 19th October 2011

"Jaco vandag is die eerste keer wat ek op die site kan inkom om vir jou te sê hoeveel ek jou mis! Op die 24ste is dit al 1 en 'n halwe jaar sonder jou, en ek sukkel nog elke dag om my hart se stukkies bymekaar te hou! Ek mis jou elke dag, en is oneindig lief vir jou, Leen xxx"

This tribute was added by Marie Nortje on 12th August 2011

"Liefste seuntjieskind, ons het goeie nuus, sussa gaan babatjie kry, glo jy weet dit, weet jy sou net so bly gewees het soos boeta, hy hoop natuurlik dis 'n seuntjie. Jou grafsteen word vlg opgesit, hoop jy gaan daarvan hou. Verlang na jou, lief jou vir altyd.xxx"

This tribute was added by Daleen Hillicks on 28th July 2011

"Jaco - en so gaan die tyd verby.  Ek kan nie glo hoe vinnig die maande aanstap nie.  Ons mis jou en verlang na jou.  Dis moeilik om Christof alleen te sien, en dan soek ons die heel tyd na jou.  Gelukkig kan ons weet dat ons jou wel weer sal sien."

This tribute was added by hannie olwagen on 14th June 2011

"Die verlange na jou is groot, maar in ons harte is vrede vir die voorreg wat jy en ander jongmense het om so vroeg in jul lewe by Jesus se voete te kan sit. die hoekoms en waaroms bly by ons, maar eendag sal ons dit verstaan. Mis jou baie liefde Tann"

This tribute was added by Marie Nortje on 14th June 2011

"Baie dankie dat jy so nou en dan vir my "Hallo Ma" se deur boeta, as ek hom bel is dit soms jou stem wat vir my "Hallo" se, net soos jy dit kon gedoen het. Lief vir jou.xxx"

This tribute was added by Marie Nortje on 14th June 2011

"Verlang oneindig baie na jou, ek leef vir die dag wat ek jou weer gaan sien, om weer daardie stoute bruin oe te kan sien en jou lawwe laggie te kan hoor. Lief jou vir altyd.xxx"

This tribute was added by Marie Nortje on 14th June 2011

"My liefste seuntjieskind, ek sukkel so om boodskappie vir jou te skryf, die website is vol nukke. Het jou so gemis in Phuket, elke dag gewonder hoe sou dit wees as jy ook saam ons daar was, sou beslis ook lekker stout gewees het saam die ander manne."

This tribute was added by Daleen Hillicks on 23rd May 2011

"Jaco - jy is maar altyd hier by ons.  Jou merkie het jy in en op elkeen van ons gelos, ons mis jou, maar in dieselfde oomblik weet ek ook dat jy veilig is by Jesus."

This tribute was added by marissa breytenbach on 21st May 2011

"Hey boeta mis jou baie...Christof is oppad Phuket toe ek weet sommer hy sou jou so graag saam hom daar wou gehaat het maar jy is nog altyd by hom!!Lief vir jou veraltyd.xxx"

This tribute was added by marissa breytenbach on 10th May 2011

"Mis jou vandag weer baie boeta!!Baie lief vir jou en jy is altyd in gedagtes!!XXX"

This tribute was added by marissa breytenbach on 25th April 2011

"Jakkals my hartjie was gister baie seer, ekt heeldag an jou gesit en dink!! Ek mis jou baie ek weet ek sal jou eendag weer sien, maar dit maak nog steeds seer!!Lief jou baie xxx"

This tribute was added by hannie olwagen on 25th April 2011

"Vinnig het die tyd gegaan...glo nie een van ons kan verstaan..jy was nog met ons...en toe..skielik kom die tyding...ons moes afskeid neem..Jesus het jou kom haal..groot was ons seer...maar..ons weet eendag sien ons weer..ons verlange groot."


Leave a Tribute:
 
LEAVE A TRIBUTE
Invite your family and friends
to visit this memorial:

Subscribe to receive e-mail notifications when others contribute to this memorial.

Click on a photo to enlarge.

This memorial is administered by:

Daleen Hillicks

8803 views

Have a suggestion for us?

We are waiting for your feedback!